21 Lente-somer modetrends op ons radar

Komaan somer! Ons sien uit na nog van hierdie warmer dae met minder lae. Ingeval jy solank jou Lente/Somer  klerekas wil regkry en voel jy het ’n paar trendy items nodig – hier’s ’n lys van die Lente-somer modetrends en seisoen se moet-hê mode-items. Hier is 21 van ons plus stylkenners se gunstelinge vir hierdie komende seisoen. Deur Justine Kroes

30/08/2024

21 Lente-somer modetrends

1. Bubbledress skirt

Die “bubble of balloon” romp/rok is terug, jip, daardie selfde silhoeët van die 80’s en vroeë 2000’s is weer hier om te bly, wat weereens bewys dat ons nie altyd ou gunstelinge hoef te laat gaan nie!

Die 2024 bubblerok of romp is of kort, (minilengte) of langer (midi tot maksilengte).

Forever New Delilah Bubble Hem Midi Dress (R2 099)
Cotton On Romee Tube Mini Dress (R599)

2. Wit, wit en meer wit

Stylkenner en voorkomskonsultant Simone Lombard (@simlombard_image op instagram), sê “Die twee items waaroor ek die meeste opgewonde is, is die skakering wit en die wit katoen poplinromp”

“Wit, wit en wit is in. Wit met tekstuur, patrone, dink selfs aan gehekelde wit rompe, katoenrokke, en alles, alles en enigiets wit – ek kry my voorskoot reg! sê Simone

Dan is die katoen poplinromp ‘n moet-hê. Dit is ’n maklike item om van winter na somer te dra, die materiaal (katoen) is lig genoeg vir warm dae en dit skep ook ’n gesofistikeerde voorkoms, omdat die romp meer struktuur het. Dis ook vleiend vir die meeste ligaamstipes.  Jy kan dit op verskillende maniere stileer, afhangend van hoe jy die dag voel. Byvoorbeeld tekkies en ’n t-hemp of ’n kraaghemp en sandale.

Foschini A-Line Poplin Skirt (R599)
Forever New Brooklyn Maxi Skirt (R1 399)

3. V-styl lae middel rok

Eers het die “drop waist” rok silhoeëtt teruggekeer, (die lyn waar die rok uitklok is gewoonlik van die heupe af ondertoe) en hoewel dit gewild geraak het, is dit nie noodwendig vir alle lyfvorms ’n vleiende rokstyl om te dra nie. Die V-middelyn rokke en silhoeëtte is ongelooflik vleiend en die V wat gewoonlik voor van jou naeltjie af ondertoe wys, speel truuks met verbygangers se oë, dit laat jou lanker, slanger en stylvol lyk!

Cotton On Romee Maxi Dress (R799)
Forever New Nova Strapless Midi Dress (R2 399)

4. Kontras stikwerk

Foto: Vogue Runway Nina Ricci SS Ready To Wear 24

’n Moderne trend wat vanjaar  gewild is – duidelike stikwerk op klere-items wat wat doelbewus gemaak is om uit te staan. Swart stikwerk op wit en wit stikwerk op swart lyk na die mees populere keuse.

Cotton On Bow Detail Mini Dress (R899)
Foschini Fit & Flare Contrast Detail Dress (R899)

5. Assimmetries orals

Assimmetrie in mode-ontwerp is niks nuut nie. Vanjaar fokus die trend op assimmetriese skouers en amper ’n “koue skouer” ontwerp. Die een skouer het baie minder materiaal as die ander, maar ook maar net net.

Foto: Vogue Runway. Ontwerpers van links na regs: Michael Kors; Patou; Fendi; Chloe SS24

Daar is ook tans ’n duidelike liefde vir rompe en bloese se onderpunte wat assimmetries skuins gesny is.

Poetry Juno Striped Asymmetric Dress (R1 199)
Cotton On Phoebe Twist Shoulder Mini Dress (R499)

6. Pragtige Peplum

Of jy daaarvan hou of nie, die peplum bloes (en selfs op rokke) is terug en hier om te bly.

Wenk: Kies ’n peplum wat jou lyfvorm die meeste vlei, eksperimenteer met waar die peplum uitklok teenoor waar dit sit op jou lyf.

