Foto: @home

Bouclé; die dekortekstiel van die oomblik

Jy het heel moontlik al op jou Instagram of Pinterestblad pragtige gestileerde fotos gesien met Bouclé banke, stoele of bykomstighede. Hierdie snoesige tekstuur (meestal gesien in skakerings van room of wit) het tans die dekorwêreld oorgeneem. Dekorkenners deel met ons hoe om hierdie trend vir jou spasie te laat werk. Deur Justine Kroes

17/06/2022

Wat is Bouclé?

  • Die woord bouclé is Frans vir krul of “loop” wat die kort, amper krullerige voorkoms van die tekstiel beskryf.
  • Die materiaal is in die 1940’s populêr gemaak toe Coco Chanel bouclé styl romp-pakke vir vroue ontwerp het wat die werkplek betree het.
  • Kort daarna is die bekende “womb chair” van bouclé ontwerp vir bekende argitek Frances Knoll.
  • Bouclé-vesels word meestal gemaak uit wol, maar kan ook uit linne, katoen en selfs sy geskep word.
  • Vanuit die mid-century modern ontwerpstyl is hierdie materiaal weer groot nuus en is beslis hier om te bly.
Bouclé
@home Pale 4 Seater (R19,999)

Doen dit so:

Kenners van @home deel wenke oor hoe om hierdie materiaal in jou spasie te inkorporeer.

“In binneshuisversiering word bouclé meestal gebruik in komberse as ontwerpelemente in ’n spasie maar hierdie tekstiel is ongelooflik veelsydig en kan op ’n klompie ander maniere ook in jou spasie gebruik word”

1. Banke en stoele

Bouclé is ’n lieflike sagte materiaal wat gebruik kan word op banke en stoele.

Bouclé
@home 1 Seater Boucle (R8999); @home Pale 4 Seater Boucle (R19,999)

Hierdie materiaal werk veral goed op meubelstukke met kurwes eerder as die met skerp hoeke en rande. Hierdie sagte kurwes komplementeer die sagtheid van die materiaal.

Bouclé
Crema Design Rico Sofa Ferm Living (prys op aanvraag)

“Bouclé as materiaal is ’n dekor trend wat vir ’n tydjie nog met ons sal wees. Die materiaal bied ’n duidelike opheffing aan ’n spasie en daarby skep dit ’n sagte, snoesige en koesterende gevoel.”

Shekinah Vaarland, Senior aankoper vir meubels @home
Bouclé
Acre Studio The Whim Sofa (R15 500)

Kleiner ontwerpe soos ottomans of kroegstoele maak ook ’n deftige stelling.

Bouclé
@home Lama Storage Ottoman Boucle (R5999)
Bouclé
@home Rio Nookstool Boucle Grey (R1899)
Bouclé
Haus by Hertex Teddy Stool in Shaun Merino (R2590 in 6 skakerings beskikbaar)

2. Gordyne

Jy kan maklik vensterrame ophelder met die gebruik van bouclé ontwerp gordyne. Die swaar materiaal sal ’n sterk vertikale lyn van tekstuur en sagtheid aan jou spasie gee terwyl hierdie swaarder en dikker materiaal ook natuurlik goed sal werk om lig uit te blok.

gordyne
Next Direct Fine Boucle Eyelet Curtains (R726 – R1774)

3. Sagte dekorelemente

Kussings en komberse van die snoesige materiaal skep lae van sagtheid op beddens en banke – die maklikste manier om hierdie dekor trend in jou spasie te gebruik.

Bouclé
Superbalist Acrylic Boucle Throw (R799)
Bouclé
Coricraft Emma Boucle Scatter (R499 beskikbaar in 5 skakerings)
kussing
Country Road Abi 50×50 Cushion (R649)

4. Kombineer bouclé met;

Die materiaal word beskryf as ’n “hyper textured” materiaal, daarom kan dit maklik gekombineer word met marmer en keramiek afwerkings vir ’n omhullende effek.

“Indien jy ’n interessante of meer glansryke effek verkies kan jy jou “hyper textured” bouclé kombineer met dekoritems wat hoogs reflektief is soos glas, gepoleerde metale en spieëls”

Suné Fick Senior aankoper vir @Home
bank
@home 1 Seater Boucle (R8999)

Lees ook: Snoesige winterkombersies vir jou leef-area

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
naaldwerkkamer
Wenke vir ’n netjiese naaldwerkkamer
error: Content is protected !!