’n Dekade gelede het ons nie eers geweet van lugbraaiers nie, en nou is die Instant Vortex ClearCook lugbraaier heelbo aan ons Moedersdagwenslysie. Deur Suzanne Kotzé. Foto’s Tegan Smith
promosie
Lugbraaier-liefde; redes hoekom ons so baie van ’n lugbraaier (en veral die Instant Vortex ClearCook) hou
Ons het onlangs die Instant Vortex ClearCook lugbraaier ontvang om te toets, en nou kan ons nie hiersonder nie! Van koekies bak tot skyfies en schnitzels gaarmaak.
1. Kinders kan self kosmaak
Jip, hierdie bly ons nommer een rede. Kinders haal selfs vir hulle self iets uit die vrieskas en maak dit in die lugbraaier gaar.
Justine se sesjarige dogterjie het selfs koekies gebak in die lugbraaier.
Die Instant Vortex ClearCook het ook ekstra veiligheidsmaatreëls (dit skakel vanself af as beskerming teen oorverhitting) wat dit ekstra veilig maak vir kinders (en grootmense).
2. Kosmaak is vinniger
Die voorverhitting is baie vinnig (veral as jy dit met jou gewone oond vergelyk) en die kooktyd self is ook korter. Die energie-slim ontwerp beteken ook jy gebruik minder elektrisiteit, ten spyte daarvan dat die lugbraaier ekstra kragtig is en kos ekstra bros maak.
3. Die deurkykvenster en liggie
Hoe het ons reggekom sonder hierdie slim ClearCook venstertjie! Gewoonlik maak jy vinnig die lugbraaierlaai oop om te kyk of die kos al reg is (en dan ontsnap so baie hitte). Met hierdie een se oulike venster, skakel jy bloot die liggie aan en jy kan presies sien hoe vêr jou kos al is. Dit is nou ‘satisfying’ (soos my jongste sê) om te sien hoe jou kos verbruin.
4. Die vlekvryestaal afwerking
Hierdie mooi lugbraaier hoef beslis nie om die hoekie weggesteek te word nie. Met die vlekvryestaal afwerking voel dit soos iets wat tuis hoort in ’n wafferse sjef se kombuis.
5. Dit is stil
En is stilte nie iets waarvoor mens as ma ekstra waardering het nie! Die Instant Vortex ClearCook het selfs ’n toekenning gekry (Quiet Mark toekenning) juis omdat dit so stil is. Dit is danksy die geïsoleerde laai-ontwerp en stil werking.
6. Dit het nie die kenmerkende ‘lugbraaier’-reuk nie
Sommige lugbraaiers het beslis ’n ou oliereuk wat bly klou, maar die Instant Vortex Plus het spesiale ‘OdourErase’ filters wat oortollige olie en reuke verwyder.
7. Dit het ses funksies
- Lugbraai
- Rooster
- Braai (grill)
- Bak
- Opwarm
- Dehidreer
8. Dit maak maklik skoon
Verwyder die skinkbord en was dit (dit kan selfs in die skottelgoedwasser gaan). Vee die lugbraaierlaai met ’n klam lappie uit. Dis is so maklik om skoon te maak, selfs ’n tiener kan dit doen. (Die ware uitdaging is natuurlik om hulle sovêr te kry!)
9. Die laai is lekker groot
’n Hele sak skyfies (!) of ’n hoender van 1.8 kg pas hierin. Gewoonlik moet jy die skyfies so in sarsies gaarmaak (en in die oond warm hou).
Koop die Instant Vortex ClearCook hier
Die Instant Vortex ClearCook is te koop vir R3999 by @home winkels, Bash.com en Yuppiefchef