Oordadige maksimalistiese dekor; die teenreaksie op minimalisme

Maksimalistiese dekor stuur botsende kleurvolle golwe die stille, minimalistiese, dekor- oseaan in. Oorvloedige kleure, patrone en tekstuur kan ’n unieke, energieke, goedvoel-atmosfeer in jou huis skep. Hier is ’n paar wenke en idees oor hoe jy maksimalistiese dekor in jou huis kan gebruik. Deur Suzanne Kotzé

Meer oor maksimalistiese dekor

Maksimalisme gaan alles oor selfuitdrukking en persoonlike smaak. Wat maak jou gelukkig? Van kleure tot patrone en kuns. So twee jaar terug het ons dit dopamiene dekor genoem en nou is dit hier in ’n ‘maksimalistiese’ gedaante.

Nog ‘n soortgelyke trend of ‘cluttercore’, wat veral op Tiktok bekend is, waar #cluttercore meer as 90miljoen keer genoem word. Maksimalisme is egter meer deurdag en ‘curated’, terwyl cluttercore jou aanmoedig om soveel as moontlik goed te kry waarvan jy hou en dit uit te stal.

Stylvol-vriendin en dekorstylis Vicki Sleet oor haar liefde vir meer-is-meer

“My liefde vir dekor en ‘goeters’ kom al van jongs af. Ek het van kleins af my kamer en ons huis rondgeskuif. As student gedurende die negentigs, was ek mal oor blou en wit. Ek het selfs my meubels ligblou geverf en my eie chambray blou en wit strepe kussings gemaak. Ek het vele klasse gebank om eerder in die dekorwinkel Milieu, in Stellenbosch, uit te hang.

My liefde vir ‘baie’ en ‘meer’ is ’n weerspieëling van my persoonlikheid en belangstellings. Tipies van iemand met AAS (aandagafleibaarheid-sindroom of ADD in Engels) dink ek aan ’n miljoen goed terseldertyd. So om meer goed te hê wat tot my spreek maak net sin. Die geheim is natuurlik om op te hou, voordat jou huis soos ’n pantjieswinkel lyk. Ek moet so nou en terugstaan en mooi kyk of dinge nie chaoties begin lyk nie.”

Stylvol se maksimalistiese dekor of ‘cluttercore’ wenke

Onthou daar is geen vaste reëls nie, hier is bloot ’n paar riglyne.

1. Begin met ’n neutrale basis

Net omdat jy die maksimalistiese styl wil omhels, beteken nie jy hoef oorboord te gaan en al jou mure bont te verf en al jou banke in kleur te koop nie. Alhoewel gekleurde banke natuurlik mooi kan lyk. Dit is die maklikste om eers jou mure, vloere en groot meubels neutraal te hou.

2. Meng patrone

Foto: Instagram

Moenie bang wees om verskillende patrone te meng nie. ’n Maklike manier om patrone te meng, is om seker te maak daar is minstens een ooreenstemmende kleur in al die patrone. Begin met strooikussings op jou bank. Moenie skaam wees om kussings op sig te neem en rond te speel met die patrone nie, en dan die wat nie werk nie, terug te neem nie. En byvoorbeeld ’n kombersie met ’n patroon oor een armleuning te drapeer.

3. Kleur, kleur en nogmaals kleur

Kleur is een van die hoofkenmerke van maksimalistiese dekor. Moenie bang wees om komplimentêre en ook teenoorgestelde kleure saam te gebruik nie. Kyk gerus na die kleurwiel en kies kleure wat teenoor mekaar lê. Dit hoef ook nie noodwendig helder kleure te wees nie.

Onthou jy hoef nie noodwendig groot items in kleur te kies nie. Verf ou rame helder, strooikussings, blompotte en kerse en kersstaanders in verskillende kleure kan alles wonderlike spatsels kleur inbring.

Vicki vertel hoe sy kleur patrone meng

“Begin met een kleur wat jy deurtrek. In my leefarea is blou die kleur wat ek deurtrek. Ek het blou gekies omdat ons uitkyk op die see. My banke is soliede blou (een helder blou fluweel en een meer van ’n medium blou.) Ek het twee leunstoele wat ek in ’n bont blou met oranje koord oorgetrek het. My ander kleurspatsels is pienk, geel en turkoois.

Die geheim is om soliede kleur te hê wat die vertrek anker, as daar net patrone oral is kan dit maklik chaoties begin lyk.”

4. Gallerymuur

Nog ’n manier om interessante kleure en patrone in te bring, is deur ’n gallery muur te skep. Meng en pas verskillende kunsstukke, foto’s en selfs slagspreuke.

Kyk gerus hier vir raad oor hoe om prente te hang.

