Steel die klassieke, luukse styl van ‘Anatomy of a Scandal’ se Sophie

Nadat ons ‘Anatomy of a Scandal’ gekyk het, het Sophie (Sienna Miller) se klassieke, luukse styl ons so geïnspireer dat ons net eenvoudig ’n storie moes doen hieroor. Dink aan rolkraagtruie, aardse skakerings, jasse en elegansie. Deur Suzanne Kotzé en Justine Kroes

06/05/2022

Anatomy of A Scandal Styl

As jy nog nie ‘Anatomy of a Scandal’ op Netflix gekyk het, doen jouself ’n guns en kyk dit! Die storielyn, is boeiend, maar so ook Sienna Miller se kleredrag en styl. Dink aan ‘Upper East Side’ elegansie, met geen handelsmerke wat wys nie. Ons het geld maar ons wys dit nie.

Foto: Netflix

In ’n onderhoud met Harper’s Bazaar het Sienna Miller gesê: “Daar is ’n storie wat jy vertel deur wat jy dra.” Sy sê: “Soos toe sy (Sophie) kragdrag (powerdressing) gedra het, het ek besluit om my jas net op my skouers te dra.”

Kostuumontwerper vir die reeks, Sam Perry, het verduidelik

“Sophie se styl is amper ingetoë met langmourokke, jasse en eenvoudige stapelitems wat eintlik wys wat die moderne vroue vandag graag sal wil dra”.

Vergeet van manlike pakke (power suits), eerder rolkraagtruie en sjiek gedetailleerde jasse wat ‘n stelling maak. Sag (en gemaklik) maar steeds treffend en sterk.

Foto: Netflix

Sienna Miller was nog altyd ’n styl-ikoon (Justine se dogtertjie is selfs na haar vernoem) en haar stylikoon status het beslis vir ons ’n nuwe hoogte bereik na die reeks!

Steel so die klassieke, luukse styl van ‘Anatomy of a Scandal’ se Sophie

Foto: Netflix
Zara Crossover Jumpsuit with Buckle (R1099)
Truworths Notch Rust Coat (R799)

Dra so jou jas op jou skouers sonder dat dit afval

  • Maak seker die materiaal van jou bloes of rok wat jy onder jou jas dra is nie dieselfde as jou jas s’n nie. Byvoorbeeld as jou bloes ’n syerige gevoel het en die voering van die jas is ook syerig sal die materiaal maklik kan afglip. Probeer twee verskillende materiale soos ’n syerige bloes en ’n woljas byvoorbeeld wat bietjie meer houvas sal hê.
  • Let op na hoe die jas rondom jou skouers sit – indien moontlik, kies ’n jas wat ’n klein bietjie groter is om jou arms en skouergedeelte. As die jas nommerpas om jou skouers sit, sal dit moeilik wees om met die gedrapeerde stilering aan te hou. Met ’n effense groter jas is dit makliker om jou jas om jou skouers te hou. Jy kan so ook meer bonkige items soos truie onder jou jas dra vir daardie ekstra koue dae!
  • Dra eerder ’n palmtas, of klein handsakkie in jou hand, onthou jou skouers is nou die jas s’n! ’n Sak wat om jou lyf kruis (crossbody bag) onder aan kan ook werk.
  • Kies ’n jas in ’n swaar materiaal wat goed sal bly sit rondom jou skouers. Dit sal verseker dat jy nog lekker kan beweeg en selfs vir ’n vriendin waai sonder dat jou jas afval.

Nog ’n paar uitrustings geïnspireer deur Sophie Whitehouse

Dink aan rolkraagtruie, jasse en woorde soos sagte kragdrag.

Kameelkleurige jasse

Foto: Netflix
Forever New Sasha Wrap Coat (R1999)
Woolworths Plain Dad Coat (R1499)
Mango Belt Handmade Coat (R4799)

Rolkraagutruie

Foto: Netflix
Zara Light Grey Sweater (R699)
Woolworths Knit Poloneck (R549)
Mango Oversize Knit Sweater (R1199)

Gemaklik maar sjiek

Foto: Netflix
Foto: Netflix
Mango Oversize Knit Sweater (R1199)
Just Cruizin Tertia Knit (R1160) Maxine Knit Pants (R885)
Zara Cable Knit Long Coat (R1999)

Kyk Anatomy of a Scandal hier;

Die ses episode mini-reeks is beskikbaar op Netflix, geniet dit!

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
skoenstyle
10 Somer-skoenstyle nou op ons radar
error: Content is protected !!