5 Redes waaroom hierdie 30 minute oogbehandling ’n moet-probeer is

My donker kringe is iets waarmee ek al ’n geruime tyd sukkel, maar die skielike pofferige oë is iets waarvoor ek nie gereed was nie. Ek is so dankbaar vir hierdie 30 minute oogbehandeling wat op beide die dieper lae asook die boonste lae van my vel werk om nie net fyn plooie te versag nie, maar ook pigmentasie te verminder en pofferige oë weg te toor.  Lees 5 redes waarom die periokulêre oogbehandeling ’n moet-probeer is: Deur Justine Kroes

07/03/2025

Ek het vreeslik uitgesien om die periokulêre behandeling by Body + Skin Clinic in Kaapstad te probeer en na altesaam 4 sessies deel ek die volgende:

5 Redes waarom die periokulêre oogbehandeling ’n moet-probeer is

1. Onmiddellike resultate

Ek het glad nie verwag hierdie behandeling gaan vir my onmiddellike resultate bied nie, omdat ek vir 4 sessies (weke uitmekaar) ingeboek was, het ek gedink dit gaan ’n geruime tydjie neem voordat ek enige verskil oplet.

Ek was baie verbaas oor hoe die pofferigheid onder my oë byna onmiddellik na die sessie drasties verminder het, hierdie het ook die voorkoms van my donker kringe versag.

Direk voor my sessie
30 minute na my sessie

Na al 4 sessies oor die langer duur (elk ’n paar weke uitmekaar) was dit duidelik dat die fyn plooie langs my oë ook versag het.

2. Dit is vinnig en gerieflik

Een van die redes waarom hierdie behandeling vir altyd vir my ’n gunsteling sal bly, is dat dit blitsvinnig is, met duidelike resultate. ’n Hardwerkende oogbehandeling in rekordtyd.

Jy is binne ’n halfuur altesaam in en weer uit by die deur. Perfek vir besige vroue wat nie ’n volle uur of twee kan afstaan aan velsorgbehandelings nie.

3. Jy hoef geen tyd af te boek (downtime) nie

My oë het vir so tien minute na die behandeling op sy ergste gelyk, net ’n klein bietjie rooi van die chemiese afskilferaar. Die terapeut gebruik ’n strelende room van Mesoestetic na die behandeling wat dadelik jou vel streel en enige sigbare rooiheid verminder.

Jy kan na jou behandeling weer terugkeer werk toe en niemand sal enige vrae vrae nie.

Twee tot drie ure na my behandeling het my oë op hul beste gelyk, geen pofferigheid in sig nie.

My terapeut het genoem dat dit ’n wonderlike behandeling is vir vroue wat sukkel met pofferige oë, veral voor ’n groot geleentheid.

Vel effens rooi direk na behandeling
My vel 30 minute na die behandeling to ek by my huis instap.

4. Dit is heerlik ontspannend

Ek het met elke behandeling gevoel hoe ek aan die slaap raak, ek het nie verwag die behandeling gaan so ontspannend wees nie, dit is dan net 30 minute lank?!

Rustig maar op my senuwees vir die eerste sessie

Vir die meeste van die behandeling moet jy jou oë toe hou, bloot omdat die produkte, sonarjel en chemiese afskilferaar nie in jou oë kan gaan nie. Jy word in ’n mate geforseer om af te skakel en te ontspan.

Opgewonde vir 30 minute se aftyd tydens my tweede sessie

Boonop is die Elixis-masjien se oogroller verhit, hierdie warm massering rondom my oë was lieflik ontspannend en ek het elke slag uitgesien na my volgende bederf-behandeling.

Vas aan die slaap tydens my derde sessie

5. Slim 2-fase behandeling werk op alle lae van jou veloppervlak

Die 2-stap behandeling doen regtig ’n 360̊ en werk op dieper en oppervlakkige lae van jou vel om die vel behoorlik van binne na buite te verjong.

