Stiliste se slim winter stileertruuks

Partykeer het ’n mens net nodig om met ’n ander oog na jou winterklerekas te kyk. Ons deel ’n paar stileertruuks waaraan jy dalk nog nie gedink het nie om nuwe lewe in jou winterklerekas te blaas met dit wat jy reeds het. Iets so eenvoudigs soos om jou gordel rondom jou blazer of winterbaadjie te bind verhef dadelik jou voorkoms en kos jou nie ’n ekstra sent nie. Stylkenners deel hul beste winter stileertruuks. Saamgestel deur Justine Kroes.

21/06/2024

1. Dink nuut met dit wat jy reeds het

Hier is twee stylkenners se (plus ’n paar van ons eie) slimste stileertruuks om die meeste te maak van jou winterklerekas.

2. Layering of laag op laag stilering

Modekenner en voorkomskonsultant Susra Matthee (@susra_matthee_image_consulting op Instagram) sê “Laag-op-laag aantrek (layering) as ’n stileertruuk is altyd ’n wenner tydens die winter.”

Foto: Pinterest

Layering is ’n gewilde trend op die oomblik, dra dit vir winter 2024 so: kombineer ’n knopieshemp (sommer so oop) bo oor ’n langmouhemp met ’n jas bo-oor.”

Foto: Pinterest

Stylkenner en voorkomskonsultant Lisa Mazaleni @thestyleup_lisa op Instagram stem saam en sê “Dra jou rolnektruie (polonecks) onder jou opknoophemde met ’n blazer baadjie of jas hier bo-oor.

Foto: Pinterest
Foto: Pinterest

“Moenie bang wees om patrone en teksture te meng nie, is Lisa se raad, dit hou jou uitrusting interessant.” Is Lisa se wenk.

Die layering stileertruuk bied ’n oplossing vir die alewige gesukkel met aparte winter en somersklerekaste. Die idee is om items te kies wat jy regdeur die jaar kan geniet danksy ’n paar slim stileertruuks.

Foto: @blaireadiebee op Instagram
Foto: @blaireadiebee op Instagram

3. Dra steeds jou rokke!

Ja jy kan steeds jou rokke dra tydens die winter – hier is die kenners se wenke:

Susra se raad: “Dra kouse by jou rokke vir ekstra hitte. Rooi kouse is nou baie gewild danksy die “pop of red” modetrend. As rooi nie vir jou is nie, kies dalk ’n paar kouse soos die ‘grecian blond’ van Woolworths wat jy nie sal kan raaksien nie

Foto: @blaireadiebee op Instagram

Lisa stem hiermee saam en sê dra kleurvolle of prettige patroon vol- of knielengte kouse onder jou korter rokke en rompe. Knielengte stewels hierby sorg vir ’n stylvolle preppy tipe modevoorkoms.

Lisa sê jy hoef nie al jou somersrokke weg te pak nie – “hou ’n paar van jou gunsteling somersrokke uit en dra hoënek langmouhemde onder jou rokke, selfs onder jou slooprokke sal dit stylvol lyk. Weereens is kouse en stewels hierby ’n goeie idee vir ’n ekstra bietjie warmte.

Foto: Pinterest

Volgens Lisa kan jy selfs jou eenstukke (jumpsuits) tydens die winter dra “Jy kan selfs nuwe lewe gee aan jou eenstukke en dit kombineer met langmoue, blazerbaadjies en stewels” is Lisa se raad.

Foto: Pinterest
Foto: Pinterest

4. Sokkies vir ekstra hitte (plus dit is nou cool)

Susra sê, die Generasie Z modekenners meen dat hulle millennials kan uitken aan hulle gewoonte om “secret socks” te dra. Dit is glo nie meer taboe om jou sokkies te sien nie, en is eintlik nou cool. Danksy die “eccentric grandpa” mode tendens wat gewild is. Gewone sokkies is cooler as die tipe sokkies wat jy ’n geheim hou.

Foto: @Despi_naka op Instagram

Dra dus jou sokkies sonder skaamte is Susra se raad. “Ek het hierdie lang sokkies by Woolworths gekoop en nou kan ek my dunner wye pyp langbroeke vir ’n tydjie langer dra”

Lees meer oor al die nuutste “sokkie” trends hier. Foto: @Despi_naka op Instagram

5. Leen by die manne

Borrow from the boys” is voorkomskonsultant Lisa Mazaleni se raad “leen items uit jou man of Pa se klerekaste en stileer dit by meer noupassende items vanuit jou eie klerekas. Dra byvoorbeeld ’n effens meer noupassende truirok en leen ’n denim baadjie uit jou man se kas vir daardie “oversized” mode voorkoms, sê Lisa.

6. Eksperimenteer met bykomstighede

Lisa sê “Speel met bykomstighede, gaan na jou kas en soek al daardie musse, serpe, borsspelde en oorbelle uit en gebruik dit om jou wintervoorkoms te stileer. Dink ’n slag bietjie anders, byvoorbeeld dra ’n gordel oor jou serp vir ’n gesofistikeerde voorkoms, wat jou steeds warm hou.”

Foto: Pinterest
Foto: Pinterest

Stylvol se gordelwenk: Nog ’n truuk is om ’n leergordel rondom jou middel bo-oor ’n winterjas of blazer baadjie te dra. Ons dink dit verhef dadelik ’n uitrusting. Dit is ook ’n maklike manier om ou jasse of ou baadjies nuwe, stylvolle lewens te gee.

Foto: Pinterest
Foto: Pinterest

Wenk: Wanneer jy jou gordel kies – hou in gedagte – hierdie seisoen is breë leergordels en interessante gespe (buckle) afwerkings groot nuus.

7. Stileertruuk met jou trui

Foto: Pinterest

“Gebruik ’n trui as ’n serp. In plaas van ’n serp, gooi ’n trui oor jou skouers (selfs bo jasse en baadjies) dit klink dalk vreemd, maar dit is tans ’n groot ‘quiet luxury’ modestileertruuk. ’n Eenvoudige stileertruuk wat dadelik ’n uitrusting super stylvol en trendy laat lyk.” Is Susra se stileerraad.

Foto: @Despi_naka op Instagram
Foto: @blaireadiebee op Instagram
Foto: @blaireadiebee op Instagram
Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
serpe kies
Wenke vir serpe kies
error: Content is protected !!