Rustige stille luukse dekor

Met stille luukse dekor is die fokus daarop om jou huis in ’n spasie waar jou sintuie gestreel word te omskep. Die fokus van die stille/rustige luuksheid (quiet luxury) dekortendens is is op eenvoud en kwaliteit. Deur Suzanne Kotzé

Wat beteken stille luukse dekor?

Laasjaar was onderbeklemtoonde luukse (jy ken dit dalk as quiet luxury) ’n groot mode-trend. Dink aan monokrome roomuitrustings, geen sigbare handelsmerke nie (as jy weet, weet jy), kwaliteitmateriaal, afgerond met klas sonder om hoegenaamd uitspattig te weesOu geld …

En hierdie tipe voorkoms het nou ook oorgespoel na dekor.

Eenvoud en kwaliteit om ’n stil en rustige spasie te skep, word gevier.

So kan jy die gevoel van stille luuksheid in jou huis skep

Hou jou kleurpalet eenvoudig

Skep ’n stil en rustige gevoel deur by neutrale skakerings soos room, beige, hawermout en greige te hou. 

Tekstuur en materiaalkeuse is belangrik

“Ontwerp vir die sintuie deur te fokus op tekstuur en natuurlike materiale in skakerings van hawermout en room.”

Sally Silke, trendspesialis vir die TFG- groep
Foto: @home Sloane Sofa Lino Honey (R23 999) en Milan Marble Coffee Table (R18099)

Bring ekstra tekstuur in met strooikussings (maar nie te veel nie), sagte matte en gordyne.

Hout, marmer en metaal

Foto @home Frilled edge marble bowl large (R1 299), Marble lotus tray (R449), Marble knot (R649) Radiating marble bookend set (R899) Marble white vase 25x12cm (R1 099) en
Beige marble tic tac toe fossil (R699)

“Meng verskillende houtsoorte met marmer en metaal, maar bly by dieselfde kleurspektrum, sodat die harmonie nie versteur word nie,” veruidelik Sally.

Kies tydlose meubels

Foto @home Harvard 3 seater fibre guard velvet stone (R13 999) Amsterdam chair (R7 999 elk) Parth sideboard (R32 999) Bellevue mantel mirror 150x125cm (R7 699) Carpet aria clay printed 160x230cm (R2 999) en Floor lamp with marble table & shade 165cm (R3 499)

Hou jou meubelkeuse tydloos en klassiek, so amper asof jy dit dalk kon geêrf het, sonder dat dit outyds lyk. 

Hou patrone eenvoudig

Oordadige patrone pas nie by hierdie voorkoms nie. Kies eerder klassieke, subtiele patrone soos effense streep, blok of sirkelpatrone. Vermy oordadige patrone aangesien dit die rustigheid van die voorkoms kan versteur. 

Of dink eerder aan tekstuur as jou nuwe patroon. In plaas van stooikussings met patrone, kies dit eerder in verskillende tekstuur soos linne, bouclé en fluweel (in neutrale skakerings natuurlik.)

Kwaliteit bo kwantiteit

Kies minder, maar beter kwaliteit. 

Voeg ’n tikkie ‘oud’ by

Meng oud en nuut om die ‘ou geld’ gevoel te kry. Dit beteken nou nie jy moet nou weer ’n bal-en-kloustel nader trek nie. Dink eerder aan ’n ou hout laaikassie, mooi koffietafel of ’n koper blompot. Die tikkie oud maak die voorkoms meer individueel.

Boekrak

Ons glo boeke kan beslis ook bydra tot die rustige luukse voorkoms. Of dit nou mooi mode-koffietafelboeke is, of leesboeke en dekoritems saam uitgestal. 

’n Mat is ’n moet

’n Los mat of tapyt in ’n luukse tekstuur is ’n moet om hierdie stille luukse gevoel te skep.

Silko Rug in White Gold (vanaf R18200, Hertex Haus)

Foto: Pinterest

’n Tikkie groen

Foto @home

Vars (nie plastiek!) groen blare of takke in ’n mooi blompot rond die voorkoms af. So asof jy nou net deur jou tuin gewandel het, en dit gepluk het.

Ons is reuse aanhangers van Studio McGee.The Art of Home: A Designer Guide to Creating an Elevated Yet Approachable Home (R829, Woolworths)
Glacier Glass Vase in Limestone (R800, Hertex Haus)
Texture Ceramic Vessel (R329, Woolworths)
H&M Large stoneware vase – white (R499, Superbalist)
Rookery Bedside Lamp in Golden Finch (R1800, Hertex Haus)
Pure Organic Bed Set (vanaf R1690, Hertex Haus)
Country Road Hast Marble Board (R999, Woolworths)
@home Athena Coffee Table (R9999, bash.com of @home winkels)
Annabelle Dining table Round 120cm Natural ( R29 999, @home)

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Gasvrougeskenke, hier’s 30 idees:
error: Content is protected !!