14 Somerbykomstighede op ons stylradar

Die modewêreld is hierdie somer vol pret en kleur, en die modebykomstighede stel ook nie hierdie seisoen teleur nie! Van gestapelde hangertjies, strikke in jou hare, vierkantige sonbrille en bonkige juwele om maar net ’n paar te noem. Hier is letterlik iets vir elke stylpersoonlikheid om van te kus en te keur, loer hier vir 14 somerbykomstighede op ons styradar. Deur Justine Kroes

20/10/23

Die maklikste manier om met min moeite, modieus te lyk (en te lyk sof jy weet wat in die modewêreld aangaan) is om met jou bykomstighede te eksperimenteer. Dit is ook ’n lekker sakpas manier om in die modekollig te bly.

1. Y2K is hier om te bly

Of jy ’n 90’s of vroeë noughties mode-aanhanger is of nie, is die modes, veral die bykomstighede modes van daardie era, hier om te bly. Dink aan kleurvolle “beaded” hangertjies, dun “skinny” serpe en kleurvolle knippies in jou hare.

Mango Fine Scarf with Crystal Beads (R599)
Mango Shell Choker Necklace (R499)
Mango Necklace Paz (R499)

2. 3-Dimensionele blomme

Rosettes of materiaal roos “hangertjies” wat styf om jou nek gebind word (of in jou hare gedra word) is van die loopplanke af rooitapyt toe en daarna ’n gunsteling op “street style” bekendes. Dra jou 3 dimensionele roos by jou denims en ’n wit t-hemp om daardie “high-low” aantrekstyl te bemeester.

Zara Floral Earrings (R499)
Superbalist Flower Choker (R179)

3. Serpe

Hierdie bly vir ons ’n gunsteling – jy kan blistvinnig die seisoen se gewildste skakerings (blou, oranje of lime wedge) of patrone (strepe/blompatrone) eenvoudig in ’n syserpie vasvang. Dra die serp om jou kop as ’n haarband, om jou nek, om jou arm of selfs rondom jou handsak vasgebind.

Poetry Laylah Foral Scarf (R299)
Euro Silky Square Scarf (R295 Ateljee)

4. Meermin geïnspireerd

Seeskulpies oral – ons dink hierdie tendens is moontlik deur die onlangse vrystelling van die “The Little Mermaid” fliek gewild gemaak.

Mango Mixed Bead Earrings (R599)

Juwele met skulpies, varswaterpêrels en blink “iridescent” afwerkings is ’n mode moet-hê hierdie somerseisoen.

Zara Seashell Denim Necklace (R399)
Zara Sealife Charm Necklace (R899)
Zara Seashell Earrings (R399)

5. Kettinghalssnoer

’n Klassieke juweelitem wat tydloos bly – hierdie seisoen se weergawe is net ietwat bonkiger, met verskillende metaalafwerkings sommerso in een. Soos gesien op die loopplanke by Proenza Schouler, Versace en Gucci.

Dra dit so: Stapel klomp verskillende kettinghangertjies van verskillende lengtes rondom jou nek teen ’n kraakvars wit T-hemp of kraaghemp vir ’n stylvolle voorkoms.

Mango Link Necklace (R499)
Mango Textured Chain Neckalce (R499

6. Breë gordels

Ons moet eerlik wees, ons weet nie hoe ons oor hierdie trend voel nie maar ons het al geleer “never say never!” Onthou julle daardie boheemse gordels wat ons in die laat 90’s vroeë 2000’s gedra het, met daardie aangelaste sirkels?! Dit is weer terug. Ons dink wel as die gordel nie te breed is nie en minimalisties gedra word, kan dit steeds stylvol lyk. Pasop net dat jy nie weer begin om jou rokke bo oor jou denims te dra soos die meeste van ons destyds het nie!

