Foto: Mr Price Fashion

Die snoesige “Teddyjas”-trend, sal jy hierdie wintermode dra?

Die oorgroot- en gemaktrend is hier om te bly, g’n wonder snoesige jasse en beeragtige teddyjasse en baadjies is nou so populêr nie. Ons was eers huiwerig om die teddyjas trend te probeer, maar nadat ons self ’n klompie teddyjasse aangepas het, deel ons graag ons raad en wenke. Deur Justine Kroes

Maar wag, hoekom “teddy”-jasse?

Het jy geweet die materiaal waarvan teddy jasse gemaak word, is eers op verfrollers gebruik, en daarna in die 1920’s in baadjies om die koue lug vir motoriste uit te blok. Byna 100 jaar later en die “teddy”-jas-trend neem behoorlik oor en is een van hierdie seisoen se stapelitems. Meestal te danke aan Italiaanse mode-ontwerper Max Mara, wat die ikoniese “teddy coat” in 2013 vrysgestel het. Nou, eers ’n paar jaar later, het hierdie kombers-agtige jas die moet hê item onder bekender mode-ontwerpers geword.

Waar dit begin het; Die ikoniese Max Mara Teddy Coat

Lieflik warm, oorgroot en so gemaklik soos ’n kombers, maar in ’n jasvorm, verstaan ons nou hoekom hierdie mode-item op almal se winter-wenslysie is.

Wenke vir ‘n stylvolle teddyjas voorkoms:

  • Probeer so ver moontlik klere dra onder jou teddyjas wat jou figuur vlei, bonkig en lospassend bo-oor bonkig en lospassend sal jou groter laat lyk as wat jy werklik is.
  • Wees op die uitkyk vir ’n jas met ’n voering aan die binnekant, van die materiale is effens krapperig en mag dalk jou vel irriteer.
  • Die “teddy”-materiaal is nie net in jasse beskikbaar nie maar ook baadjies, truie en hoede. Soek ’n item wat die beste by jou stylpersoonlikheid pas.
  • Jy hoef nie ’n doodgewone bruin teddyjas/-item te kies nie, daar is eindelose skakerings en patrone van swart tot pienk tans beskikbaar. Kies ’n skakering wat die beste gaan werk by die ander items in jou klerekas.

Hier is ’n paar van ons gunsteling teddyjasse en baadjies:

Dra jou teddyjas so:

Gemaklik tuis

Hierdie jasse is die beste plaasvervanger vir ’n japon wat ons nog gesien het, as jy tuis met jou gemakdrag vinnig moet winkel toe, of kinders by die skool gaan oplaai – gooi jou oorgroot teddyjas bo-oor, lieflik warm en lig ook dadelik jou gemakdrag-uniform ’n trappie hoër.

Naweek-uitstappies

’n Teddyjas by jou gunsteling jeans, enkelstewels, sagte winterbloes en serpie om jou nek. Hierdie uitrusting werk goed met of sonder die teddyjas. Dus is hierdie jas die perfekte “layering” item. Ideaal vir daardie wintersdae wat taamlik warm raak deur die dag maar vroegoggend en namiddag is dit weer bibberkoud.

Werk of formele afspraak

’n Vroulike winterrok met bont patrone by stewels wat oor jou knieë pas met ’n bypassende gordel om ’n duidelike vorm aan jou lyf te gee en jou figuur te vlei. Die vroulike kontras teenoor die meer gemaklike teddyjas balanseer die uitrusting goed.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
“Layering”; Jou herfsklerekas,verduidelik
error: Content is protected !!