raad vir hare wat koek
raad vir hare wat koek

11 beste wenke vir hare wat koek; vir ma’s en kinders

As ons maar net ’n rand gehad het vir elke “eina eina eina” wanneer dit harekam-tyd is, was ons teen die tyd al miljoenêrs! As jy, nes ons, raadop is met hare wat koek (jou eie en jou kinders s’n) dan is hierdie artikel vir jou! Hier is 11 wenke vir hare wat koek, hoe om koeke te voorkom, hoe om koeke op die regte manier uit te kam en produkte wat werklik werk. Deur Justine Kroes

11/08/2023

1. Probeer eerstens koeke voorkom

Kenners van Tangle Teezer se raad; Vleg jou hare voor slaaptyd, dit hou hare netjies, verminder wrywing en verminder koeke.

Maak gereelde salonbesoeke ’n prioriteit sodat jy van dooie haarpunte ontslae raak. Herdie droë haarpunte veroorsaak hare wat gereeld koek.

Slaap op ’n sy of satyn kussingsloop, dit verminder wrywing op jou hare.

Maak jou kinders (veral aktiewe kinders) se hare vas in ’n bolla of vlegsel voor hulle speel en die wêreld vol hardloop – dit sal enige onnodige koeke voorkom.

2. Begin onder

“Mens is geneig om hare van jou kroon tot haarpunte te wil uitkam; begin eerder onder by die punte,” is die Tangle Teezer span se uitkamwenk. Kam die hare van onder af en werk stadig opwaarts na die haarwortels toe. Dit sal die uitkam proses vinniger en ook minder seer maak. Boonop sal dit nie hare beskadig of breek nie.

3. Die regte borsel of kam is noodsaaklik

Gebruik altyd ’n wye-tand-kam of ’n “detangling” borsel. Hierdie tipe borsels en kamme is sagter op die hare en verminder die moontlikheid dat hare kan breek.

Ons is nog altyd groot aanhangers van die Tangle Teezer borsels, maar hierdie nuwe een het ons behoorlik opgewonde. Die Tangle Teezer Plant Based Detangling Hairbrush (R430 beskibaar by uitgesoekte salonne, Sorbet salonne en www.haircair.co.za) is ’n eko-vriendelike weergawe van die slim borsel.

4. Kinders en hare wat koek

Die Tangle Teezer span se topwenk vir wanneer jy kinders se hare kam is, wees geduldig. Neem jou tyd en maak seker jy vermy enige ongemak, probeer selfs om kinders se aangdag af te trek en gee dalk vir hul iets wat hul handjies sal besig hou.

Dit mag dalk in jou guns tel om ’n “detangling” borsel in ‘n mooi kleur of prettige ontwerp te kies om die hare-kam-proses te vergemaklik.

Leer vir kinders van kleins af dat dit belangrik is om na die gesondheid van jou hare om te sien en om saggies met hare te werk.

’n Detangling sproei is ’n moet – veral een wat spesiaal geformuleer en ontwikkel is vir kinders se hare.

Kyk net na die voor en na resultate, EN nie een eina is ge-uiter nie!

5. Werk saggies

Moet liefs nie oormatige krag gebruik wanneer jy gekoekte hare kam nie – dit kan ongemak veroorsaak en natuurlik daarby jou hare beskadig.

6. Nat hare eerder as droog

Kam eerder hare wat effens nat is as droë gekoekte hare. Droë hare is minder buigsaam daarom breek dit makliker. Gebruik ’n detangling sproei wat die proses sal vergemaklik.

7. Verstaan dat party haartipes makliker koek as ander

Gekrulde hare is van nature vol kurwes en draaie, daarom is dit meer geneig om te koek. Droë en beskadigde hare bevat minder vog wat beteken hare is minder buigsaam en in daarom koeke kan veroorsaak. Langer hare is ook meer geneig om te koek omdat daar meer beweging en kontak in lang hare plaasvind.

8. Vermy stileerprodukte wat hare uitdroog

Daar is party stileerprodukte wat hare moeilik maak om uit te kam, sulke produkte kan hare uitdroog en beskadig wat die uitkam proses nog moeiliker maak. Kies sulfaatvrye reinigers en opknappers wat hare minder sal uitdroog. Vermy ook produkte vetterig of te olierig is, want dit kan bydra tot koeke

9. Gee aandag aan haar gesondheid

Voed jou hare met ’n goeie opknapper of haarmasker ten minste een keer per week om seker te maak hare is nie droog nie. En onthou om jou hittebeskermingsproei te gebruik. Gesonde hare is gelukkige hare wat nie maklik sal koek nie.

10. Raad vir koeke-beheer in lang hare

Verdeel lang hare in kleiner seksies. Kam die hare en koeke seksie vir seksie uit om die proses makliker te maak.

Gebruik haarrekkies sonder enige metaal gedeeltes (soos Invisbobble) om hare wat gereeld hier vaskoek te vermy.

Onthou van gereelde salonbesoeke om lang hare se dooi punte af te knip en ongewenste koeke te keer.

11. Raad vir koeke-beheer in krulhare

Dit is belangrik om produkte te gebruik wat spesiaal ontwikkel is vir gekrulde hare, soos aanbly opknappers en curl creams.

Probeer die “pynappel” metode, trek hare saggies tot bo-op die kroon van jou kop bymekaar en bind in ’n los satyn scrunchie vas voor slaaptyd om seker te maak jy veroorsaak nie wrywing in jou krulle terwyl jy slaap nie. Die metode sal ook seker maak dat jou krulle perfek gekrul bly.

Moet liefs nie reeds droë gekrulde hare probeer uitkam nie; kam eerder die koeke uit in jou opknapper fase, wanneer hare effens nat is.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Lyk ryk: 10 begrotingsvriendelike wenke om afgerond te lyk
error: Content is protected !!