Ons gunstelingdae is wanneer daar aangekondig word “vandag is pajamadag!” ’n Dag wanneer almal daglank in hul pj’s bly en luilekker voor die TV lê en fliek, of lees. Die moderesep hiervoor is heel eenvoudig: ’n gemaklike uitrusting waarin jy kan ontspan maar waarin jy steeds goed lyk ingeval daar dalk ’n onverwagse klop aan die voordeur is. Hier is ses van ons tried and tested moet-hê-items vir ’n gemaklike (en stylvolle) pajamadag. Deur Justine Kroes
18/09/2023
1. ’n Gemakdragstel
‘n Mooi, gemaklike loungewear- of gemakdragstel behoort ’n stapelitem in jou klerekas te wees. Een wat stylvol lyk (dalk minus die tekenprentjiemotiewe) in ’n neutrale kleur. Iets wat gemaklik genoeg is om in te slaap, maar wat jy met selfvertroue in die openbaar sal dra.
Ons het onlangs Boodywear se gemakdrag- en pajamastelle ontdek en glo ons as ons sê ons het nog nooit iets gemakliker besit nie, die heel sagste lap wat jou vel streel.
Die sysagte materiaal, wat van bamboes gemaak word, is anti-bakterieel, en veral goed vir dié wat met ’n sensitiewe vel sukkel. Bamboesmateriale beheer vogtigheid baie goed. Die materiaal absorbeer sweet vinnig en word ook blitsvinnig droog. Justine, wat voorheen met nagsweet gesukkel het, sê dit behoort nou tot die verlede! Interessantheidshalwe: Alle Boodywear-klere beskerm jou teen die son met ‘n sonbeskermingsfaktor van UP50+.
Boodywear het loungewear– sowel as pajamastelle wat albei mooi genoeg is om in die openbaar te dra. Ons sal enige van die broek-en-hemp-stelle met ’n paar tekkies, jas of leerbaadjie dra. Slenterdragsjiek is die woord!
2. Gemaklike onderklere
Gemaklike onderklere is seker altyd ’n moet – maar veral noodsaaklik op ’n afdag wanneer gemak en afskakel ’n prioriteit is.
Boodywear se onderklere is so gemaklik, dit voel skoon asof jy nie onderklere aanhet nie. Meer as ’n handjievol ma’s het onlangs op ’n WhatsApp-groepie Boodywear se onderklere voorgestel toe raad oor gemaklike onderklere gevra is.
3. ’n Snoesige serp
’n Snoesige oorgrootserp, wat sommer ook as ’n kombersie gebruik kan word, is ’n moet vir jou pajamadaguitrusting. Wenk: kies ’n groot, sagte serp wat reg rondom jou skouers kan vou.
4. Pantoffels wat as skoene kan werk
Pantoffels wat jy ook as skoene kan dra as jy gou moet winkel toe, of kinders gaan oplaai, is ons gunstelinge. Die Ugg Slides en die Ugg-stewels is noodsaaklik in jou gemakdragarsenaal. Die veelsydige, gemaklike skoene hou jou voete warm en die rubbersool hou hulle droog. Boonop lyk dit net super cool.
Hier is van ons gunstelinge:
5. Sokkies vir warm voete
Niemand hou van koue voete nie! Slaapsokkies is ’n moet op pajamadae en hierdie kouse van Boodywear is snoesig en span nie styf om jou enkels nie. Luuks, sag en lekker warm.
6. ’n Gemaklike jas
’n Sagte, gemaklike jas wat jy kan aantrek as jy nie noodwendig in jou japon wil inkruip nie. ’n Snoesige teddiejas, is lieflik warm en so maklik om aan te trek wanneer iemand onverwags opdaag, of as jy vinnig moet uithardloop om fliekversnaperinge te kry.