5 Vreemdste modetrends van die oomblik

Net as ons dink ons het reeds alles gesien wat die kreatiewe modewêreld kan opdis, dan duik daar ’n klompie vreemde modetrends op. Loer gerus hier na 5 van die vreemdste modetrends op die oomblik. Van ’n mikroskopiese klein handsak tot komiese rooi stewels. Wees gereed vir ’n goeie giggel en laat weet ons watter modetrend is vir jou die heel vreemdste… Deur Justine Kroes

07/07/2023

1. Tekenprentjie- (cartoon) mode

Een van die jaar se vreemdste modetrends is die tekenprentjiemode. JW Anderson, ontwerper vir modehuis Loewe, het vir die 2023 Summer Ready to Wear-reeks ’n klompie 2 Dimensionele hemde en sweetpaktops iets ontwerp wat lyk asof dit in ’n 90’s rekenaarspeletjie hoort! Daarby ook pofferige skoene, iets soortegelyk sal jy heel moontlik in Barbie se klerekas vind.

Loewe Summer Ready to Wear 2023
Loewe Summer Ready to Wear 2023
Loewe Summer Ready to Wear 2023

En as dit nie genoeg was nie, dan is daar natuurlik die BRB, Big Red Boot. ’n Gladde, plastiek rubber- skoen ontwerp deur groep MSCHF (klink soos mischief). Die MSCHF groep het Japannese TV reeks Astro Boy as inspirasie gebruik vir die ontwerp van die groot komieklike stewels.

Foto: MSCHF

Sangers Doja Cat, Ciara en Iggy Azalea is van die bekendes wat al gesien is in die BRB stewel. Daar is ook ’n paar videos aanlyn wat wys hoe moeilik dit is om hierdie skoene aan en uit te trek, en party moes al die skoen van hul voete af sny!

Die oorgroot rooi stewels kan dalk lekker werk vir ’n “dress up” partytjie, maar teen $350 ’n paar sê ons eerder hou gerus verby.

2. Slobwear

Slobwear – dink aan die uitrusting waarin jy tuis inklim wanneer jy weet niemand gaan jou sien nie, daardie stok-ou hoodie top, uitgerekte vaal sweetpakbroek, of die rok met gate in. Die huidige trend is om hierdie tipe klere intensioneel buite in die openbaar te dra. Kyk, ons is daar vir ’n goeie slenterdrag voorkoms en athleisure bly vir ons ’n gunsteling. Maar daar is net eenvoudig nie ’n manier dat ons kan sien om hierdie modetendens (bewustelik en intensioneel) aan te pak nie!

’n Karakter wat slobwear goed uitbeeld is Portia van die tv-reeks White Lotus, die karakter gee nie aandag aan haar voorkoms of uitrustingkeuses nie en dit word as “slobwear” beskryf.

Portia in die tv-reeks White Lotus
Portia in die tv-reeks White Lotus

3. Klein handsak tendens (en ook mikroskopies klein)

As jy gedink het die piepklein Jacquemus mikro-handsakkies was erg – loer na hierdie eienaardige mode- trend – ’n mikroskopiese klein handsakkie, so klein soos ’n korreltjie sand. 

Genoem die Microscopic Handbag en meet 657 by 222 by 700 mikrosentimeters (kleiner as ’n outydse 0.03 duim). Die sak(kie) van MSCHF is gemaak van fotopolimere hars en is gebaseer op ’n gewilde Louis Vuitton handsakontwerp.

Foto: MSCHF

Die handsak is twee weke gelede vir $63,000 (ongeveer R1.2 miljoen) tydens ’n aanlyn veiling verkoop.

Foto: MSCHF

4. Ski-masker of Balaklava trend

Na ons mening behoort daar net twee redes te wees om ’n “balaklava” te dra, een is as jy werklik in die Alpe gaan ski en rede twee is as jy saans graag ongenooid by huise opdaag.

Foto: Rafael Martinez
Foto: Rafael Martinez

Hierdie tendens het begin as ’n alternatief vir gesigmasker dra tydens die COVID-19 pandemie, en het duidelik faam geniet op die loopplanke – Max Mara Fall Ready To Wear 2022/ Gucci Fall Ready To Wear 2022/ Coperni Fall Ready To Wear 2022. Tans word dit al hoe meer gereeld gesien in kouer lande en ons hou maar duimvas dat die trend nie ons grense bereik nie, maar ons het al geleer “never say never” wanneer dit by mode kom!

Max Mara Fall Ready To Wear 2022/ Fotos: Vogue Runway

5. No Pants trend

Die agteruitgang van die broek kom al ’n rukkie aan, eers het fietsrybroeke as mode-item (voor COVID) hul faam geniet, toe die sweetpakbroek (tydens en na COVID) wat vervang is deur die mikro mini en daarna broeke so groot en lospassend dat dit beskryf word as valskerm of ballonstyl broeke. G’n wonder ons sit tans met die “no pants” tendens nie. Die trend het behoorlik vlam gevat na dit op loopplanke verskyn het – onderklere en sykouse as broeke of baadjies wat net-net genoeg toemaak.

Christian Siriano Fall Ready-To-Wear 2023/ Prabal Gurung Fall 2023 Ready To Wear/ Prada Spring 2023 Ready To Wear

Hoewel die tendens kan mooi lyk aan ’n model met pragtige lang bene (soos Kendall Jenner) kan ons nie aan een enkele plek dink waar ons graag sal wil opdaag sonder ’n broek nie!

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
8 grootste modefoute volgens kenners
error: Content is protected !!