10 Pakwenke vir jou somervakansie

Ai, die vakansie inpakstryd, ons laat dit altyd tot die laaste minuut (kinders en almal anders se tasse is natuurlik altyd eerste klaar gepak!) hierdie jaar het ons besluit om vooruit te beplan. Hier is 10 van ons beste pakwenke om jou inpak, uitpak en reis- proses maklik te maak, ons hoop dit help sodat jy lekker vakansie kan hou. Deur Justine Kroes

1. Begin vroegtydig

Pak omtrent so ’n week voor jy op vakansie vertrek alles wat jy dink jy graag wil saamneem eenkant uit (sommer op die bed in die gastekamer waar niemand slaap nie).

Jy kan natuurlik ook al jou klere op ‘n klerereling hang – dit maak die kiesproses selfs nog makliker.

Dit sal vir jou ’n idee gee of jy minder of meer moet inpak. Plus dit gee jou die kans om nog winkels toe te skiet indien daar iets is wat jy dalk nog benodig.

2. Kyk vooraf na die weer:

As jy ten minste beheer kan neem van net een ding, soos byvoorbeeld die weer, sal die pakproses reeds minder stresvol wees.

Deur te kyk na die weer kan jy ’n goeie vooruitsig kry van watter tipe klere jy kan inpak. Dit maak ook jou tas minder vol! Beplan jou uitrustings volgens die hoeveelheid dae en die weer van elke dag.

3. Pak veelsydig

Dink aan die veelsydige items in jou kas. Hoe jy daardie items kan kombineer met ander sodat jy die meeste dra uit hul kry en sodoende minder items pak.

Ligter items om te kies: ’n oorgroot linnehemp, neutrale bypassende stel, vleiende midi-rok, wit T-hemp, linnekortbroek, wyepyp-linnebroek. Hou by ’n ooreenstemmende kleurpalet sodat alles maklik by mekaar kan meng en pas.

4. Beplan vooraf uitrustings (en neem fotos!)

Hierdie slim truuk het ons jare gelede by mode beїnvloeder Looks By Lilli geleer – neem foto’s van jou stelle uitrustings en stoor dit op jou selfoon.

Die foto’s help jou ook om te onthou wat jy alles ingepak het, veral as jy vanuit jou tas leef!

Hierdie metode help jou ook om tyd te spaar in die oggend as jy nie lus het om uitrustings bymekaar te sit nie, loer dan na jou eie fotokatalogus!

Dit help jou boonop tyd wen – veral as jy toer is en baie goed het om te sien en te doen.

5. Gebruik packing cubes/pakblokkies

Pakblokkies help jou om jou items te orden en vinnig te vind.

Probeer dit so gebruik:

Een blokkie vir swemklere

Een vir dagdrag

Een vir onderklere en nagklere

’n Klein sakkie vir bykomstighede (gordels, serpe ens)

Nie alleen hou dit jou tas super netjies nie, dit maak ook uitpak by jou bestemming baie makliker.

6. Slim inpakwenke

Laaste in, eerste uit reel:

Pak items wat jy dadelik gaan nodig hê (soos nagklere, toiletware of ’n swembroek) bo-in jou tas vir maklike toegang.

Rol dit:

Rol gerus jou klere, dit skep meer spasie in jou tas, plus jy kan makliker sien wat waar lê. Dit sorg ook dat jou klere nie so maklik kreukel nie. Vir linne of items wat maklik kreukel, vou liggies en rol dan losweg.

 indien jy packing cubes gebruik, rol jou klere voordat jy dit hierin pak, jy sal verbaas wees oor hoe baie jy kan inpas.

Slim truuk met jou hoed:

Hoed as handbagasie? Nie nodig!

Kyk hoe oulik is hierdie slim pakwenk, plaas jou hoed omgekeer in die middel van jou tas en pak rondom, in en bo op die hoed. Hierdie proses sal verseker jou hoed bly in een stuk sonder seerkry en sonder sukkel as handbagasie.

7. Pak minder skoene

Skoene vat die meeste plek, so kies slim, probeer ‘n somerskoen-kapsule vir jouself saamstel met die volgende:

’n Gemaklike stapsandaal

’n Netjiese sandaal of espadrille

Plakkies vir die swembad of strand

Oefenskoene/tekkies of ‘n paar sneakers

Onthou … stoor kleiner items binne-in jou skoene om spasie in jou tas te benut.

8. ’n Juwelekissie is jou nuwe beste vriend!

Hou jou juwele mooi netjies en stoor dit in ’n slim houer. Jou kettingkies sal nie aanhoudend bly saamkoek nie. Plus dit is ’n veilige plek waar jy elke aand voor slaaptyd jou juwele kan bêre.

9. Pak so al jou tech

Selfoon herlaaierdrade wat alewig koek, jou oorfone wat jy bly verloor, klink dit bekend? Probeer gerus ’n toeritshouertjie wat al jou tech-items netjies en bymekaar stoor. Dit vereenvoudig nie net die pak-proses nie, maar so ook die uitpak en onthouproses as jy weer aan die ander kant inpak.

Travel Accessories Cable Organizer Bag (R99 amazon)
Travel Accessories Cable Organizer Bag (R99 amazon)
FOM SA Tech Organizer Navy (R595)

10. Maak seker hierdie is ook op jou inpaklysie:

Klein naalwerdstel:

Pak dalk ook ’n haakspeld en naald en gare in – mens weet nooit wanneer daar ’n wardrobe malfunction is nie!

Hierdie een by Dis-Chem is klein en kompak Basics Travel Sewing Kit (R59,99)

Stoomyster

Hier by Stylvol kan ons ook glad nie vakansie hou sonder ’n stomer nie – blitsvinnige manier om van kreukels onstlae te raak.

Hierdie een is klein en kompak en gladnie swaar nie Phillips Handheld Steamer 1000W (R849 yuppiechef)

’n Wasgoedsak in jou tas

Hou jou skoon klere skoon en stoor jou vuil klere eenkant. ’n Wasgoedsak is ’n lewensredder vir wanneer jy heel vakansie lank uit ’n tas leef. Bêre saans al jou vuil klere in jou “wasgoedsak” of totdat jy kans kry om klere uit te spoel of te gaan was.

Hierdie truuk hou jou skoon klere skoon, en soos die sak voller raak, het jy ’n goeie idee van wanneer dit ’n tyd is om dalk ’n wassessie aan te pak.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Christel van den Bergh; My ma-wees modestyl
error: Content is protected !!