12 Moet-hê-skoonheidsprodukte vir jou lessenaar

Hou gerus hierdie moet-hê-skoonheidsprodukte in jou lessenaar se laai, sodat jy op jou beste kan voel en lyk om werksuitdagings vol selfvertroue aan te pak. Deur Suzanne Kotzé

Hou gerus hierdie skoonheidsprodukte vir jou lessenaar byderhand

Daar is net iets omtrent die meeste kantoorligte en waarskynlik die lug ook wat ’n mens na ’n paar uur in die kantoor net uitgewas en moeg laat lyk (en dikwels ook voel). Hou gerus hierdie byderhand.

1. Handeroom

Meer koffie, tee en water beteken meer badkamerbesoeke en handewas. Maak seker jy het handeroom byderhand wat jy ook sommer aan jou arms en bene kan smeer as dit droog voel. Die lugverkoeling in kantore droog ook jou vel uit.

Bio Sculpture Hand Cream (Biosculpture.co.za

2. Naelverfverwyderaar

’n Getjipte nael, veral as jy dalk ’n vergadering het, lyk net onprofessioneel.

Bio-Sculpture Remover Sachets (R270 vir 100) is ideaal om in jou lessenaarlaai te hou vir noodgevalle.

As jy jelverf laat opsit, maak altyd seker jy koop gewone naelverf in dieselfde kleur, sodat jy dele waar die jelverf oplig, kan verf sonder dat dit te opsigtelik is. So hoef jy ook nie al jou jel te sit en aftrek by die kantoor omdat dit onnet lyk nie.

3. ’n Haartangetjie

Helder fluoresserende kantoorligte wys dalk enige gesighaartjie duideliker, en as jy soos ons is, pla dit jou dan die hele dag lank.

Tweezerman Mini Slant (R279, 95 elk Dischem)

4. ’n Serpie

’n Mooi serpie kan ’n ware redder wees; om Suid-Oosterhare te tem; of selfs om ’n koffiekol op jou bostuk weg te steek.

Silky Square Scarf (R245, Ateljee)
Fabric Neutral Striped Scarf (R270, Lovisa)

5. Haakspelde

Jy weet nooit wanneer ’n knoop oopbars of iets losskeur nie en ’n haakspeld kan altyd handig te pas kom.

6. Rooi lipstiffie

Rooi lipstiffie kan jou dadelik opkikker. As jy vaal voel en lyk, kan die kleur jou sommer dadelik ’n fisiese en psigiese hupstoot gee. Ideaal as jy dalk ’n moeilike gesprek moet hê of vergadering moet lei. Coco Chanel het nie verniet gesê: “Sit lipstiffie aan en val aan,” nie.

Tik gerus ’n tikkie lipstiffie aan jou wange vir ekstra kleur.

Chanel Hydrating Conditioning Lip Balm (R860, Woolworths)
Sisley Phyto Lip Twist (R900, Sisley.com)

7. Serum of haarsproei

Serum, haarolie of haarsproei om wegvlieghaartjies te tem. Jy is dalk by die huis weg en het piekfyn gelyk, en kyk ewe skielik in die werk se badkamerspieël lyk dit asof jy ’n ballon oor jou hare gevryf het, so regop staan die wegvlieghaartjies.

8. Droë sjampoe

Daar is min dinge wat jou so aaklig kan laat voel soos vuil hare. Jy is dalk by die huis weg en het gedink jy kan wegkom sonder om jou hare te was, en nou is jou hare vasgeplak teen jou kop. Of jy het dalk rondgeskarrel en natgesweet. Vir hierdie noodgevalle (en vir bietjie ekstra volume) verrig droë sjampoe wondere.

Pureology Refresh & Go Dry Shampoo (R580, Superbalist)
Sorbet High and Dry Dry Shampoo (R59,99, vir 60ml, Clicks) is die ideale grootte om by die kantoor te hou

9. Oogdruppels

Lugverkoeling en skermtyd, kan jou oë droog en krapperig laat voel wat nie net jou jou konsentrasie beïnvloed nie, maar ook dat jy aan jou oë vryf en jou grimering laat smeer.

10. Grimeerverwyderingslappies

Vir alles van panda-oë tot grimering op klere (grimeerlappies werk wonderlik hiervoor!) en selfs sweterige onderarms.

Bioderma Sensibio H2O Cleansing Wipes (R390, Dermastore.co.za)

11. Ekstra onderlaag

Baie skoonheidshuise gee vir jou toetsgrootte onderlaag sodat jy dit by die huis kan toets. Daar is altyd ekstra in en hierdie is ideaal om by die werk te hou.

12. Klein haarborsel

Weereens die Suid-Ooster kan enige haarstyl in die Kaap verwoes.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
7 Wenke vir ’n jonger nek en decolleté
error: Content is protected !!