Dit is partykeer moeilik om te vermy dat jou kind se kamer lyk asof daar ’n eenhoorn (unicorn) ontplof het met pienk en pers oraloor (dogtertjie mammas sal weet!). Of voel asof jy in ‘n Minecraft of Roblox tekenprent instap, nê seuntjie mammas? Moet nie bekommer nie, ons het die mees stylvolste beddegoed vir jou kinders se kamer gevind, van neutrale patrone en skakerings tot ontwerpe vir beide dogtertjie en seuntjie kamers.
Stylvolle beddegoed met ’n tikkie verskil! Saamgestel deur Justine Kroes
17/04/2025
Beddegoed wenke vir jou kind se kamer
Kies natuurlike materiale
Sintetiese materiale is geneig om warmer te voel omdat die materiaal nie lugregulerend is nie. Hierdie tipe materiaal kan ’n warm, sweterige, ongemaklike of slegte nag se slaap veroorsaak.
Kies eerder natuurlike materiale soos katoen of linne wat vog beter absorbeer en lug deurlaat. Hierdie materiale is ook meer termoregulerend wat beteken dit hou jou koel in die somer en warm in die winter.
Sluit jou kind by die besluitnemingsproses in
Hier moet sommige mammas slim werk, anders sal daar allerhande neonhelder tekenprente op jou kind se beddegoed pronk. Sluit jou jonger kind by die besluitnemingsproses in en skep dalk vooraf ’n Pinterestbord vir inspirasie. Hierdie help ook om ’n idee of tema te vind waarvan julle albei hou.
Kies veelsydige ontwerp bedlinne
Dit raak partykeer ’n duur uitstappie om ’n klompie verskillende ontwerpe beddegoed byderhand te hê. Kies bedlinne en oortreksels met twee verskillende ontwerpe aan elke kant om die spasie elke nou en dan te verander.
Phlo studio se slim (en stylvolle) ontwerpe is goed deurdink en so veelsydig. Veral vir wanneer jy of jou kind graag lus is vir ’n tikkie verandering – draai eenvoudig jou duvet oortrekstel om.
Strooikussings maak ’n reuse verskil
Ons is elke slag so verbaas hoe ’n nederige item soos ’n strooikussing die gevoel van ’n spasie kan verander. Dit is ’n slim manier om ’n klein tikkie tekstuur of kleur by die spasie te voeg sonder om groot veranderinge te maak.
Kyk net al die oulike ontwerpe:

Neutrale kinderkamers
Neutrale skakering kinderbeddegoed is veral gepas vir kinderkamers wat ook ’n dubbeldoel moet dien as ’n spaarkamer wanneer gaste oorslaap. Neutrale bedlinne in moderne en prettige ontwerpe:
Dogtertjie kamers
Kyk net al die mooi ontwerpe vir ’n dogtertjie kamer:
Seuntjiekamers
Stylvol en steeds hope vol pret met hierdie oulike ontwerpe vir seuntjiekamers (of dogtertjies wat ook van dinosourusse en die buitenste ruimte hou!)
