Indien jou spieëltafel of badkamertoonbank soggens lyk asof ’n grimeerorkaan dit getref het, is hierdie artikel vir jou. Ons deel handige grimeer, stoor en organiseringswenke sodat jy nie elke oggend hoef te skarrel om jou maskara te vind omdat jy nie kan onthou waar jy dit gisteroggend neergesit het nie. Hier’s ook ’n klompie stoor en organiseeritems op ons dekor wenslysie, organiseer en stoor hou grimering so. Deur Justine Kroes
07/01/2025 opdateer
4 Organiseer en grimering stoorwenke
1. Laat gaan ou produkte
Voordat jy met jou organiseringsproses begin, gebruik die geleentheid om ordentlik te laat gaan van ou produkte wat jy nie meer gebruik nie. Nes jou klerekas, geld hierdie reël ook by grimering: indien jy dit nie in die afgelope 6 to 8 maande gebruik het nie, skenk dit of gooi dit uit as dit reeds verval het. Hierdie items neem net onnodige spasie op.
2. Mikro-organiseer
Mikro-organiseer jou grimeerprodukte; dit beteken groepeer alle soortgelyke produkte bymekaar. soos byvoorbeeld, maskaras, oogpotlode en wenkbrouprodukte in een laai. ’n Aparte laai vir lipstiffies en lipglans ens. Hierdie proses maak dit eenvoudig om iets te vind en weer weg te bêre.
3. Gebruik “labels”
Gebruik etikette of “label” jou grimeerlaaie – dit mag dalk eers soos baie moeite voel – maar hierdie moedig jou aan om al jou grimering weer op die regte plek te bêre en jou spieëltafel netjies te hou.
4. Waar jy grimering stoor maak saak
Stoor jou grimering waar dit nie te warm raak nie en hou dit weg van hitte (verwarmers en sonnige vensters) hitte kan die tekstuur en rakleeftyd van jou grimering affekteer.
Indien moontlik, moenie jou grimering in ’n hoë humiditeitspasie soos ’n klein badkamer stoor nie. Eerder ’n koel en droë area waar bakterieë nie graag sal wil groei nie.
Grimeringlaai
Indien jy gelukkig genoeg is om ’n laai in jou spieëlkas te hê – probeer so ’n metode en maak gebruik van plastiek of hout stoorafdelings waarin jy jou grimering wat jy elke dag gebruik kan stoor. Dit is dan maklik om te gebruik en dadelik weer terug op sy plek te sit wat verhoed dat jou grimeer of spieëltafel vol grimering lê voordat jy by die deur uithardloop.
Die verskillende afdelings sorg dat daar ’n plekkie vir als is.
Gebruik ’n grimering laaikassie of stackable laaie
Eerste prys is ’n deursigtige grimeer-laaikassie, met so ’n paar laaie bo op mekaar. Mens kry ook “stackable” laaie waar jy een laai bo-op die ander laai kan stapel. Hierdie is ideaal omdat jy dan items vertikaal stoor wat beteken jy wen kas- en/of toonbankspasie.
Organiseer laaie altyd volgens produk, soort by soort.
Binne die kas spasie
Of die “over the door storing system” is ’n manier om byna in enige kas ekstra stoorspasie te skep, hetsy dit ’n badkamer- of klerekasdeur is. Dit skep rakkies waar daar voorheen niks was nie – gebruik hierdie vir grimeer en skoonheidsitems wat jy dalk nie so gereeld gebruik nie.
Stal dit uit
’n Grimeerhouer vol mooi grimeerpalette lyk darem maar altyd indrukwekkend. Stal jou mooi fyngeure, grimeerkwassies en palette op die boonste gedeelte van jou grimeerkassie uit.
Indien jou spasie min is, kies ’n kleiner grimeerorganiseerder en vul dit alleenlik met items wat jy vir elke dag se vinnige grimering gebruik. Klein genoeg om maklik van spieeltafel na badkamer rond te skuif maar ook handig omdat dit met die nodigste grimeeritems gevul is.
’n Mooi houer vir grimeerborsels
As jy nie graag jou grimeerborsels in ’n donker laai wil laat lê nie, soek ’n mooi keramiek of glashouer om jou grimeerkwassies in uit te stal. Dit lyk nie net mooi nie, maar dit staan reg vir gebruik op ’n plek waar jy dit maklik weer kan bêre. Daar is selfs nou slim stoorhouers wat kan toemaak om stof en bakterieë van borsels af te hou.
Produk-rondomtalie
Hierdie stoorhouer verrig wonders vir ’n klomp botteltjies – draai eenvoudig die lazy susan in die rondte om die botteltjie te vind waarna jy op soek is eerder as om al die botteltjies in en uit te pak.