Neutrale bykomstighede
Neutrale bykomstighede

Neutrale bykomstighede

Op die oomblik kan ek nie genoeg kry van neutrale skakerings nie, en dit sluit natuurlik neutrale bykomstighede ook in. Lief soos ek vir kleur is, is daar iets omtrent ’n neutrale monokroom uitrusting wat jou net luuks laat voel. Hier is ’n paar staatmaker neutrale bykomstighede. Deur Suzanne Kotzé

25/06/2023

Nadat ek onlangs my vakansietas gepak het, en byna alles daarin neutrale skakerings was, moes ek natuurlik ook neutrale bykomstighede inpak.

Neutrale bykomstighede lyk nie net mooi, saam met monokroom (alles een kleur) uitrustings nie, maar werk ook besonder goed saam met akromatiese (twee kleure) uitrustings. Ek dra my neutrale bykomstighede ook graag saam met swart. Dit werk natuurlik ook goed om helder uitrustings te kalmeer. 

Gunsteling neutrale bykomstighede wat ek onlangs gekoop het

Moderne pêrel-oorbelle

Ek dra my Pearly String Earrings (R1300, Iloni designs) so gereeld, dat dit in my ‘elkedag-dra juweelhouertie’ in my bedkassie laai is. 

Room keps

Classic Dad Cap (R199, Cotton On)

Hierdie keps werk wonderlik wanneer die Suid-Ooster pomp en jou hare konstant in jou gesig is, op of renerige dae. Dit is ’n naweekstaatmaker (en wonderlik as jy nie lus is vir hare blaas nie.)  

Wenk: verwyder grimering so van jou keps

Ek het jare terug ’n onderhoud gelees waar Kim Kardashian die wenk gegee het om skeerroom te gebruik om grimering van jou klere te verwyder. Spuit ’n klein biejie skeerroom op die vlek en maak dit  liggies nat of was dit. Ek spuit dus ’n klein bietjie skeerroom in die binnerand van my keps (waar onderlaag gewoonlik vlek) en gebruik ’n waslap om liggies oor die binnerand te vryf. Spoel die waslap uit en klad liggies die oortollige skuim op

Snoesige mussie

As jou kop (en voete) warm is, is jou lyf ook warm. Hierdie mussie is deel van The Box Fashion se Beacon Orange winterboks. 

Tekkies

Ek het onlangs FitFlop F-Mode L/S Sneakers Urban White (R3499, fitflop.co.za) gekoop, die tekkies was egter so gewild dat dit blitsvinnig uitverkoop het. En ja, dit is duur vir ‘sneakers’, maar soos met alles wat ek koop hou ek altyd die ‘cost per wear’ beginsel in ag. Ek leef in hierdie tekkies, en die gemak en ergonomiese ontwerp van die leer skoene maak dit die prys werd.

Die Stone Beige kleur is op die oomblik beskikbaar en is ook baie mooi. 

Lyfkruis-handsak

Hierdie klein Mini Bowler Bag (R1600, Yellow Duck) is net groot genoeg vir my beursie, sonbril, handeroom en lipstiffie. Dit is ideaal vir elke dag dra en ek is mal daaroor dat ek ekstra bande kan bykoop. Ek sal beslis ’n mooi helder kleur ook koop, vir by al my helderkleurige uitrustings. 

Nog neutrale bykomsitghede, nou beskikbaar in die winkels

Fringed Abstract Monochrome Wrap (R449, Woolworths)
Rectangle Sunglasses (R129, Woolworths)
H&M Braided belt – cream (R249, Superbalist)
HM-Small-shoulder-bag
H&M Small shoulder bag – light beige (R329, Superbalist)
Whitley clutch bag – cream (R399, Superbalist)
New York Yankees 9forty® – stone (R699, Superbalist)
Cable Knit Beanie (R179, Woolworths)
Bae Beret, Wool Felt Hat, Camel (R1450, Crystal Birch)

 

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
7 Mooiste truie op ons wenslysie
error: Content is protected !!