5. Kies een fokuspunt

Hetsy dit ’n helder bank, of ’n neutrale bank met baie kussings en dalk ’n stoel is wat ’n stelling maak. Of een groot kunswerk in kleur en patroon. Of een muur wat in ’n kleur geverf is.

6. Stal uit

Pak ’n slag jou kaste uit en kyk na al die blompotte, beeldjies, kershouers en selfs boeke wat jy het. Jy sal verbaas wees oor hoeveel goed jy dalk reeds het, wat jy dalk weggebêre het. Dit is tyd om dit weer met trots te vertoon, solank dit intensioneel is, en nie net al jou goed is nie. Kyk na interessante items in dieselfde kleurfamilie of teenoorgesteldes. Onthou as dit by uitstal kom, werk ongelyke getalle gewoonlik beter.

Kerse en kerstaanders is ‘n maklike manier om kleur in te bring. Foto: Instagram: Annaninanl

Een van my gunsteling goed wat ek raakgelees het oor maksimalistiese dekor is: “It’s time to make healthy clutter cool again.” Maksimalitiese dekor word nie verniet ook gluttercore genoem nie.

Vertel ’n wonderlike storie met items wat vir jou sentimentele waarde het, goed wat jy geêrf het, as geskenke gekry het of deur die jare versamel het met reis.

Vicki stel voor dat jy jou goed om ’n skinkbord uitstal. “Jy kan nooit te veel mooi skinkborde hê nie; gebruik dit op jou koffietafel, by jou ingangsportaal en natuurlik in jou kombuis ook. My arme man droom daarvan om ’n minimalis te wees, maar met my liefde vir keramiekdiertjies, kerse en mooi goed, is dit nie moontlik nie.

7. Tekstuur is belangrik

Net soos patrone belangrik is, skep tekstuur ook diepte en rykheid. Kies byvoorbeeld materiaal soos fluweel, blink oppervlakte (soos ’n klein tafeltjie waarop jy goed uitstal) en sagte matte.

8. Skep ’n balans

Foto: Pinterest Decorilla

Dit is belangrik dat maksimalistiese dekor steeds ‘curated’ is. Moenie mal gaan en net alles bymekaar sit en ’n oorvol vertrek skep wat jou onrustig laat voel nie. Daar moet steeds genoeg oop spasie en neutrale kleur wees om die besig en bont te breek.

9. Wees kreatief

Hierdie tipe dekor werk die beste vir mense wat ’n bietjie van ’n kreatiewe streep het, en wat ’n meer individualistiese styl het. Wees avontuurlustig en druk jouself uit om ’n unieke huis te skep waar jy waarlik tuis voel.

As jy huiwerig voel en jouself betwyfel, is hierdie nie vir jou nie. Dit moet amper intuitief wees, soos om stories te vertel met jou dekor.

“Wees DAPPER. Net soos jy, is jou dekorstyl dalk nie vir almal nie, maar hulle hoef nie in jou huis te woon nie.”

Vicki Sleet

10. Jou hele huis hoef nie noodwendig maksimalisties te wees nie

Die styl van julle huis is dalk neutraal, klassiek of minimalisties, maar jy kan altyd een vertrek met maksimalistiese items tooi. ’n Kunshoekie, naaldwerkkamer of tuiskantoor, waar jy die deur kan toetrek en ontsnap en vrye teuels aan jou verbeelding kan gee.

Cerise Umbrella Monkey Cushion (R1895, Block and Chisel)
Tuareg Jungle Scatter Cushion Cover (R750, naturalselectiondecor.co.za
Velvet Cushion | Pink & Gold (R1495, Block and Chisel)
Suzani Tiger Cushion Cove (R600, naturalselctiondecor.co.za)
Textured Pom Pom Scatter Cushion, 50x50cm
(R229.99, Mr Price Home)
Grey Gardens Pluto cushion cover – multi (R499, Superbalist)
H&M 2-Pack cotton cushion covers (Superbalist)
Cushion Cover – Bowls Lemon Slice (R625 – R715, skinnylaminx)
Gluggle Jug (R1490, gluggle.co.za)
Jonathan Adler Mustique Cone Vase (R2550, Skins.co.za)
Paradise Lights (R6800, Arrange Studio)
Charlie Bench Moss Grass Green (R6999, Sofacompany.co.za)
Kian Velvet 2 Seater (R19 999, Poetry)
Grid Glass Side Table (R1999, Poetry)
Behati Velvet Statement Chair (R9999, Poetry)
Alizea Fabric Corner (vanaf R13999, Poetry)
Kai Boucle Statement Chair (R9999, Poetry)
Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
spasie
Wenke vir klein spasies en afskaal
error: Content is protected !!