Nimue Active Resurfacing Wipes
Nimue Active Resurfacing Wipes

Nimue Active Resurfacing Wipes

Hierdie afskilferingslappies, Nimue Active Resurfacing Wipes, is ideaal vir die van ons wat effens te lui en koulik is vir nog ’n stap in ons velsorgroetines. Deur Suzanne Kotzé

Ons almal weet al hoe belangrik dit is om ons gesig af te skilfer (natuurlik om te keer dat dooie vel ophoop en produkte en aktiewe bestanddele blok en ook puisies en verstopping kan veroorsaak). Gedurende die ysige wintermaande is dit nie altyd so lekker om daaraan te dink om nog ’n keer jou gesig te moet afspoel nie. 

Hierdie handige Nimue Active Resurfacing Wipes (R450 vir 16) maak afskilfering maklik! So maklik soos om ’n sakkie oop te skeur en jou gesig, nek en hande liggies daarmee te vryf. 

Waaruit bestaan Nimue Active Resurfacing Wipes

Die lappies is van bio-afbreekbare bamboes gemaak, so gooi dit gerus op jou komposhoop. Dit is geweek in ’n vloeistof saamgestel uit alfa-hidroksiesure, allantoïen en vitamien B5.

  • Alfa-hidroksiesuur is ’n plantsuur wat help met veral afskilfering. Mens kry verskillende tipes van die sure en glikoliese suur (afkomstig van suikerriet) en melksuur (lactic acid, afkomstig van laktose of ander koolhidrate) word in die lappies gebruik. Glikoliese en melksuur is ook die twee alfa-hidroksiesure wat bewys is om die beste te werk en die minste irriterend te wees vir jou vel. 
  • Allantoïen is ’n strelende bestanddeel wat ook help met afskilfering. Dit is keratolities wat beteken dat dit help om harde lagies van die vel af te skei en te versag. 
  • Vitamien B5 (saam met pro-vitamien B5 wat ook hier gebruik word) help om jou vel soepel en sag te maak en help ook met bevogtiging. 

Waarvoor help die Nimue Active Resurfacing Wipes?

Ek het dit gebruik in plaas van my gewone afskilfering. Ek verkies gewoonlik ’n chemiese eerder as ’n granulêre afskilferaar omdat my vel sensitief is. Hierdie lappies word wel nie vir sensitiewe vel aanbeveel nie, maar ek het geen reaksie of sensitiwiteit daarop gehad nie. Wat ek veral handig gevind het is om dit ook op die agterkant van my hande (wat net skielik baie ouer lyk) te gebruik. Ek sou nie daaraan dink om my gewone afskilferaar ook hier te gebruik nie. My vel lyk helderder en ek voel ook asof my room beter intrek en my vel is as ’n gevolg daarvan meer bevogtig. 

Van die ander voordele wat Nimue noem is dat dit help met vergrote porieë, olierigheid, fyn lyntjies en oneweredige veltoon. 

Vir beste resultate word dit aanbeveel dat jy dit drie keer per week gebruik. 

Beskikbaar by uitgesoekte spa’s, salonne en aanlynwinkels soos labelle.co.za

Besoek: www.nimueskin.com vir meer ingligting

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
laifen-swift.jpeg
8 redes waarom ons van die Laifen Swift-haardroër hou
error: Content is protected !!