Die warmer dae is nou maar een maal sinomiem met buitekuier (en braai) en hier is van ons buitekuier-gunstelinge. Van opvoustoele tot braaibakalternatiewe en mooi eetgerei. Deur Suzanne Kotzé.

16/09/2022

Buitekuier-gunstelinge: Stoele

Opvoudekstoele

Hierdie Savuti dekstoele (R3 300 Haus by Hertex) is ideaal vir luilekker sit na ete of om natuurlik langs jou swembad te ontspan. Dit vou plat op en is maklik om te stoor en ewe maklik om op te slaan as die weer mooi is of as jy ekstra stoele nodig het.

Gee nuwe lewe aan ou stoele met verf

Kyk net hoe vrolik lyk hierdie ‘Malawiese’ geweefde stoel wat geel geverf is. Ek moes dit net afneem toe ek dit onlangs by hierdie mooi huis sien. Is die binne- en buite-areas nie net ongelooflik nie!

Franse sjarme

Hierdie Honolulu Dining Chair (R2 500, Mr Price Home) laat ons dadelik aan straatkafees in Parys dink. Dit is ideaal vir binne/buite-areas of buite-areas wat onderdak is.

Buitekuier-gunstelinge: Vir drinkgoed

As jy jou eie drinkgoed saamneem na ’n buitekuier by vriende (of ’n piekniek) kan jy dit net sowel in styl doen.

Die Fieldbar Drinks Cooler Box, 10L (R1 799, yuppiechef.com) bly hoog op ons wenslysie. Dit hou drankies vir tot 50 ure koud! En dit lyk natuurlik ook super stylvol.
Die blommekoelsak is ’n vrolike sakpas opsie (R119, Mr Price Home
Neem jou sespak ‘craft’ bier of koeldrank saam na vriende in die mooi Typo Beer Bottle Carrier (R249,99 Cotton-On) Of bedien koue bier/koeldrank so aan jou gaste.

Buitekuier-gunstelinge: Vir peuselhappies

Soms neem ’n braai mos baie lank, en dit is ook deel van die luilekker kuier. Peuselhappies is daarom ’n moet.

Marble Tapas Bowl Set R399, Poetry)
Board & Tapas Board Set (R420, Poetry)
Jou kaasbord sal ‘ekstra’ lyk op hierdie mooi hout Country Road Theo Timber Cake Stand (R499, Woolworths)

Buitekuier-gunstelinge: Vir braaivleis

As jy moeg is vir jou veeldoelige (maar nie noodwendig mooi) braaibak.

Le Creuset Barbeque Platter (R621,75. lecreuset.co.za)
Vir plankie-braai liefhebbers. My butchers Block Plank Braai (R679, Yuppiechef)

Buitekuier-gunstelinge: Vir jou buitekuiertafel

Protea Gunmetal Table Runner (R390, alovesupreme.co.za)
King Protea Napkins (R190 vir twee, alovesupreme.co.za)
Hierdie papierservette (R119,95 vir 25, yuppiechef) is ’n mooi opsie as jy nie kans sien om jou lapservette vir olierige braaivleis hande en monde te gebruik nie. Onthou om dit op jou komposhoop te gooi want dit is bio-afbreekbaar.

As jy bang is vir borde wat rondgedra moet word en dalk mag breek is hierdie melamien- borde ’n stylvolle opsie. Die ontwerp en kleur laat dit darem nie soos ’n plastiekbord lyk nie. Modeno Outdoor Dinner Plate (R89,95, Woolworths)

Mervyn Gers Glazed Stoneware Tumblers (verskeie opsies beskikbaar by Yuppiechef of bestel dit direk by Mervyn Gers). Ek het nooit gedink ek sal my wit wyn uit keramiekglase drink nie, maar die tekstuur hiervan en die gevoel in jou hand is ongelooflik en dit hou jou wyn lekker koud!

Lees ook: Maak jou buite-area mooi

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Lessenaar en werkspasiewenke vir kinders
error: Content is protected !!