Daar is elke jaar ’n oorheersende dekor Kerstrend wat al die dekorliefhebbers behoorlik opgewonde het. Verlede jaar was neonskakerings en discoballe die gewilde Kers-dekorkeuses, vanjaar is almal strikverskrik. Dink aan strikke oral, aan jou Kersboom, vasgebind om jou wynglas tot strikkranse aan jou voordeur. Loer hier na ’n klompie gunsteling Kers-dekorinspirasie-idees vir jou eie striktastiese kersfees!
Deur Justine Kroes
Kersboominpirasie
Vir ’n moderne Kersboom, verruil vanjaar jou ou versierings en ornamente vir strikke.
Besluit op ’n kleurskema vir jou strikke, helder en bont gemeng? Of minimalities monokroom, al die strikke in een skakering.
Oorweeg dan die hoeveelheid strikke wat jy aan jou Kersboom wil hang, propvol en op mekaar? Of dalk ’n “minder is meer” benadering tot strikke op jou Kersboom
Besluit dan hoe groot jy die strikke wil maak, klein of groot, of dalk verskillende groottes bymekaar.
Indien die kleiner strikke nie vir jou is nie, hou die res van jou boom skoon (geen versierings) en plaas een reuse strik aan die bokant van jou boom. Klik hier vir doen-dit-self idees om jou eie oorgroot strik te maak.
Hier is nog ’n idee met tulle:
As jy nie kans sien vir die doen-dit-self strikke Kersboom nie, loer hier vir strikdekor wat reeds gereed is om dadelik jou Kersboom te versier.
Dekor vir jou huis
Die doen-dit-self strikkrans het Instagram en Tik-Tok behoorlik aan die gons. Maak jou eie strikkrans, en nee dit is nie moeilik nie. Gebruik haarstrikke in skakerings van jou keuse en gom hul eenvoudig aanmekaar vas. Hang jou strikkrans bo jou kerstafel of voor jou kaggel.
Klik hier vir ’n stap vir stap video.
Loer hier na ’n klompie strik-krans inspirasiefotos:
Kerstafel-inspirasie
Jy kan natuurlik op enige skakering besluit (ons probeer gewoonlik om te werk met wat ons reeds het). Hoewel ons gunsteling kleurkombinasie op die oomblik pienk en rooi saam gestileer is. Kyk net hoe feestelik lyk hierdie kleurkombinasie:
Die allermooiste wynrooi en vuilpienk tafeldoek van Cara Saven Décor. Kombineer die streep tafeldoek met bypassende servette.
Strikke om servette: Vergeet van servetringe, bind eenvoudig ’n strik om jou servette om elk op hul plek te hou. Kyk net hoe mooi:
Strikke om wyn- en sjampanjeglase
Om die strikdekor ’n stappie verder te neem, gebruik linte om strikke om elk van jou wyn- of sjampanjeglase te bind.
Naam-idees:
Gebruik ’n ligte kleur lint en skryf elke gas se naam op ’n lint en bind om jou glas – so verloor niemand hul glas nie.
Gebruik strik-geskenketikette (tags) as naamkaartjies vir elke gas om aan te dui waar hul aan tafel sit. Kyk hoe mooi is hierdie striketikette van Poetry:
Strikke rondom kerse
Vir ’n ekstra dramatiese effek dek jou tafel met ’n hele klomp kerse met strikke uit lint aan die onderpunt vasgesbind.
Inspirasie en idees vir jou voordeur:
Verwelkom jou naastes met ’n reuse strik aan jou voordeur. Loer hier hoe dit gedoen word:
Versier vanjaar jou Kerskrans met strikke, ons gunsteling is natuurlik die verskillende skakerings so saam. Besluit of jy van ’n klomp verskillende groottes strikke op jou kerskrans hou, of eerder net twee tot drie strikke.
Sukkel jy om daardie perfekte strik te vou?
Loer na die maklike stap-vir-stap hier: