Watter lekker vakansie gevoel skep ’n see-inspirasie tafel nie! Of jy nou by die see is (of jouself verbeel jy is daar) maak tafeldek pret en laat jou gaste ekstra welkom en in die vakansieluim voel met hierdie mooi tafeldek-idees en kopies. Deur Suzanne Kotzé
Mediterreense kus see-inspirasie
Van geskribbelde tafeldoeke (gebruik ongedrukte koerantpapier en teken daarop, of ongedrukte linne en verf met materiaalverf), tot strepe en patrone. Verbeel jouself jy is by ’n familie-restaurant in ’n klein Italiaanse kusdorpie, maar met Suid-Afrikiaanse braaivleis of vars vis.
Foto’s Pinterest
Meng en pas patrone met prettige see-elemnte. As jy sukkel met kleur en patrone meng, onthou kies een kleur, wat jy minstens twee keer herhaal.