Sjiek somerhoede wat jy regtig sal wil dra

Niks sê “ek is gereed vir die Desembervakansie” soos die perfekte somerhoed nie. Nie net beskerm jou somerhoed jou vel en hare teen die son nie, dit hou natuurlik ook jou vakansiehare op sy plek en lyk stylvol daarby. Hierdie somerseisoen fokus ons op moeitelose elegansie, van stranddae tot luilekker middagete afsprake.

Hier’s ’n somervakansie hoedegids, ons doen die soekwerk sodat jy nie hoef nie! Psst, onthou, met of sonder jou hoed behoort die aanwending van jou sonblok nie onderhandelbaar te wees nie. Deur Justine Kroes

5 Sjiek somerhoede

1. Strooihoed

’n Sonhoed of strooihoed het gewoonlik ’n wyer rand wat beter beskerm en skaduwee bied teen die warm somerson. Die meeste sonhoede is ook van natuurlike vesel of natuurlike materiale gemaak of geweef sodat dit koeler is vir jou kop.

Die son/strooihoed-style raak elke jaar net meer interessant, en van dramatiese oorgroot wye rande en vroulike strikke wat onder die ken vasbind tot die allermooiste skakerings. Hierdie styl bly ’n tydlose gunsteling.

Ruil jou ou sonhoed uit vir ’n meer moderne weergawe, gerafelde randjies of dalk een met ’n strik.

2. Emmerstyl Bolhoed/ Bucket Hat

Die emmerstyl-bolhoed is dalk nie vir almal nie, maar die prettige hoedstyl is tans volop in helder skakerings en die mooiste patrone beskikbaar.

Die emmerstyl-hoed lyk werklik soos ’n omgekeerde emmertjie met ’n sagte rand, en word meestal van sagter materiaal gemaak.

Vanjaar is die gehekelde of selfs raffia bucket hats ’n gewilde keuse, hallo 90’s nostalgie! Dra dit moeiteloos by jou gunsteling somersrokkie of by ’n oorgroot linnehemp bo-oor jou swembroek!

3. Sonskerm/piek-hoed/ Visor

Die piekhoed, amper soortgelyk aan die bofbalpet, is sonder die kroongedeelte. Dis oorspronklik ontwerp vir sportliefhebbers sodat hitte vinnig deur die bokant van die kop vrygelaat kan word, wat die persoon vinniger kan laat afkoel. Die piekhoed/visor bly ’n gewilde hoedekeuse en daar is gewoonlik verskeie mode-style is beskikbaar – pvc, geweefde- en materiaalskerms.

Vir ’n “stille luuksheid” voorkoms, dra jou piekhoed by jou wit katoen somersrok vir ’n tydlose voorkoms.

4. Klassieke Fedora/ Panama hoedstyl

Die panamahoed is soortgelyk aan die fedora styl hoede in struktuur, maar met ’n effense hoër kroon met ’n wyer rand. Gewoonlik is dit van natuurlike vesel soos strooi of selfs geweefde papier wat jou koel hou in warmer weer.

Die fedora/ Panamahoed is tydloos, afgerond en pas by byna enige uitrusting. Kies ’n neutrale skakering wat by baie uitrustings sal pas.

Sunhats.co.za Sparkling Sands Fedora (R599)

Sunhats.co.za Baobab Fedora (R999)

5. Bofbal Pet/Cap

Hierdie hoedestyl is tans een van ons gunstelinge om te dra, van someruitstappies tot strand toe. Die opsies, skakerings en patrone daar buite is tans eindeloos.

Hier is ’n paar gunstelinge op ons huidige kooplysie:

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Die 2026 manier op peplum-bostukke te dra 
error: Content is protected !!