Uit idees met uitrusting-inspirasie vir Valentynsweek? Ons deel die mooiste uitrusting-idees, of jy nou op pad is na ’n romantiese afspraak, ’n luilekker brunch, ’n Galentines-aand saam met vriendinne, of sommer net knus tuis wil wees. Van rokke wat ’n stelling maak tot sjiek bykomstighede. Hier is uitrusting-inspirasie vir jou valentynsweek. Deur Justine Kroes
Valentynsdag uitrustings:
Aand uit:
Vir jou romantiese afspraak, kies ’n sjiek slooprok in ’n skakering wat jy weer sal dra. Byvoorbeeld ’n swart slooprok kan jy altyd weer meer gemaklik stileer met ’n leer baadjie bo-oor of t-hemp onderaan vir ’n meer gemaklike uitrusting.
Die asimmetriese slooprok is ook nou baie gewild en daar is ’n skakering beskikbaar vir byna elkeen.

’n Rooiwarm rok wat ’n duidelike stelling maak en koppe laat draai!
Brunch afspraak
Gemaklik, maar steeds stylvol en vroulik is die voorkoms wat ons in ons gedagtes het as ons aan ’n luilekker brunch afspraak dink.
’n Rok waarin jy koel, vroulik, gemaklik en mooi voel. Stileer dit by plat skoene/sandale, of mary-janes en ’n mooi sonbril en ’n paar oulike bykomstighede. Pssst, dit is immers Valentynsweek – laat waai met die rooi strikke, hartjie hangertjies en oulike oorbelle.
Kyk net hoe mooi is hierdie rokke vir jou Valentyns-brunch afspraak:
Galentines pret
Vir ’n aand saam met vriendinne vol lekker lag tot die trane rol, kies ’n uitrusting waarin jy gemaklik voel maar steeds afgerond en stylvol lyk. ’n paar Trendy modebykomstighede met tikkies pienk of rooi is ook ’n goeie idee.
Kyk net hoe Stylvol lyk die rooi denim en wit hemp kombinasie, gestileer by ’n paar luipermotief bykomstighede.
Of hierdie rokkies met die allermooiste pofmoue
Ons sê nooit nee dankie vir sjiek strepe nie, die rok laat ons sommer dadelik gelukkig voel!
Vir ’n moderne Valentynsdag uitrusting, kombineer pienk en rooi met verskillende patrone, kyk hoe cool lyk hierdie kombinasie:
Rooi en dieremotiewe saam bly darem maar net ’n mode moet!
Gemaklik tuis
Verruil jou werksuitrusting vir ’n gemaklike (maar steeds mooi!) slaapstel of nagrokkie vir jou fliekaand sonder grimering tuis (dit klink hemels!).
Jy kan selfs ’n gemaklike t-hemp en lospassende lounge styl broek kombineer.
Kyk net na die mooi opsies:

Bykomstighede na hartelus
Indien rooi en skakerings van pienk nie jou gunsteling kleure is om te dra nie, probeer net so ’n klein tikkie rooi of pienk by jou uitrusting inwerk met behulp van die allermooiste bykomstighede.
Die “tikkie rooi” modetruuk pas omtrent by enige uitrusting. En dit werk want jy dra nie die skakerings naby jou gesig nie (skoene, handsak, gordels). Probeer ’n paar balletskoene by jou swart rok, of ’n rooi handsak of rooi sonbril om op ’n subtiele manier die dag van liefde in jou uitrusting te vier.
































