Die nuwe kragpak; Mia Spies se “power suit” wenke

Dit is geen geheim dat ’n mooi pak vir enige vrou ’n goeie inspuiting van selfvertroue en mag kan gee nie. Joernalis en aanbieder Mia Spies is bekend vir haar modieuse keuses van broekpakke oftewel “power suits”. Sy deel 4 wenke waarom ’n broekpak in elke vrou se klerekas hoort, haar resep vir die perfekte pak, plus ons deel 12 pakke nou op ons kooplysie.  Deur Justine Kroes

26/08/2022

Mia Spies; se vier redes waarom ’n broekpak in elke vrou se klerekas hoort:

1. ’n Staatmaker: ’n Broekpak is ’n moet-hê-item vir elke vrou se klerekas. As jy op ’n dag nie weet wat om aan te trek werk toe nie, is ’n swart broekpak gewoonlik die antwoord.

2. Neutraal is ’n goeie begin: ’n Neutrale kleur broekpak is veelsydig, met elke bloes word dit ’n ander uitrusting.

3. Tydloos: ’n Goeie kwaliteit broekpak is ’n belegging omdat dit tydloos is en jare lank kan hou.

4.  Veelsydig: Jy kan die broekpak meng en pas met ander items in jou kas, soos om die baadjie by ’n paar jeans te dra.

Jou liefde vir ’n broekpak, waar het dit onstaan?

Die broekpak het in die tagtigs gewild geraak, wat beteken ek is in die middel van die ‘power suit’-era gebore!

Tydens my grootwordjare het my ma voltyds gewerk en meeste weeksdae ’n broekpak gedra. Dit is vir my ’n simbool van ’n onafhanklike, hardwerkende en stylvolle vrou.

Mia Spies

My ma het my eerste broekpak vir my in 2012 gekoop toe ek ná my joernalistieke studies ’n internskap by ’n nuuskantoor gedoen het. Toe ek daardie eerste dag in my vlootblou Zara-broekpak by die nuuskantoor instap het dit vir my gevoel of ek ‘gearriveer’ het.

Hoe laat ’n pak jou voel?

As ek ’n broekpak aan het, voel ek gemaklik en selfversekerd.

Ek is nie een vir patrone, frilletjies of valletjies nie, dus trek die eenvoud en struktuur van ’n broekpak my aan.

Dit simboliseer ook vir my geslagsgelykheid veral in ’n nuuskantoor. In die TV-nuus stereotipe sit die manlike nuusleser netjies ge-‘suit and tie’ en die vrou in ’n noupassende rokkie. Dit is vir my baie gemakliker om in ’n broekpak op TV te dra: Ek kan fokus op die inhoud van die nuus eerder as om te karring aan ’n rok wat opkruip of ’n bloes wat oopskuif.

Mia Spies

Voel jy meer gemaklik in ’n rok of ’n pak?

Beslis ’n pak! As ons my uitrustings kies vir Wie’s Nuus kies, weet die span al ek gryp eerste na ’n broekpak.

Jou resep vir die perfekte pak?

  • Die perfekte broekpak is gemaklik, maar goed gestruktureerd.
  • Dit is ’n enkele kleur, verkieslik ’n edelsteenkleur (jeweltone) soos koningsblou, of smaraggroen.
  • Die baadjie is nie te styf dat dit trek om my skouers nie; maar ook nie te los “oversize” dat dit onnet lyk nie. 
  • Die broek kom tot bo by my middel en die broekspype is nie te kort nie sodat ek hakskoene kan dra.

Swart pak of helder pak?

’n Swart pak is tydloos, elegant en veelsydig. Jy kan dit ook meer gereeld dra en wegkom daarmee deur dit met verskillende toppies, skoene of bykomstighede te stileer.

Broekpak by T-hemp en tekkies, ja of nee?

Beslis! Dit is my gunsteling TV-‘look‘ op die oomblik. Die perfekte voorbeeld van “smart casual

Die power suit wat jy graag nog wil dra?

Ek het broekpakke in bykans alle kleure, behalwe wit. Ek het ‘n spierwit ‘power suit’ vir my troue oorweeg, maar toe op die ou end maar op ’n rok besluit. Ek sal graag eendag ’n spierwit broekpak wil dra na ’n funksie toe, dis ‘very Michelle Obama.’

“Wie’s Nuus?”

Volg Mia se nuwe program “Wie’s Nuus” Donderdae om 21:00 op kykNET, kanaal 144 op DStv. Volg vir Mia op Facebook om op hoogte te bly van nuus-sake.

12 Pakke nou op ons kooplysie:

Zara Satin Blazer With Tie Detail (R1699) Satin Wide Legged Pants (R1 099)
Foschini Double Breasted Blazer (R659) Tapered High Waist Pants (R459)
Me & B The Cobalt lined Blazer (R899) Cobalt 70’s Flared Suit Pant (R599)
Muze Boyfriend Blazer in Bombay Brown (R1590) Muze Cigar Pants (R1350)
Mr Price Oakridge Formal Double Breasted Blazer (R349,99) Tapered pants (R229,99)
Me & B Linen Check Lined Blazer (R899) Ostrich Elasticated Feather Pant in Linen Check (R899)
Forever New Nylah High Waisted Wide Leg Pants (R999) Daisy Double Breasted Belted Blazer (R1 499)
Cotton On Oversized Blazer (R999) Eden Wide Leg Pants (R799)
Woolworths Unlined Single Button Blazer (R699) Regular Fit Slim Leg Pants (R549)
Witchery Yarn Dye Linen Single Breasted Blazer (R2 799) Linen Belted Trouser (R1 799)
Zara Trousers with Lined Belt (R799) Tailored Blazer (R1 299)
Cotton On Oversized Blazer (R999) Eden Wide Leg Pants (R799)
Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Swembroek-kies wenke, hou dit in gedagte
error: Content is protected !!