Of jy nou ’n Desember seevakansie het, of net langs die swembad gaan kuier; hier is oulike strand-en swembadbykomstighede; van prakties tot pret. Deur Suzanne Kotzé
Strand-en swembadbykomstighede: sakke
Oulike waterdigte sakkie vir jou nat swembroek.
Hierdie Saint & Summer wetbags (Hola, St Tropez, Saint Bath en Bonour, R299 elk) se voering is waterdig, ideaal vir jou swembroek. En mooi genoeg om ook as ’n palmtas te gebruik. Verbeel jouself jy is glansryk genoeg om direk vanaf die strand te gaan, jou nat bikini in jou sakkie te gooi en ’n skemerkelkpartytjie by te woon (mens mag maar droom.)
Gaassak
Meshie Large Beach Bag BLACK (R989, Thandana) die gaasmateriaal is wonderlik om sand te laat deurfilter en die deursigtige materiaal maak dit maklik om te sien presies wat en waar alles in die strandsak is. Die handige sleutelhakie maak dat jy nie jou hele sak hoef te deursoek nie, en die oulike toeritssakkie is ideaal vir jou sonskerm en foon. Beskikbaar in verskeie kleure.
Toetreksak
Hierdie oulike toetrek sak is wonderlik vir ouers van kleiner kinders. Moove Beach Bag | Retro Stripes & Orange Shells (R1500, The Local Edit)
Koelsakke
Onthou, met alle koelsakke is dit beter om eerder yspakke te gebruik as ysblokkies, aangesien die ys sal smelt en dan sit jy met ’n sak vol water. En die meeste sakke sal lek as dit vol water is. Onthou ook om jou sak om te dop na jou uitstappie sodat dit behoorlik kan droog word.



Stoele en sambrele

Hierdie swembadkussings is wonderlik, want dit blaas nie af nie (dit is gevul met foamalite balletjies) en dit dryf op die water of jy kan hulle langs die swembad gebruik vir lê. Hierdie stoele is nou al ’n jaar oud en het effens verbleik aangesien hulle heeltyd buite was.



Sonskuilings





Speletjies
Strandtennis


Opblaasspeelgoed
Onthou om opblaasspeelgoed uit die swembad te haal; die chloor en son verkort die leeftyd drasties.


Foefieslide
Ons het twee jaar gelede hierdie gekoop en dit sorg vir ure se vermaak vir ons kinders en hul vriende. Dit is oor ons swembad gespan.

Tuinslangpret


Tech

