potplante
potplante

Sorg so vir jou potplante gedurende die winter

Hier is goeie en kundige raad om vir jou potplante gedurende die winter te sorg. Ons vergeet maar te maklik dat ons plante ook ekstra sorg nodig het gedurende die koue maande. Deur Suzanne Kotzé. Foto Raincoat Media.

03/06/2022

Sorg so vir jou potplante

Andreas Keller, van die plant en dekor webwerf www.plantify.co.za gee raad.

1. Gee jou potplante minder water

Die grootste gevaar is om jou plante te veel water te gee gedurende die wintermaande. Jou plante het juis minder water nodig, hulle is natuurlik dormant gedurende die winter. Dit beteken natuurlik dat jou plant in ’n tydperk is waar geen, of baie min groei, plaasvind. Dit gaan gepaard met die kouer temperature. Omdat jou plante minder water gebruik, bly die grond ook langer nat.

2. Maak seker daar is genoeg lig

plante

Was jou vensters sodat daar soveel moontlik natuurlike lig op jou plante skyn. Ons is ook geneig om gordyne meer toe te hou gedurende die winter, sodat hitte nie ontsnap nie. Maak seker jy hou die gordyne by jou plante oop sodat hulle steeds genoeg lig kry.

Draai en skuif jou plante sodat hulle optimaal lig kry.

Jy kan selfs groeiligte by jou plante sit as jou huis geneig is om baie donker te wees.

3. Hou op met bemesting

Waneer plante dormant is gedurende die winter, het dit nie bemesting nodig nie.

4. Vee die blare skoon

Jou kaggel en toe vensters veroorsaak dat jou huis meer stowwerig is. Plante het nodig om asem te haal, en dit doen hulle deur hulle blare. So vee gerus die blare saggies met ’n klam lappie af.

5. Wees op die uitkyk vir pestilensies

Peste kan veral lastig wees wanneer die seisoene verander. Maak seker jy sny enige dooie of siek blare af om te keer virt peste of fungi wat daar mag wegkruip. Verwyder ook enige dooie blare, vuiligheid en stokkies uit die pot.

6. Maak seker jou plante kry nie koud nie

Tropiese plante moet veral weggehou word van koue vensters af. Maak ook seker dat jou plante nie in ’n trek staan nie. Hou dit dus weg van deure en vensters wat baie oopgemaak word.

7. Hou dit klam

Verwarmers en kaggels droog die lug uit en veral plante wat van humiede omgewings hou, (soos calatheas) het nodig om nat gespuit te word met ’n spuitbotteltjie.

Teken in op ons nuusbrief en word deel van die binnekring.

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
5 Wenke vir klein spasie dekor
error: Content is protected !!