minimalistiese huis
minimalistiese huis
Foto: Jess Delport

Organiseringswenke vir ’n minimalistiese huis

Ons kuier by Jess & Bryce Delport in Melkbosstrand wat onlangs ’n huisregruk aangepak het – van die vereistes op hul wenslysie was oop skoon spasies en toonbanke, minder klotter en praktiese dekoritems wat funksioneel en steeds mooi lyk. Lees hier vir Jess en Bryce se slim organiseringswenke wat enige iemand kan aanpak, ons hoop dit inspireer jou. Deur Justine Kroes

13/05/2023

Hoe sou jy jul styl beskryf?

As ek moet verduidelik sou ek sê ’n moderne plaashuis by die see, geïnspireer deur die Skandinawiese dekorstyl. Ons glo ook dat al ons dekoritems funksioneel en prakties moet wees, en daarby ook pas by ons huis se styl.  Ons is ook nie haastig om al die leë spasies te vul nie – ons sien ons huis as ’n kunswerk en ons gaan nie oorhaastig wees om die meesterstuk te “verf” nie. Ons sal eerder ons tyd neem om die regte keuses te maak sodat ons werklik gelukkig is met die eindproduk.

Jess Delport in haar pragtige kombuis

Die volgende slagspreuk is ’n goeie samevatting van hoe ons dekor en ons spasie aanpak:

“Buy less, choose well, make it last”

Vivienne Westwood

Volg vir Jess op Instagram hier om meer van haar minimalistiese styl te sien

Wegsteek koffie-hoek

Die paar hou van skoon stil spasies – maar wou ook graag ’n mooi koffie en tee hoek skep – die oopvou kaste wat hierdie hoek wegsteek dra by tot die skoon gevoel wat die kas skep. Die kas is dus vir ons ’n multi-funksionele eienskap wat vir ons waarde toevoeg tot ons spasie.

Georganiseerde koskas

Jess is ’n ywerige suurdeegbakster en hiervoor benodig sy allerhande bestanddele en verskillende tipes meel – “dit is vir my belangrik om die verskillende tipes meel maklik uit te ken – die glasflesse en etikette help beslis hiervoor”. Jess sê sy hou van die skoon en minimalistiese gevoel van die wit plakkers van The Three Gingers – jy kan jou eie bestanddeelname kies en laat pasmaak deur The Three Gingers.”

Glas flesse van Consol. Etikette van The Three Gingers

“Daar is so baie pragtige glasflesse en houers daarbuite maar vir ’n sakpas alternatief het ek besluit op die groot Consol glasflesse – dit lyk netjies en mooi saam, is bekostigbaar en kan maklik vervang word sou een breek” verduidelik Jess.

Funksionele dekoritems

Ons volg beslis die idee dat al die dekoritems in ons huis funskioneel ook moet wees, daarby ook esteties mooi, dat ons dit graag sal wil uitstal. Die belangrikste deel vir ons is dat ’n item prakties en funksioneel moet wees. En soedoende waarde toevoeg tot ons huishouding. Hierdie aanslag tot dekor in ons huis maak dit makliker om ’n minimalistiese omgewing te behou. Deur net dekoritems aan te koop van goeie gehalte wat prakties gebruik word in ons daaglikse lewe.

Babylonstoren Tabletop & Dustpan Brush Set (R280)

Hierdie stofpan en borseltjie van Babylonstoren is ’n goeie voorbeeld van funskionele dekor, ’n “countertop dustpan” wat ek baie gebruik om toonbanke skoon te vee. Dit is prakties iets wat ons baie gebruik maar lyk ook pragtig uitgestal op my kombuisrak.” Nog ’n voorbeeld is die melkhouers wat ons gereeld gebruik, en lyk net so mooi uitgestal op die kombuisrak.

Slim plan met vuil lappies en vaddoeke

“Hierdie oplossing was eintlik my man Bryce se idee, ons wasmasjien is in die opwaskamer agter die kombuis maar die wasgoedmandjie al die pad in die slaapkamer – die vuil lappies en vaddoeke het alewig net rondgelê en dit het ons gepla. Totdat Bryce eendag besluit het om ’n mooi mandjie op ’n skoon toonbank te sit om al daardie vuil lappies te bêre tot wasdag. Weer ’n praktiese, funksionele maar mooi dekoroplossing.” Verduidelik Jess.

’n Stoorplek vir speserye

Ons koop alewig te veel van dieselfde speserye omdat ons nie behoorlik kan sien wat ons het en nie het in ons speseryrakkie nie. Kyk net hoe slim is die laai se ontwerp, al die botteltjies is duidelik sigbaar en lekker naby aan die stoof. Die botteltjies staan ook nie jou spens vol nie.

’n Drop zone is ’n goeie idee

Jess sê een van die maniere om toonbanke en spasie skoon te hou is om ’n “drop zone” te skep, ’n toegewyde spasie waar jy papiere wat rondle kan stoor. “Ek hou ’n mandjie binne een van die kaste waar ek al die los papiere wat rondlê stoor. Ek weet presies waar als is, en ek sal so een keer ’n maand deur daardie hopie werk om als op die regte plekke te stoor”.

“Ons gebruik ook ’n kleiner mandjie vir ons sleutels en karsleutels, dit lyk netjies en almal weet presies waar om te begin soek vir papiere of sleutels”.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
7 Wenke vir plekmatjies koop
error: Content is protected !!