The Fix Bandeau Bubble Top (R249,99)
Zara Chunky Knit Peplum (R599)

7. Skoene met bandjies (slingbacks)

Stylkenner en voorkomskonsultant Lizanne Anderson (@hellobeautiful_imageandstyle op Instagram) sê “Die lekkerte van hierdie trend is dat dit ’n gemaklike styl is en dat elke persoon kan wegkom met ’n sling back skoenstyl – soos dit jou stylpersoonlikheid pas. 

Legit Square Toe Metallic Slingback (R249,99)

Jy kan ’n plat sool sling back kies vir ’n elkedag voorkoms of een met ’n hakkie vir ’n meer formele uitrusting.

8. Deursigtig

Lizanne verduidelik “Ek is mal oor hierdie trend, want dit gee jou uitrusting dadelik ’n ekstra dimensie en net daai tikkie interessantheid”.

Fotos: @despi_naka op Instagram

Hierdie mag dalk soos ’n uitdagende trend voel maar Lizanne sê “Jy hoef nie noodwendig alles te wys nie – jy kan byvoorbeeld ‘n bloes dra met pragtige deursigtige moue, of ’n deursigtige hemp met ’n onderkledingstuk aan. Of as jy wil, ’n deursigtige romp met ’n soliede materiaalromp onder as ’n basis.”

Y and G Tiered Sheer Maxi Skirt (R499 bash)
H&M Open Back Spotted Organza Vest (R279)

9. Grafiese T-hemde

Simone sê T-hemde met ’n grafiese patroon of letters daarop is ook hierdie lente/ somer ’n moet-hê item. Dra by denims, rompe en selfs pakke.

Wenk: kies een wat jy weet by baie items in jou klerekas sal pas om die meeste “dratyd” daaruit te regverdig.

Me & B Statement Tee With Crème De La Crème (R499)

10. Hoë middelyf broeke

“Dankie tog” is stylkenner Simone se aanmerking – verby vir eers met die “low rise” broeke en terug met die hoë en ultra hoë silhoeëtte vir broeke om jou middelyf. Dit is beslis meer vleiend en vroulik!

Ons moet hier saamstem en uiter ’n sug van verligting dat die lae broekstyl vir eers verby is!

Zara ZW Collection Wide Leg Culottes (R899)

11. Balletskoene met ’n verskil

Danksy die die “balletcore” modetendens is die balletskoen nou al ’n rukkie ’n mode moet-hê, maar die somer is die mesh, of eerder deursigtige, balletskoen die modegunsteling.

Mango Mesh Ballet Flats With Strap and Buckle (R1 299)

Psst onthou – afhangend van hoe deursigtig jou balletskoen is, maak seker jou voete en naellak lyk steeds netjies, jy wil steeds afgerond lyk!

Cotton On Rubi Amy Fine Mary Jane Ballet (R399)
Mango Mesh Ballet Flats With Strap and Buckle (R1 299)

12. Vissermansandale

Mango Fisherman Sandal (R1 599)

Volop tydens die 2024 Internasionale Lente Somer modevertonings, is hierdie bonkige sandaalstyl. Dra gerus hierdie sandale met bonkige sole en bandjies by ’n vroulike kledingstuk om balans te skep.

Zara Buckled Leather Sandals (R1 799)

13. Strikke

Fotos: Vogue Runway ss24; Simone Rocha; Giambattista Valli; Patou; Nina Ricci; Sandy Liang

Strikke is hier om te bly, groot of klein. Volgens sosiale media is dit duidelik dat die katoen bloese in alle skakerings en patrone wat met strikkies voor vasmaak ’n seisoengunsteling gaan wees.

Stylkenner en voorkomskonsultant Jeanine Thereon (@transformed_by_jeanine op Instagram) sê “Toppies wat voor vasmaak met strukkies is vanjaar ’n moet-hê vir Lente/Somer. Ek is gaande oor die romantiese style wat orals in Europa te sien is – vroue wat bloese in peplum style met strikkies dra.

