Milanse modeweek; die vreemdste en 10 drabare trends volgens Katinka en Lena-Lisa

Ons het Katinka (Instagram bekende) en Lena-Lisa (bekende ontwerper) se reis na Italië noukeurig op Instagram gevolg – Milanse modeweek was op die kaarte vir die twee vriendinne. Hulle vertel vir Stylvol watter opwindende trends hul harte laat vinniger klop het en daarby die vreemdstes ook! Saamgestel deur Justine Kroes

Hoe het jul vriendskap onstaan?

“Ek het die eerste keer vir Katinka en haar man Braam (hulle besit saam ’n produksiemaatskappy Dearbeb. Media) in 2020 gebruik op produksie vir my klerereeks” vertel Lena-Lisa. “Katinka het kort daarna ’n draftjommie gesoek en op Instagram daaroor geplaas, ek het dadelik gesê dat ek saam met haar sal draf en van daardie dag af het ons vriendskap begin”.  

Katinka links, Lena-Lisa regs

“Ons het gou begin vriendinne raak en is natuurlik albei MAL oor mode!” vertel Katinka

Hoekom modeweek as vakansie?

Katinka verduidelik “Ek het nog altyd ’n droom gehad om na ’n modeweek toe te gaan, ons plan was aanvanklik New York. Maar weens COVID het ons nie geweet hoe lank ons visums sou neem nie, so Milan was ons tweede beste opsie! Ek het vir Lena ’n whatsapp boodskap gestuur om te hoor of sy so iets saam met my sou wou doen, sy het ingestem – en toe doen ons dit!”

“Ek dink ons persoonlikhede werk goed saam, dis nie enige iemand wat net kan besluit hulle reis vir 10 dae saam en elke liewe dag werk net ongelooflik goed uit nie”

Lena-Lisa

Wat was jul uitrustinginspirasie vir modeweek?

Lena-Lisa sê;

Ek dink ons outfitinspirasie het baie spontaan ontstaan, ons het nie vreeslik voor die tyd beplan nie, Ek het ’n paar items ingepak wat ek reeds gehad het en ’n paar items vooraf gekoop. Ons was ook bevoorreg om van Cindy Bam se kledingstukke saam te neem. Lena-Lisa

Ons het party aande ons uitrustings vir die volgende dag uitgesit en ander oggende het ons opgestaan en in die oomblik besluit wat ons gaan aantrek. My gunsteling uitrusting was enige outfit met kleur.

Katkinka vertel;

“My outfitinspirasie is gevorm deur my liefde vir kleur en natuurlik groot gaan! Hoekom sal jy nie wil uitstaan nie?

Ek is mal oor tulle en street fashion. Dit was vir my ’n cool twist om die twee saam te meng en ’n sjiek streetstyle voorkoms te skep! Casual, maar EKSTRA!” Katinka

Katinka en Lena-Lisa se top 10 drabare trends:

1. Kleur

“’n Trend wat ek persoonlik geniet het was die super helder kleure. Groen, oranje en pienk het die meeste vir my uitgestaan” Vertel Katinka. Lena-Lisa stem saam “Daar was baie kleur en die mense was nie bang gewees om met kleur te eksperimenteer nie”.

2. Vere

“Een van my gunsteling trends wat ek gesien het was die volstruisveer wat almal ingebring het in hulle looks, óf op die mou óf om die soom. Eks mal daaroor!” Katinka

3. Baadjies

“Lang of kort baadjies, met ’n statement handsak” Lena-Lisa

4. Deursigtige gaas (mesh)

“Ek het ook baie van die deursigtige gaas (mesh) gehou wat almal oor normale klere gedra het. Hulle dra dit sommer byvoorbeeld by ’n normale denim en T-hemp, deur dit te doen elevate jy jou uitrusting eenvoudig deur hierdie netterige ding bo-oor aan te trek.” Katinka

5. Fokuspunt

“’n Gedeelte op jou uitrusting wat aandag trek, soos byvoorbeeld pleated materiaal, tekstuur of kralewerk. Lena-Lisa

6. Groter is beter

Katinka sê “Die duidelike ‘oversize’ trend was ook vir my ’n gunsteling. Hoe ‘baggier’ en meer lospassend hoe beter! Lena-Lisa stem “‘bigger is better’, van klere tot ’n oorgroot handsak, baadjie, kraag of mou – oorgroot is in.”

7. Skoene wat skreeu

Enige skoene wat uitstaan en aandag trek! Lena-Lisa

8. Bubble en pof

Onthou jy die bubblerok trend – dit was ook ‘n fun gunsteling! Met hierdie pofferige, bubblerokke en rompies of selfs jasse kan mens lekker speel met die volume van jou uitrusting” Katinka.

 Ek het geleer jy moet nie bang wees om te waag en ’n stelling met jou uitrusting te maak nie. Lena-Lisa

9. Broekloos

“Ek het nogal gehou van die “pants-less” uitrustings – dit was amazing! Ek dink wel dit gaan nog ’n rukkie wees voor ons Suid-Afrikaners dit gaan aanvaar, dit is nogal risky. Maar dit maak beslis ’n stelling.” Katinka

10. Metaalkleure

Metallics was ook ’n prettige trend wat volop te sien was” Katinka

4 Vreemdste trends

1. Volkop-maskers

Vir Katinka en Lena-Lisa was die heel vreemdste trend die volkop masker;

Oh my, ons het vreemde outfits gesien, daar was mense met maskers – dit lyk soos ’n balaklawa sonder openinge maar jy kan wel deur die lap sien.”

Lena-Lisa

“Die materiaal gaan oor jou hele kop en gesig, basies amper soos ’n spiderman masker. Dit sal seker werk as jou vel nie deur ’n lekker tyd gaan nie, of dit help as jy ’n slegte haardag het!”

Katinka

2. Minder was meer

“Sjoe, party het so min as moontlik aangehad, baie min lap en net die belangrikste dele word toegemaak, maar ek dink  ‘less’ is glad nie ‘more’ nie!” Lena-Lisa

3. Onderklere oral

“Nog ’n voorkoms wat ek nie kan verstaan nie was die onderklere wat bo by die broek uitsteek. Asof jou broek nie hoog genoeg opgetrek is nie. Verbeel jou jy’t ’n denim aan en dan trek jy jou panty net super hoog op. Eina wedgie vibes!” Katinka

4. Low rise

“Die low rise voorkoms was volop! Waar jou broeke of rompe baie laag sit. My lyf kan net glad nie deal nie, en dit is onvleiend”. Katinka

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Kristen Raath se 6 gunsteling “thrifted” kopies en raad vir ander
error: Content is protected !!