Badkamerbykomstighede en stileerwenke

Omskep jou badkamer in ’n lieflike ontspan-area deur ’n paar badkamerbykomstighede aan te skaf en slim stileerwenke te gebruik. Deur Suzanne Kotzé. Foto’s: The Home Collective

Badkamer-bykomstighede en stileerwenke

Dikwels dink ons nie veel aan hoe ons badkamers lyk nie, en dink jy moet jou badkamer oordoen, om dit te laat mooi lyk. Ons nooi jou uit om nuut te dink daaroor en die spasie wat jy reeds het, sodat dit ’n spasie word wat nie net funksioneel is nie, maar ’n heerlike hawe vir ontvlugting en ontspanning.

Dekorstiliste Kalinka Nigrini en Heloise Louw van The Home Collective gee raad.

Badkamer-stileerwenke

Stileer jou spieëltafel

’n Spieëlkas kan so maklik ’n neersitplek word vir ’n hoop skoonheidsprodukte. Wees selektief met wat jy daarop neersit. Slegs jou elkedag-produkte (die res kom in ’n laai of kas). Kry ’n mandjie of ’n houer waarin jy produkte neersit en stal net die mooiste uit.

Kalinka se raad is: “Stileer jou spieëltafel met ’n mooi bakkie vir juwele, ’n ‘bud vase’ met ’n blom of takkie. Maak dit ook funksioneel deur jou grimeerkwassies of watte in ’n mooi glas of houer te sit en alles op ’n skinkbord uit te stal.”

’n Badplankie skep atmosfeer

“’n Bad kan baie plek in jou badkamer opneem en soms kan dit ’n bietjie van ’n vervelige spasie wees. Omskep dit in ’n spasie wat jou uitnooi om te bad. ’n Badplankie of badskinkbord met ’n paar mooi badprodukte, parfuumkerse en ’n paar takkies kan baie mooi lyk.”

Heloise se raad is: “Jy hoef nie noodwendig ’n badskinkbord te koop nie. ’n Afvalplank kan net so goed werk.”

Vervang die spieël

Kalinka sê: “Vervang gerus die spieël in jou badkamer. Dit kan dadelik ’n mooi fokuspunt wees en jou hele spasie laat nuut voel. Moenie bang wees om ’n groot spieël in ’n klein spasie te hang nie.”

Swewende rakkie skep ’n visuele fokuspunt

swewende rakkie badkamer

“Indien daar ’n oop muur is, en ’n mens wil geld spaar op teëls, is dit ’n goeie plan om ’n swewende rakkie op te sit. So kan jy die area mooi stileer. Kuns het ook ’n plek in ’n badkamer; kies iets wat mooi inpas by jou tema en nie die spasie sal oorheers nie,” sê Kalinka.

Heloise stem saam: “’n Swewende rakkie is ’n relatiewe goedkoop en maklike manier om karakter aan jou badkamer te gee. Let wel dat so ‘n rakkie nie oorvol goetertjies gepak moet word nie. Hou ingedagte dat hierdie ’n uitstal (en nie ’n neerplak nie) ruimte moet wees wat bydra tot die estetiese gevoel van jou badkamer. Jy kan natuurlik praktiese items soos ekstra waslappe of badsout hier bêre, mits dit in mooi houers is.”

Mooi bottels vir produkte

“Om jou stort-area of die spasie langs jou bad the help ontklotter en net meer esteties te laat lyk, help dit as jy jou produkte in mooi bottels uitgooi.

Jy kan mooi glasbottels aanskaf hiervoor of die ‘duurder’ produkte koop (veral as dit by jou kleure of spasie pas) en dan later net gewone lyfwas of sjampoe of opknapper hierin oorgooi,” sê Kalinka.

Gebruik oortollige verf en muurpapier

“’n Slim manier om ’n klein badkamer op te kikker is as jy miskien oortollige verf of muurpapier het. Gebruik dit op jou plafon eerder as teen die mure. Dit maak ’n oulike fokuspunt deur jou oog op te trek, en vernuwe die hele spasie.”

Badkamerbykomstighede op Stylvol se wenslysie

Swewende rakkies

Onthou om nie net enige rakkie in jou badkamer te gebruik nie, want die stoom kan houtrakkies laat wel of metaalrakkies laat roes.

Pedersen & Lennard Duo Floating Shelf (2)
Duo Floating Shelf (vanaf R875, Pedersen & Lennard, in verskeie groottes en kleure beskikbaar)
By Loci Bathroom Shelf
By Loci Bathroom Shelf (R799, Large The Local Edit)

Stortrakkies

By Mess Shower Shelf
By Mess Shower Shelf (R540, The Local Edit, verskeie kleure beskikbaar)
By Mess Shower Shelf
Wire Shelf (R1260, Pedersen & Lennard, in verskeie kleure beskikbaar)

Badskinkborde

By Joon Bath Tray
By Joon Bath Tray (R920, The Local Edit)
Hamilton Bath Caddy (vanaf R1 775, Houthakker.store, verskeie groottes en ontwerpe beskikbaar)

Mooi bottels en houers

@home Ceramic Soap Dispenser Black
@home Ceramic Soap Dispenser Black (R199, @home winkels en Bash.com)
Fluted Resin Soap Dispenser
@home Fluted Resin Soap Dispenser(R199, @home winkels en Bash.com)
Jet Home Ribbed Soap Dispenser
Jet Home Ribbed Soap Dispenser (R69,99 Jet of Bash.com)
@home Tortoiseshell Glass Soap Dispenser (R349, @home of Bash.com)
Woolworths Glass Soap Dispenser
Glass Soap Dispenser (R199, Woolworths)
500ml Amber Glass Bottle Dispenser (R75 elk, The Little Things)
Jet Home cotton wool
@home Fluted Resin Cotton Jar (R199, @home winkels en Bash.com)

Uitstalborde

Onthou, jy kan enige mooi skinkbord wat jy het of selfs ’n opdienbord of groot ronde bord gebruik.

@home travertine tray
 @home Travertine Bathroom Tray (R499, @home of Bash.com)
@home tray
@home Tray Gold with Teal Enamel 19.5 x 30cm (R499, @home en Bash.com)

Bottelhouers

By Joon Double Brass Adjustabel Dispenser
By Joon Double Brass Adjustable Dispenser (R850, The Local Edit) Jy kan kies om 200ml of 500ml bottels by te koop. Ook beskikbaar in enkelgroottes of vir drie bottels.
By Mess Bottle Bracket (R460, The Local Edit verskeie kleure beskikbaar)

Spieëls

Molveno Mirror in Matte Crema
Molveno Mirror in Matte Crema (vanaf R7300, Hertex Haus)
Iconomy Bo-Arch Mirror with Shelf
Iconomy Bo-Arch Mirror with Shelf (R2999, iconomyonline.com)
Affirmations Chill Pill Plain Mirror 500 x 800mm (R1590, Italtile)

Handdoekplanne

Stylvol-vriendin Natasja Mostert van Orden sê: “As jy ’n houer met ’n tikkie bling soek, het ons onlangs die baie bekostigbare caddy (Caddy – R80) van @PrettySpaces raak gesien. Hulle het ook ’n verskeidenheid van ‘Storage Solutions’ om handoeke in te stoor.

Clear and Gold Caddy (vanaf R80-R150, verskeie groottes beskikbaar) 

Lees ook: Badkamer regruk

Badkamer-trends en inspirasie

10 Wenke vir ’n klein badkamer

8 wenke vir badkamerbou en inspirasiefotos

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Kers-dekorinspirasie, pienk, rooi en strikke by dosyne
error: Content is protected !!