5 Maniere om gingang te dra

Gingang (gingham) oftewel die ruitjiespatroon is vanjaar een van die grootste modevoorkomste, veral beskikbaar in bypassende stelle, bykomstighede en selfs swembroeke. Elke paar jaar kom hierdie patroon weer terug in die mode, so dit mag dalk net hierdie jaar die moeite werd wees om in ’n ruitjiespatroon-item vir jou klerekas te belê. Daar is beslis ’n gingham daar buite met jou naam op – hier is 5 wenke om hierdie trend soos ’n modekenner aan te pak: Deur Justine Kroes

20/09/2024

1. Tradisioneel Swart en Wit

Ammara Alice Dress (R750)

Gingang soos ons dit ken is tradisioneel swart en wit – indien jy huiwerig is om die trend the dra – kies eers die klassieke swart en wit skakering. So toets jy of jy werklik van hierdie patroon hou – nou kan jy begin eksperimenteer met patroon groottes en skakerings.

Me and B Empire Collar Dress in Black Gingham (R1199)
Canvas Studio Strapless Gingham Midi Dress (R699)
Ammara Mignon Dress (R1200)

2. Dra ‘n bypassende stel

Me and B Ballon Sleeve Shirt in Red Gingham (R699) Elasticated Pant with Side Pockets (R699)

Moet nie bang wees om hierdie voorkoms in ’n bypassende stel te dra nie – meer is meer wanneer dit kom by patrone hierdie seisoen. Die pluspunt van ’n bypassende stel is dat elk van die items afsonderlik ook gedra kan word – ’n bate vir enige klerekas.

Pyjama Collection Belle Top (R850)

3. Speel rond met die grootte van die gingang patroon

As die baie fyn en klein patroon nie vir jou werk nie, probeer iets groters en meer bont.

Hoewel mode reëls deesdae net gemaak is om te breek, hou wel die balans van die patroon teenoor jou lyfvorm in gedagte. Hoe kleiner en fyner jou lyfvorm, bly by ’n patroon wat nie jou liggaamsbou sal oorweldig nie. En dit geld ook vir as jy groter gebou is, pasop dat die patroon nie wegraak op jou liggaamsbou nie.

Cotton On Haven Tie Front Shirt Sleeve Top (R449)
Ammara Mignon Dress (R1200)
Me and B Panelled Lined Mesh Skirt in Red Gingham (R799)

4. Vergeet van swart en wit alleenlik

Noreth by Jeanine Theron Red Gingham Peplum Blouse (R520)

Vergeet van die swart en wit gingang wat ons so goed ken en probeer ’n slag ruitjiespatrone in helder of selfs pastel skakerings. Hierdie seisoen is die kleure volop en ons gunstelinge is pienk, groen en rooi.

H&M Smocked Seersucker Dress Yellow Check (R429 Superbalist)
Ammara Millie Dress (R1100)
Noreth by Jeanine Theron Teal & Pink Gingham Tie Blouse (R550)

5. Huiwerig? Probeer dalk eers ‘n bykomstigheid

Noreth by Jeanine Theron Red Gingham Shopper Bag (R220)
Ammara Beach Buddy (R600)

As jy voel hierdie trend is te veel little house on the Prairie vir jou persoonlike styl, begin dalk stadiger en kies ’n interessante bykomstigheid. Die opsies hierdie seisoen is eindeloos vanaf skoene tot bucket hats en handsakke. ’n Syserpie of haarscrunchie in jou hare is altyd ’n stylvolle opsie.

Cotton On Body Double Frill Scrunchie (R149)
Cotton On Rubi 2 Pk Poppy Hair Bows (R99)
Me and B The Pleated Edge Bow (R299)
Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Kenners deel – hierdie 7 skoenstyle hoort in elke vrou se klerekas
error: Content is protected !!