5 Jas-style op ons winter kooplysie

Hierdie seisoen se outerwear trends fokus op sterk silhoeëtte en luukse teksture. Daardie jas wat nog lang jare in jou kas ’n stapelitem sal wees vir elke winterseisoen.

Van oorgrootte woljasse tot fauxpels, die regte jas het die krag om jou hele winterklerekas te transformeer! Hierdie jas-style is nou groot nuus; en kan dadelik jou voorkoms opkikker. Dit is gewoonlik van jou duurder mode-items; so kies dit met sorg, hier is raad: Deur Justine Kroes

5 Jas-style op ons winter kooplysie

1. Oorgrootte (lospassende) wol-styl jas

Die lospassende/ oorgrootte baadjie en jas trend is hier om te bly en dramatiese silhoeëtte is aan die orde van die dag. Ontwerpers omhels veral volume met spesiale aandag op netjiese afwerkings en op details soos knope.

Skakerings van die seisoen is bruin, khakigroen en grys. Ons wenk is om natuurlik ’n jas in ’n skakering te koop wat by baie van die res van jou klerekas sal pas. En natuurlik ’n kleur waarin jy goed lyk en voel.

Wenk: Indien jy kan, koop ’n jas in ’n duursame materiaal wat ten minste ’n klein % wol bevat. Hierdie tipe jasse is ’n belegging vir jou klerekas.

Selfs al is die silhoeët dramaties, let op waar die jas op jou skouer val. Dit behoort steeds goed te pas. Oorgroot moet intensioneel lyk, nie slonserig nie.

Onthou jasse in maksi-lengtes lyk modern en sjiek.

2. Fauxpels jas

Hierdie outerwear stapel is tans volop in die winkels en is een van winter 2026 se gewildste mode-items. Die tekstuur voel glansryk en luuks, maar 2026 se tekstuur is amper sagter en meer modern, dit voel duur en nie soos iets wat jy gewoonlik na ’n kostuumpartytjie sou dra nie.

Die gewilde fauxpels jas skakerings: Room, taupe en espresso skakerings eerder as patrone.

Koopwenke: Fokus op tekstuur, sagter voel meer realisties en lyk ook meer duursaam.

Wenk: As jy huiwerig is, kies ’n jas met faux fur afwerking op die kraag en moue. Dit is meer subtiel maar maak steeds ’n stylvolle stelling.

Natuurlike en neutrale skakerings bied meer stileer- en uitrusting opsies. Korter (cropped) weergawes is makliker om daagliks te kan stileer.

3. Quilted pofjasse

Ons weet nou al teen hierdie tyd – pofbaadjies en pofjasse bly groot staatmakers vir elke winterseisoen.

As jy graag ’n stelling wil maak maar ook super warm en gemaklik wil wees – kies die pofjasse wat amper lyk soos “duvets” of quilts. Veral die met diagonale lyne of diamantpatrone.  Hierdie jasse is meer vleiend as ekstra dik pofjasse.

Wenk: Diamant quilting patroon voel klassiek en tydloos.

Kies ’n quilted jas met ’n gordel, hierdie sal jou figuur vlei en jou middel beklemtoon.

4. Leer (of kunsleer) soldatejas

Die klassieke trenchjas bly ’n stapel in ons eie klerekaste, en die leer trench-styljas is een op ons wenslysie. Hierdie jaar is die leer of kunsleer tekstuur soldatejas ’n moet-hê onder modekenners en bied ’n gesofistikeerde afronding tot selfs die eenvoudigste uitrusting.

Langer lengtes voel altyd meer modern en stylvol. Die op ons moderadar tans is in skakerings van bruin, groen en boergonje. 

Stileerwenk: Hou jou jas as die fokuspunt vir die uitrusting, en hou bykomstighede minimalisties.

5. Reënbaadjie/jas

As jy in ’n area bly waar dit heelwat reën, is ’n stylvolle reënjas ’n moet-hê vir jou klerekas. Dit word gewoonlik gemaak van ’n waterdigte materiaal met ’n kappie om jou kop droog te hou.

Wenk: Kies ’n groter nommer sodat jy gemaklik jou reënjas bo-oor ander jasse en baadjies kan dra wanneer dit koud is.

Kies ook dalk hierdie seisoen ’n reenjas in ’n langer lengte, sodat dit amper soos ’n trenchjas lyk. Nog ’n opsie is om een in ’n helder skakering of kleurblok skakerings te kies.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Dit pak modekenners in hul vakansietasse
error: Content is protected !!