Opdienborde; prakties en pragtig

Opdienborde is veel meer as net nog ’n bord waarop jy kos bedien. Pragtige opdienborde verhef of voeg ’n tikkie pret by jou tafel, en kan natuurlik ook in dekor gebruik word vir uitstal. Hier is watter opdienborde nou ín is (en op ons wenslysies is) sowel as ’n paar handige kies-en-stoorwenke. Deur Suzanne Kotzé

Hierdie style opdienborde is verál in

Kyk, ’n mens koop nou nie net ’n opdienbord omdat dit ín is nie. Jy moet werklik daarvan hou en dit moet natuurlik ook by jou styl pas.

Opdienborde met rand-detail

Op die oomblik is daar ’n groot fokus op detail. Geskulpte rande (veral sagte, golwende of kantagtige rande)  is een van die grootste trends wat ’n romantiese, outydse gevoel aan moderne tafels gee. Ontwerpers omarm hierdie nostalgiese voorkoms omdat die dekoratiewe rand sigbaar bly selfs wanneer die bord vol is. Die effense randjie keer ook dat sous uitloop.

Jamie Oliver Big Love Stoneware Pass Me Platter, 35cm (R599, Yuppiechef)
Le Creuset Ruffle Platter Shallot 36cm (R1 899, Bash)

Handgeverfde/motief opdienborde

’n Prettige trend is handgeverfde en motief-opdienborde. Dink aan groente; soos suurlemoene en tamaties, kruie of seelewe-ontwerpe. Opdienborde wat amper soos kunswerke voel. Hierdie speelse ontwerpe voeg kleur en persoonlikheid by, en is perfek vir Mediterreense styl of buitelug-onthaal.

Mervyn Gers Crayfish Oval Stoneware Serving Plate, 30cm (R749, Yuppiechef)
Small Cabbage Platter & Scalloped Oval Deep Platter (R595-R1 250 Pret-a Pot)
Heirloom Tomato Small flutter oval platter (R499, Poetry)
H&M Large motif-detail serving plate – pink/fruits (R299, Superbalist)
Urchin Art Lobster platter (R799, Supebalist)

Kunssinnige keramiek

Dink aan onvolmaakte vorms (dalk effens skeef of krom so asof dit net so uit die potterbakkersoond uit gekom het) en organiese afwerkings in sagte kleure of handgeglasuurde teksture.

Round Marble Platter Natural (R619, Superbalist)
Aster Platter (R799, Coricraft)
Mervyn Gers Glazed Stoneware Oval Serving Platter, 46cm (R1 599, Yuppiechef)

Kies só die regte opdienbord

As jy ’n mininalistiese  styl het en neutrale kleure verkies, kies ’n kunssinige keramiek-tipe opdienbord. So kan jy steeds in jou neutrale palet bly, maar met ’n interessante vorm of afwerking. Marmer tipe style werk ook goed.

Waag met kleure. Jy is dalk huiwerig om ’n bordestel te koop wat helder of pastel is, maar jou opdienbord kan gerus kleurvol wees. Dink ook aan die tipe kos wat jy hierop wil bedien. (’n Groen en rooi slaai staan byvoorbeeld mooi uit teen ’n turkoois opdienbord.)

  • Geskulpte opdienborde lyk elegant vir spesiale kuiergaste.
  • Geverfde of opdienborde met patrone op gee persoonlikheid en skep ’n visuele impak.
  • Hout of erdeware is prakties en veelsydig vir elke dag.

Stoorwenke

Bêre regop

Opdienborde kan bonkig wees, bêre dit regop met verdelers om spasie te bespaar.

Kitchen Pro Tidy Kitchen Organiser (R299, Yuppiechef)

Beskerm

Plaas lap (soos ’n afdroogdoek) of silikoonmatjies (soos jou bakmatjies) tussen gestapelde opdienborde om te keer dat dit seerkry.

Stal uit

Stal gerus van jou mooi borde uit. Hetsy dit op die tafel met ’n potjie blomme en ander mooi goedjies op, of selfs op jou spieëltafel.

Hou jou elkedagse opdienbord binne bereik

Hou jou elkedag-opdienborde binne bereik, sodat jy nie ander borde hoef op te lig en stapel nie. (en so verminder jy ook die breek-kans.)

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Spasie inspirasie: pienk, prettige Pineapple House Boetiek Hotel
error: Content is protected !!