Winterwarm uitrustingwenke en “outerwear” op ons wenslysie

Dit is ysig daarbuite en ons weet nie van julle nie maar ons wil eintlik net in die bed bly en ons japonne aantrek in hierdie weer. Modekeuses waanneer dit so koud is hoef nie net vir gemak en warmte te wees nie, (hier praat ons ook met onsself), jy kan steeds warm voel EN modieus lyk. Hier is ons beste winterwarm uitrustingwenke om steeds stylvol te lyk en nie asof jy ’n wandelende slaapsak is nie.

Deur Justine Kroes en Suzanne Kotze

12/07/2024

Pofjasse

Pofjasse bly nou maar eenvoudig die warmste opsie op ysige wintersdae, hier is ’n paar pofjas-wenke om in gedagte te hou:

Pasop vir ’n pofjas wat eindig op die grootste gedeelte van jou bobeen of heup of boud, dit plaas dadelik die fokus op hierdie area wat ’n mens eerder wil vermy – kies dan eerder ’n langer styl, of een wat ’n bietjie korter is.

Forever New Portia Longline Quilted Puffer Jacket (R2 099)

Kies ’n pofbaadjie of jas wat ’n gordel/toutjies om die middel het, of selfs net ’n baadjie met ’n middel wat ingeneem is, dit is meer vleiend en balanseer dadelik jou proporsies.

Forever New Ariana Belted Puffer Jacket (R2 099)

As jy graag vorm en definisie wil gee aan jou vormlose pofjas, dra ’n moonbag oor jou baadjie om dit meer struktuur te gee. Jy kan dit oor jou lyf laat kruis of om jou middel vasmaak.

Kies ’n pofjas met diagonale/skuins lyne. Diagonale lyne is vleiende, verslankende lyne. As jy dink aan gewone pofjasse se horisontale, reguit lyne, is dit dalk nie vir almal so vleiend nie

En die heel belangrikste reël met pofjasse – indien jy graag pofjasse dra van welbekende outdoor brands, hou dit vir outdoor!

Zara Water and Wind Protection Cropped Puffer Anorak (R1 299)
Zara Heart Puffer Jacket (R899)
Mango Water Repellent Feather Coat (R4 699)

Reënbaadjies

Kapenaars – Na ’n handvol sambrele wat danksy die Kaapse wind gebreek het, is ’n goeie waterdigte reënjas is al wat vir jou in hierdie stormagtige weer droog gaan hou!

Kies ’n reënjas met ’n kappie (ingeval jou hare soos Justine s’n maklik kroes “mince” in reënweer!).

Batela Lanzarote Jacket Women’s C3075 (R3 535)

Kies ’n reënjas wat waterdig en windbestand is en jou werklik droog sal hou, anders kan jy netsowel jou warm woljas dra!

Net omdat dit ’n praktiese kopie is, beteken dit nie noodwendig dat dit ’n vervelige kopie moet wees nie. Kies ’n kleur, patroon en styl wat by jou stylpersoonlikheid sal pas.

Batela Medulas Jacket Women’s C3092 (R3 790)

Onthou om die verskil uit te ken tussen waterproof en water-resistant reënbaadjies. Waterproof baadjies is waterbestand wat beteken dat dit geen water sal deurlaat nie. Water-resistant beteken dit sal water afweer maar is nie noodwendig waterdig nie.

Kyk net na hierdie pragtige reënbaadjie-opsies:

Duck Apparel Limited Edition Leopard Raincoat (R1 999)
Batela Capra Jacket Women’s C3200 (R3 790)
Duck Apparel Limited Edition Safari Leopard Raincoat

Hoede, musse en berets

Beret

’n Beret is ’n maklike manier om sjiek te lyk. Hierdie winter is daar ’n magdom beskikbaar, kies gerus een met ekstra versierings, soos pêrels of stene om jou effens meer glansryk te laat voel. ’n Pofjas en stewels kan doen met ’n tikkie ekstra glans.

Poetry Ella Bejewelled Beret (R349)
Takealot Winter Pearl Beret Hat For Women (R210)

Fedora

Nog ’n hoedstyl wat jy gerus kan probeer is die fedora, wat danksy Beyoncé se “Texas Hold Em”, weer ’n groot oomblik beleef. En dit hou dalk net van die reën uit jou oë ook uit.

Poetry Kayla Fedora (R399)
Old Khaki Women’s Tricia Fedora Hat (R399)
Poetry Aisha Fedora (R479)

Musse

As dit by gebreide musse kom, kies een wat effens lospassend en oorgroot is, so keer jy platgedrukte ‘hoedhare’ as jy jou mus afhaal.

Old Khaki Women’s Biance Pom-Pom Beanie (R249)
Zara Knit Beanie (R399)
H&M Rib Knit Hat White (R279)

Oorgroot serpe

Oorgroot serpe is sekerlik een van ons gunsteling trends op die oomblik. En onthou as jy effens meer gewig om jou bolyf dra, of groter borste het, kan jy gerus die serpe net laat afhang. Die lang lyne laat jou langer en slanker lyk.

Zara Fringed Scarf (R399)

Oorgroot serpe is ook ’n maklike manier om kleure of patrone by jou uitrusting te sit.

Ateljee Lined Grid Wrap Lilac Grey (R395)

’n Serp kan ’n pragtige eenheid bring in ’n uitrusting. Moenie bang wees om verskillende patrone en teksture saam te dra nie en gebruik serpe om interessantheid en verskeidenheid in jou winterklerekas te bring.

The Box Fashion Astro Fringed Scarf (R425)
Trenery Wool Windowpane Check Scarf (R1599)
Old Khaki Women’s Vishka Multi Pattern Scarf (R399)

Moet nie van bykomstighede vergeet nie

Moenie van jou bykomstighede vergeet nie, net omdat dit koud is en jy nie jou nek wys nie, beteken dit nie jy moet geen bykomstighede dra nie.

Dra ’n polonektrui met ’n hangertjie wat bo-oor die trui hang. Loer gerus na dit wat jy het en moet nie van jou hele juweelversameling vergeet nie.

Foto: Pinterest

Ons maak gereeld die fout om net in somer ons mooi juwele te dra, gaan pak gerus ‘n slag jou juwele uit en dra dit by jou wintersuitrustings. O ja, en moet nie van jou borsspelde vergeet nie, perfek om daardie serp in plek te hou en gee ‘n ekstra tikkie luuksheid aan jou wintersuitrusting.

Foto: Pinterest
Foto: Pinterest

Bykomstighede soos gordels kan jy selfs bo oor jou jas of pofjas dra – ons hou van hierdie stileertruuk, dit skep ’n luukse voorkoms en beklemtoon boonop jou middel.

Foto: Pinterest

Balanseer proporsies

Hoewel dit tans ’n groot trend is om “oversized” styl klere te dra, is dit feitlik vir niemand vleiend om ’n los baadjie, hemp en broek saam te dra nie, dit sal jou eenvoudig groter laat lyk. Meng eerder groot en klein. Onthou oorgroot proporsies soos lospassende jasse lyk beter as jy dit met ’n nouer broek dra om steeds vorm en balans aan jou lyf te gee. Wees versigtig om byvoorbeeld Uggs, wyepypbroeke en ’n groot pofjas almal saam te stileer.

Foto: Pinterest

Moenie dat al jou baie lae teen jou tel nie, vermy dit om dik en bonkige items op die verkeerde deel van jou liggaam te dra. Groter borste? Vermy ’n groot serp op die area.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Eko-vriendelike modekeuses, hier is raad
error: Content is protected !!