Cotton On RSVP Low Back Mini Dress (R799)
Y&G Poplin Tie Front Top (R329 bash)
Forever New Erin Tie Front Waistcoat (R999)

14. Metale wat blink

Lizanne sê “Vanjaar kan jou metaal enige kledingstuk wees, van ’n baadjie tot jou skoene, in goud, silwer, brons, roosgoud of sjampanje. Moenie bang wees om hierdie Lente/Somer met hierdie trend te eksperimenteer nie.  Probeer iets soos ’n sagte goue midiromp of roosgoud balletskoene of selfs ’n metaalkleurige baadjie vir ’n mooi aandvoorkoms.

Fotos: Vogue Runway ss24; Carolina Herrera; Nina Ricci; Simone Rocha; Michael Kors; Chloe

Lizanne se wenk: “Een van my gunsteling maniere om met metaalkleure te eksperimenteer, is om ’n alles-in-een-kleur uitrusting (soos vlootblou of denim) te kombineer met metaalkleurige bykomstighede soos roosgoud slingback hakkies of ’n palmtas”.

Poetry Autumn Metallic Skirt (R1 099)
Forever New Jayden Maxi Dress (R2799)

15. Gingang gaan groot

Jeanine sê “Die Cottage Core tendens is ook ’n groot mode moet-hê vir hierdie somer. Dink aan gehekelde bloese en gingang patrone. “Dit maak my vreeslik opgewonde en gee vir my ’n gemaklike  “ek is tuis” gevoel. Ek dink sommer terug aan die goeie tye in my ma se kombuis en al haar laslappies,” verduidelik Jeanine. “Die gingang patroon modes het my baie geïnspireer en ek moes dit net deel maak van my nuwe reeks.”

Noreth Peplum Blouse (R520)

16. Die nuwe onderbaadjie

Sienna Linen Cotton Vest (R799)

Lang linne vests/ onderbaadjies, sê Jeanine is nog ’n gewilde mode-item vir die somer hierdie jaar. Onderbaadjies is effens langer as vorige seisoene s’n, en wat effens oopklok aan die voorpunt. Dra dit by rompe, denims, oor rokke of selfs kortbroeke.

Ons hou veral van die moulose style wat jy sommer oor ’n T-hemp kan dra sou jy wou “layer”.

Forever New Toni High Neck Waistcoat (R1 299)
Sienna Linen Cotton Vest (R799)

17. Mouloos/boobtube

Nooit het ons gedink ons gaan weer die woord “boobtube” uiter nie, maar hier is ons nou! Hierdie ontwerp is volop – van “bubble” boobtube silhoeëtte tot interessante valle en afwerkings, reuse strikke of blomme– die boobtube of afskouer en moulose bloes of rok is nog een vir jou modelysie. 

Poetry Giga Bustier Top (R1 299)
Y and G Elasticated Peplum Bandeau Top (R299)

18. Nederig netjies

Die helder pakke is steeds gewild maar dié Lente/Somer seisoen is daar ’n duidelike terugkeer na neutral, “discreet” soos die trend genoem word, netjiese pakke. Dink aan neutrale uitrustings in swart en wit, bruin of beige met klassieke silhoeëtte van baadjies, broeke, en potloodrompe. Minimalisties sjiek is ’n goeie beskrywing vir die trend.

19. Preppy en sportief

Danksy die aanloop tot vanjaar se Olimpiese spele is daar ’n duidelike modebeweging na die sportiewe, preppy voorkoms. Dink aan polohemde met krae, kort tennisrokkies en rompe, maar stylvol en elegant gestileer. Hierdie modetrend maak dit maklik om na (of voor!)  jou Padel- of tennisoefening uit te gaan en steeds modieus te lyk.

Y&G Bo Polo Teniis Shirt (R299)

20. Pajamas aldag heeldag

Die lyn van verskil tussen dagdrag en slaapklere word by hierdie modetrend al hoe meer vaag! Dink aan oorgroot kraaghemde, gemaklike broeke en bypassende katoenstelle in streeppatrone.

Foschini Linen Like Covered Button Shirt (R359)
Mr Price Stripe Shorts (R159,99)

21. Patrone op ons radar:

Sebra-patroon

Strepe

Foto:@oliveandalice op Instagram

Luiperdmotief

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
rokke
5 Wenke vir rokke kies
error: Content is protected !!