Swembroeke vir die uurglas-figuur

As jy ‘n uurglas-figuur of X lyfvorm is het is jou liggaamskenmerke meestal so; jy is dieselfde grootte bo en onder. jy het ’n goed gedefinieerde middellyf; jou kurwes lyk vleiend op al die regte plekke; jou skouers en heupe is in verhouding met mekaar. Hier is wenke en swembroek opsies vir jou:

Die doelwit vir die uurglas-figuur

Jy lyk fantasties in byna enige swembroek, die belangrikste om te onthou – hou jou borste in proporsie met jou heupe.

Kies jou swebroeke so:

  • Swembroeke met valletjies, versierings of plooie onder lyk die beste as daar soortgelyke versierings aan die bokant ook is.
  • Eenstuk swembroek wat oorvou rondom die middel of met ’n band ontwerp rondom jou middel sal verder jou uurglas-figuur beklemtoon.
  • Eenvoudige broekies wat reguit oor jou heupe gesny is, lyk fantasies by eenvoudige bo-stukke.
  • Paar eenvoudige broekies met eenvoudige bo-stukke en dieselfde vir versierings en plooie – hou dit eenders bo en onder.
  • Hou die kleurskakerings en patrone om jou borste en heupe ook dieselfde.

Voorbeelde hier:

Teken in op ons nuusbrief en word deel van die binnekring.

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Sjiek pajamadag – dit het jy nodig
error: Content is protected !!