Stap 1

Tydens die behandeling word die Elixis velverfermingsbehandeling eerste gedoen. Hierdie behandeling maak gebruik van ‘n roller gekoppel aan ‘n masjien wat radiofrekwensie, ultraklank en hitte vrystel om ou kollageen- weefsel te versteur en ontwrig, wat dan seine stuur om nuwe kollageenweefsel te ontwikkel en skep. Danksy hierdie tegnologie word jou vel fermer en plooie al hoe minder.

Die Elixis roller onder my oë, gekoppel aan die slim-masjien in die agtergrond

Stap 2

Die tweede stap in die periokulêre behandeling is ’n Mesoestetic chemiese afskilferaar wat rondom jou oë aangewend word. Hier word die boonste lae van jou vel afgeskilfer om donker kringe en sigbare pigmentasie te verminder.

Chemiese afskilferaar word aangewend

So werk die tegnologie en proses

Elixis is die wondermasjien wat kollageenproduksie op dieper lae van jou vel stimuleer vir ’n plomper, jonger velvoorkoms. Ons weet namate ons ouer raak dat kollageenproduksie afneem, die gevolg daarvan is fyn plooie en vel wat hang.

Die terapeut koppel eerstens die Elixis masjien met ’n plakker aan jou rug vas. Daarna word jou gesig gereinig voordat die behandeling begin. Die terapeut wend nou sonarjel rondom jou oë aan wat die oogtoestel makliker oor jou vel laat beweeg.

Die Elixis masjien in die voorgrond.

Hierdie was my gunsteling deel van die behandeling, om vir 20 minute met met toe oë te lê terwyl die warm (maar nie te warm) roller rondom jou oë masseer. Nie alleen gee hierdie warm roller met sy radiofrekwensie ultraklank jou kollageen ’n hupstoot nie, dit help met die limfdreinering rondom jou oë. Juis hierom dat my oë dadelik na die behandeling glad nie meer pofferig gelyk het nie. Die behandeling word vir tien minute rondom elke oog gedoen.

Hierna word die Mesoestetic chemiese afskilferaar aangewend. Jou terapeut wend die afskilferaar vir ’n baie kort tydjie (tussen 1 en 4 minute) aan. Wees wel gewaarsku, die afskilferaar kan brand!

Chemiese afskilferaar word aangewend

Na altesaam 4 behandelings was daar een keer wat die afskilferaar erg gebrand het. Die terapeut gebruik ’n klein waaiertjie om die brandgevoel te verminder en wend dan onmiddellik ’n neutraliseerder aan wat die brand dadelik stopsit.

Byt op my tande want dit brand so bietjie!

Hierna word ’n wonderroom van Mesoestetic aangewend wat die vel streel en minder rooi maak.

Glimlag na die strelende wonderroom van Mesoestetic aangewend word.

Hierdie afskilferaar spreek spesifiek periorbitale hiperpigmentasie (pigmentasie op jou ooglede en rondom jou oë aan). Verder werk hierdie afskilferaar op die boonste lae van jou vel om daardie fyn plooie te versag en jou limfdreinering ’n hupstoot te gee.

Resultate

Voor my eerste behandeling
Na my laaste behandeling

Die grootste verskil is sigbaar met die pofferigheid en donker kringe onder my oë. Maar ek was so verbaas toe ek opmeerk dat die plooitjies langs my oë byna verdwyn het. Ek sal beslis terugkeer vir ’n volgende rondte, die verskil aan my voorkoms was vir my ‘n groot een!

Besoek bodyanskinclinic.com vir meer besonderhede, boek aanlyn of stuur ’n e-pos na reception@bodyandskinclinic.com jy kan ook gerus ‘n Whatsapp boodskap stuur aan 079 112 7778.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
verligting-vir-droë-velletjies
Verligting vir kinders se droë velletjies
error: Content is protected !!