Só dra jy faux-pels

Faux-pels is snoesig en sag, en gee dadelik ’n tikkie luuksheid aan enige uitrusting. Die winterstapel word in modekringe by alles van sweetpakbroeke tot jeans, rompe en rokke gedra. Maar hoe kies en dra jy hierdie koueverdrywer sonder om bonkig te lyk? Saamgestel deur Suzanne Kotzé.

Faux-pels is nie net vir die aand nie

“Kies opsies met ’n ritsluiter of knope om dit meer informeel te maak. Dit is perfek vir kouer wintersdae. Hoe langer die faux pels is, hoe meer formeel is dit,” sê voorkoms-konsultant Susra Matthee.

Fotos Pinterest

High-low

Stilis Pippa J glo een van die mees stylvolle manier om faux-pels te dra is aam met informele stapel-items. “Gooi ’n faux-pels jas oor ’n denim, langmou T-hemp en sneakers vir ’n fashion-forward high-low manier van aantrek. Die onverwagse mengsels van glans en alledaagse items gee dit ‘n vars, moderne aanslag.”

Ons is mal oor Pippa se ‘langs die sportveld-uitrusing.

“Jy kan langs die sportveld staan in jou ‘puffer’, of in jou pelsjas. Jy sal soveel meer interessant lyk in jou pelsjas en jy sal waarskynlik warmer kry.”

Stilis, Pippa J

Sex in the City se Carrie Bradshaw en Samantha het ook immers pelsjasse na ’n Yankees wedstryd gedra, so hoekom nie.

Balans is belangrik

“Dik pels of bonkige baadjies sal jou laat groter lyk. Indien jy grotet bo is, kies eerder  ’n dunner pels en vermy  ’n bulky kraag,” is Susra se raad.

Susra se raad is om baadjies te vermy wat op die wydste deel van jou lyf eindig en ’n lyn sny. “Indien jy groter heupe het, ballanseer heup-lengte baadjies met wye pyp broeke, rompe of rokke,” sê sy.

Pippa sê indien jy ’n groot jas dra, noupassende broeke beter werk daarby, om te keer dat jou uitrusting te bonkig word.

Neutrale kleure is veelsydig

“Faux-pels in neutrale skakerings van bruin en beige is die mees veelsydigste.” Susra Matthee

Belê gerus in die stapel-item

“Teksture is deel van winter se bloudruk, daarom sal faux-pels baadjies, teddy jasse en shearling nooit uit die mode gaan.”

Susra Matthee

“Daar is baie opsies om van te kies in die winkels, kyk mooi na die afwerking en die kwaliteit van die faux pels. H&M se tekstuur baadjies is my gunsteling.”

Monokromatiese mooi

Ons is mal oor hierdie skakerings van bruin saam. Die keps en tekkies skep ’n lekker kontras met die pels.Foto: Pinterest Die koperbruin broek en lang bruin kunspels jas maak ’n stel om ’n glansryke voorkoms te skep.Foto: Pinterest Room saam skep ’n ou-geld voorkoms Foto: Pinterest

Faux-pels kraag

Foto: Pinterest

As die jas of baadjie opsie vir jou te veel is, kies gerus ’n jas met ’n kunspelskraag. Baie van die jasse se pels kan afhaal, wat dit meer veelsydig maak om te dra.

Gebruik ’n gordel

Foto: Pinterest

As jou faux-pels dunner is, gebruik gerus ’n gordel om vorm te gee.

Winter-aand staatmaker

Foto; Pinterest

Al word kunspels op die oomblik meer in die dag gedra, bly dit ’n staatmaker saam met ’n aandrok en werk veral goed saam met ’n eenvoudige tipe slooprok. Satyn of sy skep ’n pragtie kontras.

Voel en vat voor jy koop

Of moenie bang wees om terug te stuur as jy aanlyn koop nie. Baie baadjies lyk mooi op foto’s maar het dat ’n baie sintetiese ‘goedkoop’ skynsel of dit voel krapperig teen jou nek.

Faux-pels kopies

Shelby Faux Fur Collar Coat in Chocolate (R2299, Forever New)
Mango Coat Chester Beige (R2999, Superbalist)
Luella Belted Faux Fur Coat (R2499, Bash)
Fluffy coat – dark brown (R799, Superbalist)
H&M Jacket – brown (R699, Superbalist)
The FIX Women’s Milk Shaggy Cropped Fur Coat (R799, Bash)
Mink Hunter Fur Coat
(R1599, Kokonova)
Allegra Coat Chocolat Faux Fur (R1750, Kinda)
Farrah Coat Bone (R1550, Kinda)

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Sorg so vir jou leer-items
error: Content is protected !!