6 Wenke vir die bou van ’n buite-onthaalarea – argitekte gee raad

Droom jy daarvan om ’n mooi buitekuier onthaalarea te skep maar weet nie eintlik waar om te begin nie? Ons het die vrawerk vir jou gedoen – kundige argitekte van Kraft Architects deel hul kennis – dit is wat jy in gedagte moet hou wanneer jy beplan om ‘n buite-onthaalarea te bou.

Saamgestel deur Justine Kroes

13 Januarie 2023

1. Het jy planne nodig om ’n buite-onthaalarea te bou?

Die kenners by Kraft Architects verduidelik: Dit sal afhang of jou bouwerk gekategoriseer word as “minor works” of nie. Die meeste munisipaliteite vereis dat jy nie planne benodig of hoef in te dien as jou bouwerk as “minor works” beskou word nie. Dit is wel belangrik om op te let dat jy jou plaaslike munisipaliteit in kennis moet stel as daar enige bouwerk op jou perseel plaasvind.

Foto: Kraft Architects

Wat is “minor works?”

Die meeste munisipaliteite beskou “minor works” as bouwerk onder 40 vierkante meter.

Enige struktuur of bouwerk hoër as 3 meter word nie beskou as “minor works” nie en benodig formele planne wat ingedien moet word vir goedkeuring.

Jy benodig ook nie planne vir enige mure wat 1.8 meter en laer is nie. Hierdie word beskou as “landscaping” mure.

Hou in gedagte – ’n muur bly steeds ’n struktuur daarom is dit belangrik om jou plaaslike munisipaliteit in kennis te stel hiervan.

As jy ’n dak benodig sal jou munisipaliteit heel moontlik planne hiervoor vereis.

Foto: Kraft Architects

Onthou ook om nie buite die boulyn te bou nie. Indien jy beplan om buite die boulyn te bou dan benodig jy goedgekeurde planne boonop sal jy ook aansoek moet doen vir verslapping van jou plaaslike munisipaliteit om buite die boulyn te bou.

Elke erf het ’n boubeperking op ’n vasgestelde area en sal duidelik aangedui word op jou soneringsertifikaat of die titelakte van jou perseel. As jy jou mure of boma byvoorbeeld oor ’n gaslyn of serwituut bou sonder toestemming, kan dit moontlik in die toekoms groot probleme veroorsaak.

Enige vrystaande muur hoër as 2.1 meter in hoogte moet deur ’n ingenieur afgeteken word.

Hou ingedagte dat elke munisipaliteit se “bylaws” (munisipale regulasies) verskil – ‘n soektog na Kaapstad se “minor works” regulasies dui op die volgende, klik hier.

2. Watter tipe hout werk die beste vir ’n buite-area?

’n Harde hout word sterk aanbeveel, die Suid-Afrikaanse son is hard op enige houtwerk. In die meeste areas wissel die klimaat van baie warm na baie koud en so ook van baie nat tot baie droog. Dus sal die hout op tye meer swel en ander tye uitdroog wat natuurlik nie goed is vir die hout nie. Dit is moeilik om die korrekte hout vir jou buite-area voor te stel omdat dit sal afhang waar in Suid-Afrika jy geleё is. Kuslangs hou hout gewoonlik langer omdat daar ’n konstante hoeveelheid vog in die lug is.

Foto: Kraft Architects

Hier is ’n paar opsies wat jy in gedagte kan hou:

Enige sagte hout sal vinnig verouder deur die elemente – kies dus ’n harde hout soos Garapa hout. Dit is ’n gewilde keuse vir die Suid-Afrikaanse klimaat. Die hout bly dimensioneel stabiel en buig, warp en kraak nie maklik nie, maar dit word steeds grys. Hou ook in gedagte alle hout word grys as jy dit nie jaarliks in stand hou nie. Daar is tans ’n gewilde neiging tot die grys afgewerkde hout wat al hoe meer gewild raak.

Lunawood is nog ’n opsie – dit is ’n termo-behandelde dennehout, veral gewild vir gebruik op buitemuurse “cladding” en pergolas. n Skandinawiese dennehout waar al die vog word uit die hout verwerk en maak dit nog ligter (veral goed vir bouredes). Die hout self lyk ook ligter, dit bied die opsie om die hout ’n skakering van jou keuse te vlek. Loer hier na voorbeelde van Lunawood.

Foto: Kraft Architects

Die derde opsie is “composite wood” ’n tipe plastiek wat soos hout lyk – dit hou beter as hout maar is wel ’n duurder opsie.

