Ons het onlangs vir Steyn Grobler ontmoet; skepper van die nuwe fyngeur-reeks Aqualis en was betower deur sy mooi stories. Die agter, agterkleinkind van Paul Kruger se fyngeure is propvol Suid-Afrikaanse stories en herinneringe en word in die wêreld se se mees ekslusiewe winkels verkoop. Deur Suzanne Kotzé
Ons Aqualis-ontdekking en ons ontmoeting met Steyn Grobler

Toe die ekslusiewe skoonheidsboetiek Skins ons nooi na die bekendstelling van ’n nuwe fyngeur-reeks Aqualis was ons so verras toe skepper en eienaar Steyn Grobler met ons Afrikaans begin praat. Sy staaltjies en stories en inspirasie agter Aqualis het hy met soveel passie vertel dat ons net eenvoudig meer moes uitvind.
Steyn se grootwordjare
Steyn, wat ook ’n agter, agterkleinkind van Paul Kruger is, het in Pretoria grootgeword. Sy gesin het net na sy 15de verjaarsdag Londen toe geemigreer waar hy al vir die afgelope 22 jaar bly. Vandag is hy die enigste een van sy gesin wat nog in Londen woon. “Ek probeer om ten minste een keer ’n jaar terug te kom Suid-Afrika toe. Veral wanneer dit winter is en jy droom van tuisland en kinderjare,” vertel Steyn.
En sy liefde vir parfuum
Steyn vertel: “Ek is die jongste kind van vier en was van kleins af reeds versot op parfuum en het van kleins af my ouer broers en susters se parfuum gesteel.
Steyn het sy loopbaan afgeskop as bestuurder van Selfridges vir die Boadicea the Victorious (BTV) groep waar hy vir vyf jaar lank gewerk het. Hy het geëindig as hulle produksie- en globale-verkopebestuuder.
“Dit is waar ek alles van die bedryf geleer het. Van nuweproduk-ontwikkeling tot produksie; personeelbestuur en kopers in die groot winkels,” vertel Steyn. Daarna het hy vir Roja Parfums gewerk waar hy twee jaar lank direkte opleiding deur Roja Dove ontvang het. Vir die laaste vyf jaar het Steyn by die parfuumhuis Ex Nihilio gewerk en het in Desember bedank om voltyds op Aqualis Londen te fokus.
Die ontstaan van Aqualis Londen
Toe Steyn nog by BTV gewerk het, het die parfuums wat hy mark toe gebring het baie goed gedoen en sy rekeninge in Harrods en Selfridges het eksponensieël gegroei elke jaar. “Ek dink dit is maar die entrepeneuriese streek wat in soveel Suid Afrikaners is wat mens laat besef jy kan en wil dit self doen. “
Ek was ook ’n bietjie gefrustreerd met die feit dat ek nie my eie kreatiewe idees kon volg onder BTV nie. Met die vertroue van ’n 29-jarige het ek toe besluit om my eie konsep te ontwikkel. Min het ek geweet hoe lank dit sou neem en hoe moeilik dit sou wees om in Harrods te kom. En ek wou nêrens anders as hier my parfuum bekendstel nie! Dit het 4 jaar gevat om die versameling te ontwikkel en Harrods het dit uiteindelik in 2019 aanvaar.”
Dit het baie werk en deursettingsvermoë geverg, en toe ons eindelik die ‘ja-woord’ van Harrods kry, was ek so verlig. Maar na die elasie van die oomblik begin mens maar weer paniekbevange te raak. Dis een ding om in Harrods te kom, ’n ander om daar bly! So dit was op die ou end ’n overwagse gevoel.
Wat beteken Aqualis?
Aqualis is die samesmelting van die woorde Aqua en Qualis en vorm die fondasie waarop alles gebaseer is.
Aqua
Dit is ’n belofte om altyd die beste kwaliteit bestanddele te gebruik. Die Parfuum versameling is ook gemaak in die hoogste konsentrasie wat ’n mens moontlik kan doen sonder om aan die verkeerde kant van die wet te kom. So ’n Aqualis parfuum sal altyd pragtige bestandele hê teen hoë konsentrasies wat die hele dag/nag sal hou.
Qualis
Aan die ander kant is Qualis Latyns vir “hoe iets jou laat voel”. In my loopbaan was ek altyd baie geïnteresseerd hoe verskillende mense reageer op verskillende geure. Hulle reaksie is gebaseer op hul eie reukgeheue en kultuur en verskil reg oor die wêreld.
So Aqualis is ’n viering van die unieke oogpunt van elke individu en vra die vraag:
“Hoe laat die parfuum jou voel?”
Aqualis is geskep rondom geurherinneringe
Steyn het fyngeure geskep deur Suid-Afrikaanse plekke te gebruik wat betekenis het vir hom. Die doel is om vir die wêreld stories te kan vertel van die mees ongelooflikste plekke in Suid Afrika.





Parfuum het die krag om ’n mens dadelik te herinner aan iets en jou te transendeer na ‘n sekere plek toe.
Die doelwit van die fyngeure is eintlik op twee vlakke. Eerstens om mense te trek na SA toe en tweedens om mense wat klaar hier was ’n aangename herinnering te kan gee elke keer wanneer hulle die parfuum dra.
Ons Aqualis fyngeure
Steyn het Blom gekies om vir my te gee. En hoe reg het hy nie geraai nie, want jasmyn in parfuum is een van my gunsteling note. Die jasmyn wat in Blom gebruik word is egter fraksioneel gestileer wat beteken dat die geur meer delikaat en vrugtig is. Topnote van die geur sluit in bergamot, pomelo, cassis, swartbessie, lemoenblomolie en katjiepiering. Die hart van die parfuum bestaan uit roos, malvablom (geranium), jasmynhart en magnolia. Die basis betaan uit: muskus, droë amber, sederhout, vetiver en Bourbon vanielje.
Een ding is seker; die gekonsentreerde bestanddele bly lank aan en niemand gaan sommer vir jou vra; “O dra jy hierdie fyngeur nie.” Dit ruik beslis anders.

Die Canvas Parfum wat Justine ontvang het word rondom die skoonheid van die Iris-blom gebou en om die dag aan te gryp. Die geur is terselfdertyd vars en helder, maar ook poeierig en skoon.
Die Aqualis fyngeure is beskikbaar by Skins Cosmetics in Suid-Afrika.