Michelle Ludek bubble skirt
Michelle Ludek bubble skirt

Borrelrompe is ons nuwe somerstaatmakers

Borrelrompe klink dalk intimiderend; en of dit groot modestellings maak, maar dink aan hulle as jou nuwe klassieke staatmakers. Soos jou elkedagse swart of wit romp, net met effens meer flair. Deur Suzanne Kotzé

Borrelrompe; baie volume of subtiele volume

Borrelrompe met baie volume (circa die 80’s) het gewoonlik ’n effense netvoering, of ’n ekstra materiaallagie om dit meer volume te gee. Die meer subtiele weergawes se materiaal word net onder omgevou en binne vasgestik.

Suzanne se borrelromp van Truworths het baie volume met ’n netvoering, terwyl Justine se wit romp van Mr Price meer subtiele volume het.

Die meer volume voorkoms werk goed vir die aand of spesiale geleenthede, terwyl die minder volume goed werk vir elke dag.

Ons is gaande oor ons Michelle Ludek Bubble Skirts (Justine dra die White Pebble en Suzanne die Cobalt).  Saam met ’n T-hemp is dit wonderlik vir elke-dag dra.

Borrelromp wenke

Hou die bokant van jou uitrusting eenvoudig en nommerpas. Vermy ’n oorgroot bo-stuk, sodat jy net op een plek (jou romp) volume het.

Dra jou borrelromp saam met ’n gordel. Sommige borrelrompe het ’n mooi middel (soos Suzanne se swart romp), maar sommiges, wat net ’n rek bostuk het, mag dalk omvou by die middel en nie so netjies lyk nie. ’n Breë gordel werk goed as jy jou middel wil beklemtoon, veral vir die met uurglasfigure. of om die illusie van ’n middel te skep.

Borrelrompe werk goed om balans te skep. Onthou, waar jou borrel val, trek dit aandag. ’n Appel/ronde lyfvorm met mooi bene, kan gerus die mini-weergawes kies, terwyl die borrel van ’n midi of maksi die aandag van peervormige figure se heupe trek of groot borste uitbalanseer. Ons glo werklik daar is ’n borrelromp vir elke figuurvorm.

Borrelrompe op ons wenslysies

Deep waist midi bubble skirt – black (R699, Superbalist)
Ltd Black Bubble Skirt (R1 099, Truworths)
Women’s Black Bubble Midi Skirt (R299, The Fix en Bash.com)
Bubble Skirt | Super Sonic (R895, Ateljee, ook in swart beskikbaar)
Y&G Poplin Bubble Mini Skirt (R359, bash.com)
Elouise Bubble Skirt (R999, Forever New)
Michelle Ludek White Bubble Skirt (R1 459, michelleludek.co.za)
White Bubble Skirt (R799, Truworths)
Stone Bubble Skirt (R799, Truworths)

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Em sculpt
Justine toets die BTL Emsculpt behandeling
error: Content is protected !!