Paastafel met ’n tikkie oordaad

Groen, pienk, tekstuur en blomme vir ons Paastafel om gaste ekstra spesiaal te laat voel vir ’n uitgerekte, luilekker Paasete. Deur Suzanne Kotzé. Foto’s Tegan Smith.

1. Gebruik lae om tekstuur te skep

Linnetafeldoek met ’n loper en plekmatjies skep diepte en tekstuur.

Linnetafeldoek van Woolworths, plekmatjies (room en pienk), Poetry en room en goud van H&M (beperkte voorraad), loper H&M.

2. Blomme

In plaas van ’n Paaskrans het ons die ronde lig versier met granadillatakke (loer gerus wat in jou tuin groei, klimop sal ook goed werk) en blomme. Dit is ideaal om blomme te gebruik wat dalk kort geknakte steeltjies het, of waarvan die koppies al begin hang. Hulle hang in elkgeval onderstebo, so dit sal nie saak maak nie.

Wenk: ’n ou sirkelvormige borduurraam wat jy uit die dak laat hang, sal ook goed werk as jy nie ’n ronde ligskerm het nie. Gebruik en wees kreatief met dit wat jy het.

Paasfees blomme

Onthou altyd om nie jou tafelblomme te hoog te rangskik nie; jou gaste moet mekaar steeds gemaklik kan sien.

3. Paashaasservette

’n Opgerolde servet is in die helfte gevou en vasgebind om oortjies te skep. ’n Paaseier in die middel en ’n takkie is gebruik om dit af te rond. Jy kan natuurlik ekstra oulik wees en jou gaste se eiers verf met koekkleursel om by jou kleurskema te pas.

4. Kerse in interessante vorms

Moenie bang wees om kerse ook in die dag te dek nie. En ja, jy kan kerse ook bedags laat brand. Dit skep altyd ’n lekker atmosfeer. Jy kan dit egter ook bloot as versiering gebruik.

Kerse van Glo Candles.

5. Borde; meng en pas

Om verskillende borde te meng en pas kan ’n praktiese oplossing wees as jy meer gaste het as waarvoor jy ’n vol stel het. Behalwe hieroor skep dit ook ’n meer unieke voorkoms.

Soliede pienk borde van Mervyn Gers, groen en pienk en patroonborde van H&M.

6. Fokus op samesyn

Ontspan en kuier saam met jou hartsmense.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
sakpas lanterns
Mooiste sakpas lanterns
error: Content is protected !!