Dink aan groen dekor as jou nuwe ‘neutrale’ skakering. Vanaf ’n aksentmuur tot meubels en kleiner groen dekorelemente, hierdie kalm kleur het glo ook ’n positiewe uitwerking op ons psige. Deur Suzanne Kotzé
18/03/2022
Groen dekor
Sielkundige Dr. Hannetjie van Zyl-Edeling verduidelik dat daar sekere algemene kleur-assosiasies wat in ons kultuur gemaak word. As dit by groen kom is die kleur assosiasies:
- hernuwing,
- oopheid,
- vrede, vreedsaamheid en
- welvaart
Geen wonder groen word as een van 2022 se mees gewilde kleure bestempel nie. Kyk jy in die winkels is daar ’n magdom groen dekoritems beskikbaar.
Ons liefde vir groen word glo terugverwys na die oertyd toe groen gedui het op ’n oorvloed plante en water en dat basiese behoeftes vervul was.”
Groen aksentmure
Kies só jou aksentmuur
“Die mure wat die meeste raakgesien word in jou huis, is goeie keuses vir aksentmure. Soos ’n mens inkom by my huis, is die trap aan die linkerkant en juis daarom het ek gekies om hierdie muur groen te verf. Dit maak ’n sterk stelling,” vertel Eben Barnard, wat self binneshuise versiering ondervinding het en eienaar van die mooi huis in Tuine, Kaapstad is.
“Kies ook mure sonder hoeke en deure; dit vergemaklik die verfproses,” sê Eben.
Kies jou verfkleur so
“Die heel beste raad wat ek ontvang het om ’n verfkleur te kies is:
‘Kies die kleur waarvan jy hou en kies dan die een net langs dit, die ligter kleur as jou toetsverf.”
Eben Barnard
Verf raak altyd donkerder as dit droog is, daarom is dit beter om die ligter skakering te kies,” sê Eben.
Onthou, moet nooit, ooit ’n kleur kies net op grond van hoe dit lyk op die toetsstrokies of foto’s nie, want die hoeveelheid en kleur lig wat jou op jou muur val kan dit heeltemal anders laat lyk as op jou vriendin se muur.
Eben se verfkleur is Plascon se Night Whisper.
Loer gerus hier na Eben se huis op Airbnb
Afdrukke vir jou muur
Jy kan ook subtiele groen met muurkuns inbring. Eben het hierdie afdrukke by Etsy gekoop en die rame is van Mr Price Home
Hier is ’n paar gratis afdrukke wat jy self kan druk of laat druk.
Kiek op die foto’s om in te teken op ons nuusbrief en ontvang dit gratis afdrukke saam met ons nuusbrief teen 28 Maart.
Groen stort
“My badkamer is my ontvlugting na ’n moeilike dag by die werk,” vertel Laura Espey van Kenilworth, Kaapstad. Ek is mal daaroor om in die buitelug of in my tuin te wees, juis daarom het ek groen gekies.
Ek wou graag hê my stort moes soos die mosagtige rotse van ’n waterval lyk. Ek vind groen werklik strelend.
Laura Espey
Ek en my man is altwee gaande oor die smaraggroen teëls in ons stort. Soos in die natuur is die teëls nie perfek nie; elkeen se kleur is effens anders, so dit voel of ek die natuur na binne in my huis gebring het.
Die teëls se naam is Harmony Riad Green 6,5×20 en is by Ceramica gekoop.
Groen dekorkopies
Groen dekor is volop te koop.