Wyn uitstal en dekoridees met jou wynversameling

Het jy ook al gewonder hoe gemaak met jou wynversameling? Ons het vir binnehuisversierder, ontwerper, kenner en konsultant Anna Correia gevra hoe gemaak met wyn? Sy deel haar kundige raad, uitstalwenke en die moets, moenies vir wanneer jy wyn as ’n dekorelement wil gebruik.

Dit maak natuurlik nie saak of jy nou 10 of 100 bottels in jou versameling het nie, daar is stoor en wyn-uitstalplanne vir elkeen se behoeftes en dekorvoorkeure. Deur Justine Kroes

14/06/2024

Hou dit in gedagte vir wynstoor:

Anna Correia ’n bekende binneversierder, deel haar top moets en moenies wanneer dit by jou wyn- versameling kom:

Temperatuur, ligging, humiditeit en ventilasie is belangrik

Anna sê “Die temperatuur, asook waar jy jou wyn stoor is belangrik. Wyn behoort in koeler areas gestoor of gebêre te word.”

“Ligging, temperatuur, vlakke van humiditeit en ventilasie hoort almal in gedagte gehou te word wanneer jy ’n spasie kies om jou wyn te stoor of uit te stal. Dit is belangrik is om ’n goeie balans van die regte ligging, temperatuur, humiditeit en ventilasie te hê in so ’n spasie”.

Anna Correia
Binneversierder: Anna Correia; Argitek: Kraft Architects

Hou uit direkte sonlig

Moet nie wyn in ’n area stoor or uitstal waar dit in direkte sonlig gaan wees nie.

Stoor jou wyn horisontaal

Anna verduidelik dit is ook belangrik om wyn horisontaal te stoor indien moontlik. Hierdie truuk keer dat die kurk uitdroog, wat lig kan inlaat en jou wyn se verouderingsproses beinvloed.

Binneversierder: Anna Correia; Argitek: Kraft Architects

Die nuwe manier vir wyn uitstal

Anna sê die nuutste manier om jou wyn as ’n dekor element te gebruik is om ’n “feature wine wall” te skep, dit is ’n unieke manier om jou wyn uit te stal.

Anna se dekorraad: “gebruik ligte en afwerkings soos hout, natuurlike steen en metale in jou ontwerp van so ’n “wine wall” om dit interessant te hou en jou spasie te verhef”.

Binneversierder: Anna Correia; Argitek: Kraft Architects

“Hoewel ’n wynmuur nie vir almal is nie, kan jy ook kyk na wynkabinette met ingeboude wynkoelers of wynkoelerlaaie. Die laaie is natuurlik esteties aangenaam en jy kan afwerkings soos hout en steen en spieëls hier gebruik as ekstra dekorelemente.” Verduidelik Anna.

Incanda Furniture Linear Wine Rack Large (Vanaf R18 600)
Store & More Bar Cabinet (R2 499,90)
Incanda Sahara Wine Rack (vanaf R13 100)

Hier is nog ’n paar oulike maniere om jou wynversameling te wys:

Wyn uitstalidees vir teen die muur:

Wall Spaces Ladder Wine Rack (R3300)
Iconomy Stockholm Wine Rack (R899)
Mess Wine Rail (R680)
Iconomy Alpine 27 Bottle Wine Rack in Solid Oak (R1 899)
Elevenpast Round Wall Mounted Wine Rack (R3 999,99)
Bespoke Home Minimalist Wine Rack (R1 490)

Wyn uitstal vir op die toonbank:

Umbra Vinola Wine Rack (R1 299 Superbalist)
Sixth Floor Sinfony Wine Rack – Marble & Wood (R1 399)
Knus Copper Trio Wine Rack (R1 400)

Anna Correia

Anna Correia ’n bekende binneversierder, ontwerper, en konsultant. Volg vir Anna op sosiale media hier.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Japandi
Alles wat jy wil weet oor die Japandi dekortrend
error: Content is protected !!