badkamer
badkamer

Badkamer regruk

Kyk net hoe mooi is hierdie twee badkamers wat onlangs oorgedoen is. Stilis Heloise Louw van The Home Collective deel handige wenke vir as jy jou badkamer ook wil opknap. Deur Suzanne Kotzé, fotos Kimble Cockrell van Envisual Marketing

Algemene badkamer-regrukwenke

1. Moenie oorhaastig wees nie

Om ’n badkamer deeglik oor te doen neem ten minste 10-12 werksdae. Moenie oorhaastig wees nie en sorg dat alle materiale en toebehore vooraf daar is sodat die projek seepglad kan verloop.

2. Kry voorbeelde

Dit is uiters belangrik om voorbeelde te kry van jou vloer afwerking en jou teëls saam te sit om te kyk of die kleur en teksture saamwerk.

3. Nie meer as drie verskillende afwerkings nie

Dit is ook belangrik om nie meer as drie verskillende teëls/ afwerkings te kies nie anders raak dit baie besig.

Hoofbadkamer-regrukwenke

Voor
Na. Opknapping gedoen deur Denver Jacobs

Die bad is die Alana bad van livingstonebaths.com

Kies een kleur vir jou afwerkings en hou daarby

Krane van bluetide.co.za, wasbak van Opia Design kassie Indigo Furniture, kleipot H&M
Krane en stortkop bluetide.co.za

Brons krane en afwerkings is steeds baie in. Dit is wel belangrik dat jy al jou krane in dieselfde kleur hou. En moenie van jou kasdeur handvatsels vergeet nie. Deur net nuwe afgwerkings te gebruik, kan jy reeds die voorkoms van jou badkamer heeltemal verander.

Speel met veskillende tekstuur

Die growwer grein van hout, werk goed saam met die gladder teksture van wasbakke en teëls. Mens is geneig om te dink alles in ’n badkamer moet gladde afwerkings hê om by die porselyn van wasbakke en teëls te pas, maar tekstuur skep kontras en maak dit interessant.

Skep ’n badskinkbord met ’n afval stukkie hout

Kraan van bluetide.co.za,

Jy hoef nie noodwendig ’n bad skinkbord te koop nie. ’n Afvalplank kan net so goed werk.

Badkamerbenodighede op ’n uitstalbord

Hou al jou elkedagse gebruiksitems en handeseep en -room bymekaar op ’n mooi uitstalbord.  

Beplan vir ’n nis in jou stort

’n Nis in jou stort is ’n fantastiese manier om jou produkte op een plek te hou sonder dat die hele stort volstaan. Hou net wel die grootte van jou teëls in ag wanneer jy die grootte van jou reses beplan.

Familie-badkamer regrukwenke

Gebruik die spasie langs jou bad

Min van ons se bad pas perfek in die spasie in. Hoekom nie die ekstra spasie gebruik om as ’n sithoekie langs jou bad nie waar iemand jou kan geselskap kan hou, of waar jy kan sit as jy nog jou kinders moet help bad nie?  Die spasie onder dit sitgedeelte word ook slim gebruik as stoorplek.

Mandjies vir stoorplek

voor
na

Mandjies is ’n wonderlike sakpas-oplossing vir stoorplek vir enigiets van handdoeke tot toiletpapier, en selfs ’n plant lyk mooi daarin.

’n Uitstalrakkie bo jou bad

Die kunswerke is van I am Lucinda (links) en Xenia Venter (regs)

’n Swefende rakkie is nog ’n relatiewe goedkoop en maklike manier om karakter aan jou badkamer te gee. Let wel dat so rakkie nie oorvol goetertjies gepak moet word nie. Hou ingedate dat hierdie ’n uistal (en nie ’n neerplak)ruimte moet wees wat bydrae tot die estetiese gevoel van jou badkamer nie. Jy kan natuurlik praktiese items soos ekstra waslappe of badsout hier bêre, mits dit in mooi houers is.

’n Goeie teëler is belangrik

Matjie van Haus by Hertex, Teëls van opiadesign.co.za

Klei teëls gelê in ’n visgraatpatroon is baie populêr. Dit is egter ’n baie moeilike teel om mee te werk, so maak seker jy gebruik ’n goeie teëler.  Saam met handgemakte of Zelig teëls werk 3mm voegbry (grouting) goed. Vir standaard teëls werk 2 of 3 mm die beste.

Bekostigbare apoksie

Apoksie is ’n maklike oplossing om koste te bespaar. Dit kan bo-oor ou teëls gebruik work en gee ’n moderne en artistan gevoel.

Lees ook: 8 Wenke vir badkamer bou en inspirasie fotos

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
5 Wenke vir ’n troeteldier-vriendelike huis
error: Content is protected !!