Is jou ou skootrekenaarsak besig om uitmekaar te val, of gebruik jy (soos baie ander van ons) ’n oorgroot “tote” sak wanneer jy vinnig oppak om jou laptop in te druk? ’n Veelsydige skootrekenaarsak maak dit soveel makliker om te reis, uit te pak en van enige plek af te werk. Ons loer na praktiese, maklik hanteerbare en natuurlik mooi ontwerpte skootrekenaarsakke nou beskikbaar. Deur Justine Kroes
24/01/2025
Handsakstyl skootrekenaarsakke
Jy verkies ’n skootrekenaarsak wat kompak, klein en maklik dra, amper soos ’n oorgroot handsak. Hierdie opsies is vir jou:
Forever New Romy Refined Laptop Bag (R1 299)

Swart kunsleer buitekant. Aparte afdelings met ritsluiters wat al jou besittings georganiseerd hou. Goue metaalwerk detail. Handsakstyl handvatsels, met ’n langer bandjie wat jy oor jou skouer kan dra en verwyder kan word.
Grootte: W 42.5cm, H 30cm, D 12cm
Saint & Summer Laptop Bag with Charger Bag (R799)

Kyk net hoe mooi is al hierdie verskillende skakerings skootrekenaarsakke. Pienk, Chartreuse of Luipermotief: te moeilik om net op een te besluit. Elk van die handsakstyl skootrekenaarsakke het ’n sakkie aan die voorkant vir ekstra stoorplek plus ’n ekstra sakkie waarin jy jou herlaaier kan stoor en dra.
Grootte: 27cm x 40 cm x 5cm


Thandana Laptop 15’ Laminated Fabric Bag (R2249)
Hierdie skootrekenaarsak is in die allermooiste ontwerpe beskikbaar. Die buitekant van die sak is van PVC waterbestande materiaal, en die binnekant van die sak het ’n gestopte sagte lagie vir ekstra beskerming. Die sak word ook aan die binnegedeelte gevoer met ’n waterbestande materiaal.

Die sak is groot genoeg en ’n tablet of skootrekenaar van 13 tot 16 duim in grootte sal pas. Die handvatsels en bandjies is gemaak van egte leer.
Grootte: L43cm x H31cm x W7cm
Stonecamp The Bossbag in Silver Leopard (R3 999)

’n Unieke skootrekenaarsak in ’n leer en luiperdmotief kombinasie. Daar is aparte afdelings binne in die sak om jou sak se inhoud georganiseerd te hou en jou skootrekenaar veilig te hou. Hierdie sak sal ’n14 duim skootrekenaar goed pas.

Grootte: 37,5 cm x 31 cm x16,5cm
Leer skootrekenaarsakke
Jy verkies kwalitiet en goeie gehalte sakke, jy koop met die idee dat jou skootrekenaarsak nog lang jare sal hou. Loer hier na drie van die mooiste leer skootrekenaarsakke op ons stylradar:
Thandana Laptop Tote Zipper Leather (R2 849)

Die sak bevat x2 bandjies aan die binnekant van die sak wat vasmaak om jou skoonrekenaar in plek te hou. Die binnekant is gevoer met ’n waterbestande materiaal en die sak is van egte leer. Die sak is in 11 verskillende skakerings beskikbaar en jy kan self kies of jy goue of grys metaalafwerkings op jou sakontwerp wil insluit.

Grootte: W38cm x D38cm x L38cm
Thandana Laptop 15’ Sling Leather bag (R2 469)

’n Kompakte egte leer skootrekenaarsak beskikbaar in nege verskillende skakerings (selfs pienk en blou!). Die binnegedeelte word gevoer met ekstra lae om jou skootrekenaar te beskerm. Die bandjie van die sak is verstelbaar.
Ilundi Heirloom Carryall (R2 800)

Word plaaslik van egte leer gemaak, ons hou veral van die klassieke leer gerolde handvatsels, die sak kom ook met ’n skouerbandjie. Die sak is groot genoeg vir jou skootrekenaar en nog meer.

Grootte: L36cm x H 30cm x W7cm
Skootrekenaarrugsakke
Indien jy dalk baie reis, is ’n skootrekenaarrugsak dalk gepas vir jou:
Forever New Bella 15 Inch Laptop Backpack (R899)

’n Sjiek manier om jou skootrekenaar rond te dra, hierdie sak gemaak uit “vegan”-leer het het oorgenoeg sakkies aan die binne- en buitekant vir stoorplek. Die skouerbandjies is verstelbaar.
Grootte: W30cm, H37cm, D 1cm
Thandana Bags Laptop 15’ Leather Backpack (R3 719)
Hierdie egte leer skootrekenaarrugsak is beskikbaar in sewe verskillende skakerings, jy het ook die opsie om jou sak te laat graveer met jou naam of voorletters op.

Aan die binnekant is daar bandjies met gespes om jou skootrekenaar veilig en op sy plek te hou. Daar is ook aparte stoorplekkies vir jou herlaaier en muis. Die egte leer buitekant met waterdigte voering aan die binnekant is ’n goeie kombinasie en hou jou skootrekenaar veilig.
Die bandjies op die rugsak is verstelbaar om seker te maak dit sit gemaklik op jou rug.
Aan die buitekant is daar ’n sakkie wat gevoer is om noodsaaklikhede te stoor. Hierdie sak pas enige skootrekenaargrootte van 13 tot 16 duim.
Grootte: L33cm xH44cm xW17cm
Mally Leather Bags The Hunter Laptop Backpack in Toffee (R3 800)

Hierdie luukse rugsak het baie spasie – ideaal vir ’n werkende vakansie. Die egte leer in ’n toffie skakering is neutraal en sal by baie pas. Daar is twee klein sakkies aan beide kante van die sak. Die sak is gevoer met ’n materiaal wat afgevee kan word, wat die skoonmaakproses natuurlik vergemaklik.

Grootte: 42 H, 32 W x 16cm
Swish and Swank Premium Leather Ladies Backpack (R2 950)

Sjiek simmetriese ontwerpe beskikbaar in drie verskilllende egte leer skakerings. Die sakkie aan die voorkant van die rugsak is nie net ’n pragtige ontwerpelement nie, maar ook ’n praktiese stoorplek. Die ritssluiters van hoë gehalte sal nie roes nie, en die sak is gemaak om ’n leeftyd te hou, noem die swish and swank-span.
Grootte: 35cm x34 cm x12 cm.