Son, see, swem en vakansiehou is maar ’n paar van die redes waarom ons velle, lippe selfs hakke droog is na ’n somer vakansie. Dr Webster, spesialis dermatoloog en mede -stigter van www.dermastore.co.za deel sy kundige raad waarom jou vel tans droog en trekkerig mag voel en daarby hoe om jou vel beter te hidreer. Lees Dr Webster se 7 redes waroom jou vel gedehidreerd is en sy raad plus produkvoorstelle hier: Geskryf deur Dr Ian Webster; saamgestel deur Justine Kroes
1. Verandering in jou velsorgroetine
Baie keer wanneer ons op vakansie gaan vind daar klein veranderinge in ons velsorgroetine plaas. Jy mag dalk minder velsorgprodukte inpak, veral as jy ver reis. Of jy mag dalk ’n ander reiniger of seep gebruik wat gratis in jou hotelkamer beskikbaar is, en hierdie reiniger is nie noodwendig gepas vir jou veltipe nie.
2. Oormatige sonblootstelling
Selfs net ’n effense sonbrand kan vel droog, jeukerig en skilferig laat. Hierdie gebeur gewoonlik omdat ons nie die gepaste hoed en klere dra teen sonbeskerming nie, ook natuurlik omdat jy nie ’n hoë faktor, breëspektrum sonskerm dra nie.
3. Warm droë wind
Sonslawe, matrose en vissermanne wat gereeld tyd buite deurbring, veral rondom warm droë kuswinde is veral geneig tot droë en gedehidreerde velle. Dit word sterk aanbeveel om gereeld deur die loop van die dag sonskerm en lipsalf her aan te wend. Die sonskerm en lipsalf beskerm en hidreer die vel wat verder ’n droë vel verhoed.
4. Langdurige tye in water deurbring
Om vir lang tye in souterige seewater of chloor swembaddens deur te bring veroorsaak oormatige water opname en rimpeling van die boonste laag van jou vel. Die pH vlakke van ’n mens se vel is 5.5 en die pH van souterige seewater is omtrent 8.1, terwyl die pH van ’n chloor swembad omtrent 7.2 is. Die resultaat hiervan is dat die vel se sperfunskie versteur word en veroorsaak trans-epidermale waterverlies uit die boonste laag van jou vel.
5. Droë seesout op die vel
Probeer om nie die seewater te laat droogword op jou vel nie. ’n Kondisie “swimmers xerosis”, die opbou van droë sout op jou vel, veral in voue op die vel, kan moontlik kontakdermatitis veroorsaak. Nadat jy in die see geswem het, is dit belangrik om die souterige seewater af te spoel onder ’n koue stort en direk hierna jou lyf en gesig met ’n goeie room te hidreer.
6. Herhaalde episodes van nat tot droë vel
Wanneer jy herhaaldelik in en uit souterige seewater of ’n chloor swembad beweeg kan dit ook ’n negatiewe impak hê op jou vel se sperfunksie. Nadat jy geswem het, spoel enige chloor of sout van jou lyf af onder ’n kouewaterstort en wend direk hierna ’n hidrerende sonskerm aan jou lyf en gesigvel aan.
7. Jy dra oop skoene of sandale
Tydens somervakansies is ons meer geneig om oop sandale of skoene te dra, of sommer net kaalvoet op die strand te loop, wat natuurlik droë gekraakte en seer gebarste hakke kan veroorsaak.
Behandel droë en gedehidreerde velle tuis so is Dr Webster se raad:
Keer terug na normaal
Dit is belangrik om so vinnig as moontlik weer jou normale velsorgroetine te volg en as jou vel oormatig droog en skilferig is. Probeer dalk ’n hidrerende room wat effens ryker is as die een wat jy normaalweg sou gebruik.
‘n Sagte reiniger is ‘n moet
Maak seker jy gebruik ’n baie sagte reiniger op jou gesig en lyf, wat geen aktiewe bestanddele bevat nie. Die droë, geirriteerde en skilferige vel benodig baie ekstra sorg om die sperfunskie te herstel.
Dr Webster se produk aanbevelings;
Vir die gesig:
Vir jou lyf:
Droë en gebarste hakke;
Droë en gebarste lippe, wend herhaaldelik aan;
Sonbeskerming is steeds belangrik:
Indien jy van jou vakansie af teruggekeer het en steeds baie tyd in die son, see en water deurbring gebruik liefs ’n sonskerm wat veelvuldige voordele het soos hoë faktor UV beskerming, wat antioksidante bevat asook jou vel hidreer:
Rome wat die herstel van jou vel se sperfunskie sal aanmoedig, koop dit hier.