Wie sou kon dink dat pienk en swart saam so treffend kan wees vir badkamers. Hier is raad en inspirasie. Deur Suzanne Kotzé, foto’s Tegan Smith.
Die pienk en swart badkamerkeuse
Dit is nie enige iemand wat braaf genoeg sal wees om pienk by nie een nie, maar drie badkamers in te bring nie. Waarom pienk by die badkamers wou ons weet nadat ons Casa Caprice in Kampsbaai, Kaapstad besoek het (en absoluut verlief was op veral die badkamers).
“Pienk is die deurlopende kleur van die huis en die kleur wat alles saamtrek,” verduidelik David Raad, mede-eienaar van Casa Caprice.


Nie net is die buitekant van die huis pienk nie (so ook die bekende Caprice restaurant net langsaan), maar oral in die huis is daar tikkies pienk.
Swart en wit teëls


“Ek was gelukkig genoeg om die pragtige metroteëls teen ’n fantastiese prys op te spoor,” vertel David. “Die skuins rand detail en die manier hoe ons om die vensters en seephouers in die storte geteël het, verhef die voorkoms en sit ekstra detail by,” verduidelik David. “Daar is op die oomblik ’n trend rondom die dekor van die sewentigerjare, veral as dit by badkamers kom. Dit maak badkamers net soveel meer interessant en uitnodigend.”
Glas en metaal stortafskortings
Ons is gaande oor die glas-en-metaal storte in al drie badkamers. Dit skep ’n interessante kontras en gee dit ’n moderne gevoel. Die glas help ook dat die spasie ligter en groter voel.
Slim met spieëls
Die regte grootte en slim plasings van die spieëls laat die spasie ligter en groter voel. Dit is ook ’n goedkoper opsie om spieëls te laat sny vir jou spasie, eerder as om dit by ’n winkel aan te koop.

Die gekurfde spieël bringe ’n tikkie interessantheid bo die klein wasbak.
Mosgroen saam met die pienk en swart

Mosgroen is ’n wonderlike kontraskleur saam met pienk en swart, en gee ’n gevoel van diepte.
Stortbankie

’n Bankie in die stortarea skep dadelik ’n spagevoel, en dit is natuurlik wonderlik om op te sit as jy beenhare wil skeer.
Victoriaanse bad

Die Victoriaanse bad skep ’n klassieke outydse gevoel wat by die swart en wit vloerteëls pas, terwyl dit kontrasteer met die moderne gevoel van die metroteëls.
Pinspirasie; swart en pienk badkamers

Die plante saam met die pienk en swart is pragtig

’n Slim, maklike en sakpas manier om ’n tikkie pienk by jou badkamer in te bring, is om bloot die deur te verf.

Die moderne swart krane, metroteëls en spieël skep ’n skoon, minimalistiese gevoel.

Die kleurkombinasie kan ewe goed werk saam met ’n Art Deco-styl badkamer.

’n Antieke kassie wat swart geverf is, skep ’n slim basis vir ’n wasbak.

Verf jou bad pienk aan die buitekant
Pienk, swart en wit dekorkopies
Ons het hierdie pienk, swart en wit dekorkopies opgespoor
















