Pa mode (‘dad fashion’) –hierdie 90’s trend is nog sterk

Dit wat oud is, is nou weer nuut. Die Pa-modetendens (Dad fashion trend) met oorgroot silhoeëtte, lospassende kledingstukke en bonkige skoene is ’n 90’s modetendens wat ons nie heeltemal sal afskryf nie. Hierdie trend het die potensiaal om super cool te lyk mits dit reg gestileer word met ’n moderne aanslag. Hier is ’n paar wenke om dit makliker te maak om uit jou pa, man of kêrel se klerekas aankope te doen! Deur Justine Kroes

10/06/2022

5 Wenke vir ’n moderne Pa modevoorkoms

1. Balans is belangrik

Ons raad – balanseer altyd jou proporsies. Dit beteken as jy ’n groot, lospassende baadjie dra, maak seker dat dit wat jy aan die onderste gedeelte van jou lyf dra, noupassend is. Kombineer byvoorbeeld jou boyfriend blazer met noupassende of regaf jeans, ’n potloodromp of selfs ’n fietsrystyl kortbroek. Die teenoorgestelde is ook waar: as jy ’n lospassende onderstuk dra, kies ’n meer styfpassende bostuk hierby.

Probeer ook om nie meer as twee of maksimum drie “dad fashion” items terselfdertyd te dra nie, oorgroot denims by ’n lospassende shacket met bonkige skoene daarby en sommer ’n korfbal pet ook sal dalk net te veel wees en jy lyk blitvinnig soos ’n Slonsige Sarie.

2. Kies ’n bonkige skoenstyl wat jy werklik sal dra

Die “dad shoe”, soos dit in modekringe bekend staan, is vanaf 2018 ’n gewilde modegier. Dis veral duidelik vanuit die die gebeure toe die modehuis Balenciaga se Triple S Sneaker letterlik oornag wêreldwyd uitverkoop het. Hierdie trendy styl pronk steeds aan die voete van bekendes soos Bella en Gigi Hadid. Maar die bonkige styl eindig nie net by tekkies nie – daar is selfs nou bonkige loafers en stewel “dad” skoene om van die te kies.  Ons raad – kies die skoenstyl wat jy werklik sal dra.

Wenk: Dra jou bonkige dad shoe by ’n romp of rok as jy die voorkoms wil versag. Die styl lyk net so trendy by ’n super moderne pak.

Zara Chunky Sole Trainers (R1 699)
Mango Contrast Sole Ankle Boot (R1 699)
RUBI Cotton On Jen Chunky Loafer (R799)

3. Kombineer met vroulike bykomstighede

As jy huiwerig is dat hierdie voorkoms te hard en slonsig sal voorkom – dra vroulike bykomstighede soos hangertjies, oorbelle, ’n fyner, kleiner handsak of gepunte skoene daarby.  

4. Hare en grimering is belangrik

Maak seker jou hare en grimering is netjies afgerond, ’n effense slonsige klerestyl roep vir ’n afgeronde skoonheidsvoorkoms. Iets so eenvoudig soos ’n helder lipstiffie en netjiese (skoon!) hare sal sorg dat die hele uitrusting meer vroulik en afgerond lyk.  

5. Hierdie items het jy nodig vir ’n “Pa modevoorkoms”:

Lospassende broeke

Verruil jou noupassende “skinnies” vir ’n “straight leg” of wyepypsnit – jy sal dalk nou verstaan waarom jou pa hierdie styl verkies – dit is uber gemaklik! Onthou – om die voorkoms modern te hou, kombineer die met ’n styfpassende bo-stuk of bo-stuk met struktuur.

Cotton On Curve Dad Jean (R699)
Mango Jeans Mia Open Blue (R799)

Oorgroot baadjies en jasse

Van oorgroot blazers, denim of sweetpak baadjies en shackets is dit een van die maklikste items wat jy uit jou Pa of man se klerekas kan steel.

Wenk: As jy dié oorgroot trend wil aanpak maar nie wil lyk asof jy verdrink in jou klere nie, moet jy onthou om jou proporsies te balanseer. Met die lospassende baadjie aan jou bo-lyf, maak seker jy dra noupassender silhoeëtte aan jou onderlyf.

Daisy Street Colourblock Jacket (R799 Superbalist)
Only Oversized Denim Jacket (R899 Superbalist)
Factorie Letterman Jacket (R1 049)

Oorgroot hemde

Of dit nou T-hemde of opknoop hemde is – beslis ’n stapel in die 90’s Pa mode klerekas.

Cotton On Dad Shirt (R499)
Zara Oversized Poplin Shirt (R699)

’n Klassieke bofbalkeps

’n Keps bly nou maar ’n Pa se gunsteling en ons dink so ’n keps by die regte uitrusting lyk in die kol 90’s koel!

Country Road Baseball Logo Cap (R299)
Superbalist Denim Peak Baseball Cap (R179)
RUBI by Cotton On Graphic Dad Cap (R170)

Vessies bo oor hemde

Hierdie voorkoms bly trendy. Dra jou vessie of onderbaadjie bo-oor oorgroot rokke of kraaghemde om definisie rondom jou middellyf te skep. Gebreide onderbaadjie-vessies is tans ’n populêre keuse in bont patrone en opwindende  skakerings.

Zara Floral Jacquard Knit Vest (R619)
Witchery Cable Knit Vest (R999)
Zara Ribbed Knit Waistcoat (R539)
Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Moet-hê mode strandbykomstighede
error: Content is protected !!