3. Hou dit in gedagte as jy ’n vuurput of boma bou

Dink mooi oor jou vuurput of boma se ligging;

Die ligging van ’n vuurput of boma sal verskil van persoon tot persoon. Party verkies om hul buitebraai- area en boma-area bymekaar te ontwerp. As argitekte verkies ons dit om die twee areas te skei, dit hoef ook nie ver van mekaar af te wees nie. Elkeen word gewoonlik gebruik vir ’n ander okkasie of geleentheid. Elke huis se spasie verskil, dus sal die uitleg en persoonlike voorkeure hier ’n rol speel.

Slim ontwerp;

Dink aan die ontwerp van jou toonbanke. Jy kan ’n uitgekerfde bak skep in jou toonbank wat jy kan vul met ys en drankies vir onthaal (koebaai lelike koeler boks wat alewig rondstaan). Dink ook aan die spasie op toonbanke vir versnaperings en kos, hou die uitleg hiervan in gedagte.

Foto: Kraft Architects

Vir ’n wasbak;

Vir ’n buitebraai of boma-area maak ’n wasbak baie keer sin, en dit hoef ook nie noodwendig eers warm water te hê nie. Hou wel in gedagte, hiervoor sal jy loodgieterswerk benodig. En waar jy loodgieterswerk benodig het jy die goedkeuring van jou plaaslike munisipaliteit nodig.

Hou sonlig in gedagte;

’n Boma word meestal in die middae (of aande) gebruik (amper nooit in die oggend of vroegmiddag nie). Hou dus die rigting van die westerse son hier in gedagte. Hoewel dit baie mooi is om ’n sonsondergang te geniet, is die nie ideaal dat almal met skrefiesoë sit omdat die sonlig te skerp is nie. Die uiteinde hiervan is dat die meeste mense nie hul boma-area gebruik nie, omdat die son te skerp op die area val of te warm is om te geniet.

Foto: Kraft Architects

Hou windrigting in gedagte;

Hou die algemene windrigting ook hier in gedagte. ’n Boma is altyd ’n oop (gewoonlik groot) vuur – bou liefs ‘n goeie afstand van die huis en dakke af. Dink ook aan die rigting wat hierdie wind gewoonlik waai en bou dit daar waar die wind nie al die rook direk in jou huis sal inwaai nie.

5. Werk slim met buitelugmeubels en volg die 50/50 reёl

Ons besef buitemeubels is duur en hou nie altyd goed in die wind en weer nie, dus volg ons gewoonlik die 50/50 reёl met meubels vir ’n buite-area. Dit beteken 50% van die sitplekke by jou buite-onthaalarea word ingebou – byvoorbeeld sementbankies wat ingebou word. Die ander 50% van sitplekke word dan toegeken aan gekoopte meubels wat kan rondskuif.

Foto: Kraft Architects

Onthou die ingeboude bankies is ’n vaste afstand van jou boma af, dus kan jy nie naderskuif as jy koud kry of wegskuif as jy te warm kry nie. Met die ander helfte van die gekoopte meubels sal jy dit kan doen. Dus die beste van beide wêrelde plus kostebesparing om meubels gereeld te vervang.

Wenk: Hou in gedagte die ingeboude bankies benodig kussings wat jy sal uitdra per geleentheid – onthou om ’n stoorplek vir die (gewoonlik oorgroot) kussings te skep.

6. Pasop vir die foute

  • Die meeste mense hou nie die sonlig in gedagte nie – die harde westerson kan onplesierig raak, dus gebruik niemand die area nie.
  • Moet nie net die hele ontwerp oriёnteer na die kant van die mooi uitsig nie, as son en wind pla gaan niemand in elk geval die uitsig geniet nie. Om gemaklik te wees is meer belangrik.
  • Dink aan wat nat kan word en beplan jou uitleg rondom dit.
  • Almal hou van braaihout wat op ’n mooi manier uitgestal en gestoor word, maar die fout wat gereeld gemaak word is dat die hout gestoor word waar dit maklik nat raak, op die grond of in die reёn. Hou dit in gedagte wanneer jy ’n buite-onthaalarea ontwerp wat baie hout sal benodig.
Foto: Kraft Architects

Kraft Architects

Kraft Architects, gestig deur Charles Pittaway en Ruhan Dreyer, is ’n vars, ontwerp gefokusde firma wat streef na uitnemende ontwerp, pasgemaak vir jou persoonlike behoeftes. Die firma spesialiseer in residensiële, kommersiële en industriële geboue. Kontak hul gerus hier. Vir meer inspirasie fotos volg hul op Instagram hier en Facebook hier.

Lees ook: Argitekte deel 6 grootste aanbou foute

Teken in op ons nuusbrief en word deel van die binnekring.

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
valentyndspiekniek.jpeg
’n Valentynspiekniek
error: Content is protected !!