Badkamer-regruk; van lelike tagtigs tot kontemporêr

Daar is gebreek en gebou om twee gastebadkamers so reg uit die tagtigs ’n nuwe kontemporêre voorkoms te gee. Hier is raad en wenke. Saamgestel deur Suzanne Kotzé

Badkamerinspirasie; kontemporêre plaashuisstyl

“Die res van ons huis se dekor is in ’n kontemporêre plaashuisstyl en ek wou graag hê die badkamers moes ook daarby pas,” vertel Lize Barnard, eienaar van die huis. Lize werk in die dekorindustrie en is mal daaroor om huise reg te ruk en mooi te maak.

Wenk

Neem die res van jou huis se dekorstyl in ag as jy jou badkamers oordoen, dit moenie voel asof jy in ’n ander huis se badkamer inloop nie.

Die inspirasiebord

Neem jou tyd om ’n inspirasiebord te maak. Soek foto’s op Pinterest en Instagram en stoor dit in ’n leer (folder) waar jy dit maklik weer kan kry. So ook as jy iets by ’n aanlynwinkel of in ’n fisiese winkel sien wat jy dink moontlik kan werk.

Maak’n inspriasiebord om te kyk hoe alles saamwerk en wat werk en nie werk nie.

Gaste-badkamer 1; Klassiek en modern met olyfgroen en swart

Inspirasie/beplanningsborde

Lize se inspirasie-borde

Voor

Gedurende

Na

Vloerteëls en ‘subway’ teëls van Lime Green Sourcing. Swart krane, stortkop en toilet van Continental Bathrooms,
Wasbak van Continental Bathrooms,


Ons huis het oorspronklik ’n rietdak gehad en het so ’n plaashuis gevoel wat ek graag behoue wou laat bly. Ons het nou wel ’n nuwe donkergrys dak, maar ek wou die houtbalke en ‘cottage pain’ houtvensters behou om steeds die oorspronklike gevoel vas te vang. Daarom het ek besluit om (self) al die houtvensters swart te verf. (’n Projek wat Lize so stuk-stuk doen oor naweke.) Die swart krane en stortkop pas hierby en gee ook ’n moderne gevoel.

“Ek het olyfgroen gekies omdat dit ’n klassieke groen skakering is wat nie noodwendig ’n modekleur is wat weer vinnig uit die mode sal gaan nie. Ek het ook gevoel die olfygroen pas by die res van ons huis se meer neutrale kleurskema.

Wenk: ’n Kassie wat teen die muur vas is en hang, eerder as ’n staankassie, skep ruimte. Die swart kassie pas by die krane en stortkop en maak die spasie net meer interessant as ’n neutrale kassie.

Wenk: Die ingeboude lysie onder die venster is ideaal om stortprodukte neer te sit en ook gerieflik vir beenhare skeer.

Gastebadkamer 2: Natuurlik met seegroen en klip

Inspirasie-/beplanningsborde

Voor

Gedurende

Na

Graniet teëls Stiles, glas stort afskorting, Italtile, swart krane en stortkop Continental Bathrooms, swewende Baboes rak onder wasbak, Italtile, wasbak Sotran.

“Hierdie badkamer was eintlik veronderstel om neutraal te wees, maar my man (wat baie lief vir branderplankry en die see is) het hierdie teëls raakgesien en wou dit graag hê. Hy stort nou sommer graag hier, omdat dit hom aan die see laat dink. En soms is dit ook goed om van jou idees te laat gaan en iets anders te probeer,” vertel Lize.

“Ek wou graag ’n organiese natuurlike element inbring saam met die leiklipteëls en daarom het ons die rivierklipwasbak gekies. Die gekurfde spieël pas ook by die wasbak se vorm.”

Die swewende houtbasis komplementeer die steen en dit skep natuurlik ook ruimte.

Wenk: ’n Deursigtige glasafskorting by die stort skep die gevoel van spasie.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
groen dekor
Totsiens grys, hallo groen dekor
error: Content is protected !!