Zara Elastic Metal Belt (R549)
Zara Wide Elsatic Belt (R599)

7. Bonkige juwele

Vir hierdie seisoen se bykomstighede is groter beslis beter wanneer dit kom by jou juwele kom. Oorgroot oorbelle en groot bonkige hangertjies om jou nek en veral breë armbande of “cuffs” is net so ’n gewilde bonkige juweel-opsie.

Mango Volume Oval Hoop Earrings (R599)
Zara Coin Bracelet (R499)

8. Geweefde sakke en hoede

Geweefde raffia handsakke en hoede word al jare lank al as die moet-hê somerbykomstighede gesien.

Hierdie jaar is die hoede en sakke net ietwat groter en meer dramaties soos op loopplanke gesien van Max Mara en Jaquemus se modevertonings.

Zara raffia hat with Mesh Ribbon (R1099)
Mango Raffia Tote Bag (R1999)

9. Meng jou metale

Beslis nie nuut nie, maar hierdie tendens waar twee of meer metaal juweelskakerings saam gedra word is ’n eenvoudige tendens wat altyd ’n onverwagse, tog stylvolle stelling maak.

Foschini Two Tone Short Chain Necklace (R179)
Mango Criss Cross Rigid Necklace (R599)

10. Fraiings

Handsakke, gordels en serpe met fraaings is in. Onthou dit beteken nie daardie tossel fraiing oorbelle nie. Dra jou fraiings eerder op jou handsak, gordel of kledingstuk hierdie somer om meer 2023 en minder 2018 te lyk!

Spring Summer 2023 Victoria Beckham; Versace; Gucci.

Ons lief hierdie tendens, dit bied ’n lieflike tekstuur, diepte en prettige beweging tot enige somer voorkoms.

Simonmiller Mango Maxi Fringed Natural Fibre Bag (R2 299)
Zara Split Suede Mobile Phone Bag (R1199) 
Zara Crossbody Bag with Beading (R899)

11. Denim bykomstighede

Dis g’n geheim dat denim tans een van die heel grootste mode-trends in die modewêreld is nie, en jy kan nie verkeerd gaan met ’n denim bofbalkeps of ’n denim handsakkie nie. Daar is selfs die mooiste denim skoene beskikbaar.

Zara Denim Bucket Hat with Rhinestones (R499)
Zara TRF Denim Bag (R769)
Exact Mid Blue Denim Peak Cap (R119)

12. Vierkantige sonbrille

As die vierkantige sonbrilstyl jou gesig goed pas, het ons vir jou goeie nuus – die styl is tans hoogmode!

Klein of oorgroot vierkantige sonbrilstyle in allerhande skakerings is tans ’n gewilde keuse onder modekenners en stylikone.

13. Haarstrikke

Danksy die “balletcore” tendens van die vorige seisoen is haarstrikke nou groot nuus. Ons dink hierdie tendens is so prettig maar steeds stylvol en tydloos.

Sandy Liang Palermo Bow

Ons sê: Kies ’n eenvoudige oorgroot stylstrik en hou jou uitrusting modern en minimalisties om te verhoed dat jy lyk asof jy uit die Bridgerton reeks stap!

Poetry Dalia Satin Bow Hair Clip (R179)
Cotton On Heidi Hair Bow (R149)

14. Assimetriese oorbelle

Assimmetriese mode is terug en nie net in rompe en bloesstyle nie – ook in oorbelontwerpe. Die tendens waar een groot en een klein oorbel gedra word, is terug. Ons hou van hierdie unieke manier om oorbelle te dra en mits jy die regte paar vind, kan dit ’n super stylvolle modestelling maak.

Simonmiller Mango Combined Maxi Earrings (R799)

Wenk: Kam hare terug in ’n lae poniestert of bolla en hou grimering skoon en minimalisties om behoorlik met jou assimmetriese oorbelle te spog.

Mango Mixed Pendant Earrings (R499)
Mango Mixed Pendant Earrings (R429)

Teken in op ons nuusbrief en word deel van die binnekring.

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Moet-hê mode strandbykomstighede
error: Content is protected !!