Boer Soek ’n Vrou aanbieder Marciel Hopkins deel haar gunsteling uitrustings tydens die verfilming van seisoen 15. Charnie Piater, Marciel se haar- en grimeerkunstenaar asook klerestilis vertel ons meer oor die inspirasie vir Marciel se voorkoms vir hierdie seisoen. Loer hier vir sewe van Marciel se gunsteling uitrustings. Koebaai aan denims en hallo eenstuk broekpakke! Deur Justine Kroes
17/02/2023
Uitrustings vir seisoen 15 van Boer Soek ‘n Vrou
Charnie, Marciel se stilis vir Boer Soek ’n Vrou seisoen 15 sê:
“Die inspirasie vir Marciel se uitrustings hierdie seisoen was ‘gemaklike & minimalistiese’ kledingstukke wat ’n sterk indruk nalaat. Marciel se persoonlike styl is klassiek en eenvoudig, en ek wou dit beklemtoon met die stilering. Minder was beslis meer.”
“Marciel ken haar liggaam en weet wat by haar pas, dit het my werk baie maklik gemaak, ons kon op die ou einde lekker speel met verskillende klere-opsies”.
Marciel se top 7 uitrustings
1. Die eenstuk/ Jumpsuit
Marciel sê, “Hierdie jumpsuit van Forever New was my heel gunsteling uitrusting van seisoen 15. Selfs my PR foto’s is hierin geneem. Die snit en kleurkombinasie is klassiek en tydloos. Ek was ook gaande oor my hare wat so mooi gekrul was met hierdie voorkoms.”

Charnie sê: “Ons albei wou graag vir die nuwe seisoen van verfilming iets nuuts tot die stilering bring;
Ons het verskillende style “jumpsuits” & wyepypbroeke ingebring vir verskeidenheid in plaas van die doodgewone denim. Die belangrikste was dat Marciel se klere gemaklik en prakties moes wees, veral omdat ons die meeste van die tyd op die plaas geskiet het.”
Charnie Piater, Stilis
Loer na ‘n paar jumpsuit opsies hier
2. Moderne silhoeëtte
“Ek het so baie gehou van my reünie uitrusting vir die laaste episode”.

“Ek was so opgewonde oor die kombinasie van kleur en die interessante snit van die hempie wat ons bymekaar kon sit – as ek daarna kyk gee dit vir my ’n gevoel van pret en vreugde. Die broek is linne van Country Road en die hempie van The Romantic Collective.”

3. Vrolik en vars
“Hierdie hempie is van Poetry en was so mooi, helder en vrolik vir die plaasweke”.

“Ek het dit gedra toe die boer sy finale keuse maak, so dit het die blom van nuwe, jong liefde gesimboliseer.”
4. Nog ’n gunsteling eenstuk broekpak
Marciel sê “Eenstuk broekpakke was ’n gunsteling keuse van ons vir hierdie seisoen. Dit is so ’n gemaklike, klassieke styl.”

“Hierdie vlootblou broekpak het so mooi gelyk soos die son sak in die Noord-Wes toe ons ’n opening and closing link verfilm het. Dit is van Forever New.”
5. Vintage nostalgie

Hierdie pakkie van The Romantic Collective was baie spesiaal oor die uniekheid van die kleur en materiaal. Dit is nog nie regtig van te vore op Boer Soek ’n Vrou gedoen nie. Ek het die bietjie vintage nostalgie van die uitrusting geniet.

6. Terugflits na episode 1
’n Pienk denim eenstuk broekpak (jumpsuit) was ’n treffer van episode een. Dit het so mooi gelyk teen die Noord-Kaap se rooi sand en tussen Boer Dawid se nartjies.”

Dit was ook bietjie iets anders as gevolg van die mooi pienk op die plaas. Dit wys jou ’n mens kan steeds vroulik lyk, al sit jy ’n handjie by op die plaas.
7. Pragtig in pers
Hierdie pers rok van Masch was ’n treffer op skerm vir die hele seisoen se promosievideo wat op die TV uitgesaai is! Die kleur is helder en uniek, maar dit het gewerk om ’n stelling te maak en almal opgewonde te kry oor wanneer die nuwe seisoen weer gaan begin.

Charnie stem saam “hierdie ikoniese pers rok wat Marciel aangehad het deur Masch was belis ’n gunsteling”.
Dit sal Marciel nooit op die Boer Soek ’n Vrou stel dra nie;
Charnie verduidelik watter kledingstukke beste werk op kamera plus items wat Marciel nie sommer sal dra nie;
- ’n Vaal kledingstuk. Marciel is mal oor kleur in haar klerekas (en veral ’n mooi rooi lipstiffie).
- Ons het weggebly van ligte kleurskemas omdat iets kleurvols haar gelaat en persoonlikheid beter komplementeer.
- Marciel hou ook van klere wat haar figuur komplementeer, so ons het weggebly van ’n “oversized” styl.
- Soliede kleure werk goed op kamera. Sodra ’n mens gebruik maak van patrone is daar altyd die moontlikheid dat dit kan “strobe”.
- Kleure soos helder rooi of oranje kan “bloei” op kamera daarom het ons het dit vermy.
- Ons het weggebly van bonkige juwele, omdat dit met klank kan inmeng.

Hare en grimering
Charnie het ook Marciel se hare en grimering gedoen vir die reeks. Charnie vertel “dit is altyd vir my belangrik om iemand se natuurlike skoonheid na vore te bring. Ek dink ons is lank verby die dae waar te veel grimering “in” is.”
“Marciel is een van my gunsteling vroue om te grimeer. Sy versorg haar vel ongelooflik goed, wat natuurlik my werk makliker maak.”
Charnie Piater

Soos haar klere het ek altyd haar grimering natuurlik en minimalisties probeer hou. Een van ons gunsteling grimeervoorkomste was ’n winged liner met ’n helder lip. Jy kan nooit verkeerd gaan daarmee nie. Ek het gebruik gemaak van verskillende helder kleure op haar lippe, en haar oë gewoonlik net minimalisties en neutraal gehou sodat dit nie te veel aandag wegneem van haar uitrusting nie.


Charnie onthou “Daar was een spesifieke oggend wat ek onthou waar geén haarstyl wou werk nie. Dit was die laaste dag van verfilming en ons was al redelik uitgeput. Ons het op die ou end meer as drie verskillende style probeer, wat uitgeloop het op ’n vlegsel wat ek in die kar gemaak het. Ek en Marciel lag nou nog oor hierdie dag, want partykeer werk iets net nie uit soos wat jy dit beplan nie.”

Lees ook: Marciel Hopkins deel met ons; 5 redes waarom die platteland goed is vir jou siel