26 Lampe op ons dekor wenslysie

’n Lamp bied die perfekte sagte beligting tot enige omgewing en ons weet daardie perfekte lamp is nie altyd so maklik om te vind nie. Hier is ’n paar handige wenke wat jy gerus in gedagte kan hou wanneer jy op soek is na daardie perfekte tafel, bed, of staanlamp vir jou vertrek (Kinderkamer-lampe ook!). Loer ook na die 26 lampe tans op ons dekor-wenslysie. Deur Justine Kroes

14/04/2023

8 Wenke vir lampe kies

  1. Heloise Sykes Louw van The Home Collective sê “die basis van jou lamp en die skerm moet op die oog af gebalanseerd lyk. Vermy byvoorbeeld ’n reuse basis/ondergedeelte met ’n piepklein skerm” Maak seker jou basis en skerm is mooi in verhouding tot mekaar.
  2. Hierdie reël geld ook vir die proporsie van die lamp teenoor die vertrek. ’n Massiewe lamp in ’n piepklein kamer sal die spasie oorneem. Die teenoorgestelde is ook waar van ’n baie klein lamp in ’n groot spasie; dit sal dalk wegraak, behalwe as dit dalk as ‘n lessenaarlampie gebruik word.
  3. Die goue reël met die meeste lampe is dat die laagste (onderste gedeelte) van die lamp of lampskerm op oogvlakhoogte hoort te wees wanneer jy sit. Dit skep goeie lig op ’n lessenaar as jy dalk sit en werk, en so ook as jy dalk op die bank sit en lees sonder dat die lig direk van die gloeilamp reg in jou oë skyn.
  4. Heloise sê ook “jy hoef nie duisende rande te betaal vir nuwe lampe nie – jy kan maklik met ’n klein bietjie koeksoda gemeng met verf nuwe lewe blaas in ’n ou lamp se basis”.
  5. “’n Moderne alternatief vir ’n bedlampie is om “wall sconces”, ligte wat teenaan die muur geplant is, te gebruik as ’n losstaande lampie. Heloise se raad “moet nooit laer as 1 250 cm van die vloer af of hoër as 1 400 cm nie, om seker te maak die lig is steeds op ’n gemaklike hoogte geplaas” verduidelik Heloise.
  6. Vir ’n bedlampie – mits dit by jou dekorstyl pas, kies dalk ’n moderne opsie wat ’n verstellende of buigbare leesliggie het. Ook handig as so ’n lampie ’n USB laaipoort bevat om maklik jou elektronika saans te herlaaai.
  7. Vir losstaande lampe is dit belangrik om die beweging en voete in die spasie in gedagte te hou. As dit ’n area of spasie is waar baie voete deurbeweeg moet jy seker maak dat jou lamp baie stabiel is, en nie maklik sal omtiep of omkeer nie. Gewoonlik, hoe swaerder die lamp hoe meer stabiel en veiliger is hy.
  8. Moet nie huiwerig wees om ’n lamp pas telaat  maak vir jou dekorbehoeftes nie – as jy dalk ’n lampbasis vind waarvan jy baie hou maar die lampskerm is nie vir jou nie – loer rond vir ’n aparte lampskerm wat beter werk by die dekorvisie wat jy in gedagte gehad het.

Hier is 26 lampe op ons dekor wenslysie:

Bedlampies

Haus by Hertex Rookery Bedside Lamp in Golden Finch (R1800)
Sixthfloor Tarma Lamp Textured (R1399 Superbalist)
Knus The Mode Lamp (R3850)
Elevenpast Coil Bedside Unit (R2495)
Haus by Hertex Seville Bedside Lamp in Fudge (R2300)
Pedersen Lennard Geometric Lamp (R1450)

Lessenaarlampe

@home utility desk lamp with marble 37x43x12cm (R1499)
Knus Airedale Table Lamp (R1799)
@home table lamp balance marble & glass shade 54x64cm (R2499)

Leef area/ Staanlampe

Haus by Hertex Madrid Floor Lamp in Fudge (R4700)
Knus Mudziira Side Light Table (R8640)
@home floor lamp cone marble base with metal shade 165cm (R3499)
Halo Floor Lamp (R2800 Designstore.co.za)
Pedersen Lennard Strat Standing Lamp (R3600)
Sixth Floor Cole Floor Lamp (R2599)

Muurlampe (sconces)

@home sconce arched metal 35x40cm (R999)
Sixth Floor Double Wall Light (R1599 Superbalist)
Present Time Plate Wall Lamp (R2199 Superbalist)
Haus by Hertex Madison Wall Light in Snow (R2000)
Hoi P’loy Swivel Brass Sconce (R2850 Design Store)
Olivia Brushed Brass Swivel Arm Wall Light (R3199 lighting.co.za)

Lampe vir kinderkamers

Knus Flamingo Lamp (R1495)
Creeper Table Lamp (R1200 esque.co.za)
Mr Price Home Ceramic Dino Cut-Out Light (R129,99)

Herlaaibare lampe

Elevenpast Sammy Table Lamp Rechargeable LED (R699)
Spazio Bon Bon 2 Lantern Rechargeable Table Lamp (R999 elevenpast)
Kids Pear LED Rechargeable Night Light (R689)

Lees ook: Rangskik self jou blomme so

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
13 Snoesige winterhuiswenke
error: Content is protected !!